Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -5 hours ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -5 hours ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -6 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -6 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -6 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -7 hours ago

BAIE GELUK - RTGear kompetisie

Suid Afrika
Profile picture for user Kampforum
Submitted by Kampforum on
Forums

 Baie geluk aan die wenners!   yes yes yes   

Baie dankie aan RTGear / Johnb vir die borg van hierdie lekker pryse!     Die gesamentlike gewig van die Louw's op die die Delux150 kampstoel was 183 kg

Die wenners is soos volg! smileyyes

187kg  -  3rde plek - Len Loader   -    Braai Grid stand

180kg -  2de plek - Freda   -   Braai Grid stand

184kg  -  1ste plek -  Riaan  -  2 x Delux150 kampstoele !

Wenners kontak asb vir anton@kampforum.co.za   om te reël vir die aflewering / versameling van julle pryse.

OORSPRONLIKE INSKRYWINGS

OORSPRONLIKE KOMPETISIE ADVERTENSIE

Geluk Riaan! 

Riaan wen 2 x delux150

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 02/10/2018 - 14:32

Hey, daai soenery mag dalk in iets oneerbaarliks verander?!

Netnou klap die slotte en raak almal lus vir 'n grondboointjie botter toebrooidjie?

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 02/10/2018 - 16:18

Voories, jy moet deeglik lees, help die man reg, reg.

Haai, dit klink nogal oulik op die tong......     grondboointjie toebrooidjie.   Dalk is dit 'n Hollandse ding?    Mooi, eerbaarlike, nuwe  woorde vir ons forum woordeboek.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 02/10/2018 - 19:31

Ag nee wat, Arie.  Ons weet jy is nie so fyngevoelig nie. yes  Wat is 'n snaakse woordjie nou tussen goeie vriende?    Maak die lewe interessanter en bring 'n glimlag op ons suur gesigte.

0
Springs
Profile picture for user Riaan

Riaan

Wed, 03/10/2018 - 18:48

MANNE EN MANNENE

Ek wil net kom brag met my nuwe stoele. (Ek het hulle vandag gaan haal).

Wat 'n surprise was dit nie. Stoele van Top gehalte en vakmanskap. Uiters stewig en regtig baie mooi. (Kyk vir hulle sluit ek met 'n duuuuuk ketting vas)wink. (Nie eers 'n Ford Ranger 3.2 of Hiluxie sal jou van daai stoele kan aftrek as jy eers in hulle gesit het nie)wink.

Ek het die stoele by Johnb se winkel Juveniles in Valleria gaan oplaai en daar is surprise nommer 2 (By die winkel is 'n uiterse vriendelike en behulpsame dame Sarie wat die winkel bestuur en baie behulpsaam was, Dankie Sarie) gou gou het sy my gehelp met die uitkies van die stoele (So baie kleure om van te kies).

Maar so met die rond kyk in winkel het ek amper histeriescheeky geraak jy moet al die kamp benodighede sien wat in die winkel vertoon word: Klere sakke, Sakke vir jou braai roosters, braai tange, braai voorskoote, pootjiekos driepoot standers ens ens ens en alles van top gehalte en uiterse goeie vakmanskap. Ek sal enige iemand aanbeveel om gerus daar 'n draai te gaan maak en jou kamp toerusting aankope daar te doen.

Ek wil net weereens vir almal dankie sê wat gemaak het dat ek nie meer op my krate hoef te sit en kamp nie......... (Laat weet aan wie kan ek hulle skenkwink Daar is 'n blou een en 'n swart een (Clover en Sasko).

Aan die Kampforum span en Anton (Voortrekker) baie dankie dat julle die kompetisie geloods het en kan somme maakwink.

Dan aan RTGEAR/Johnb  baie baie dankie vir die hoë kwaliteit stoele waarmee ek nou lekker gaan kamp. Dis regtig 'n voorreg om sulke mooi stoele te hê en eerlik waar al die ander kamp toerusting wat ek gesien het spreek net top kwaliteit.

Dan aan al die deelnemers dankie dat julle deelgeneem het (Onthou ek bied nou somme klasse aan vir die wat nie kan skat nie smeer maar bietjie Zambuk aan daai duime van julle wat so gesuig ischeekycheeky).

Kyk hieronder, kyk net hoe mooi is die stoele en lekker brag ek nouwink

Dankie almal.

 

0

Freda kyk hoe laat bloos jy my noublush, Jy moet sien wanneer ek op daai stoele sit (Gentlemen, Meneer en Baas van die plaas). So tussen my en jou daar is plek vir jou ook op daai stoele hulle is regtig lekker groot plek vir baie amper soos 'n taxicheeky

0
tshwane
Profile picture for user johnb

johnb

Wed, 03/10/2018 - 19:28

Vanaf RT Gear en Eccentry se kant af se ons ook dankie aan die Kampforum span, Deelnemers en spesifiek aan die  Louw gesin vir die sportmanskap.  Kom  ons sien wat kan ons vir die volgende kompetiesie doen. Kampforum groette

John & Sanet B

0
Springs
Profile picture for user Riaan

Riaan

Mon, 08/10/2018 - 17:17

Ek wil net laat weet daai stoele is puik. Het hulle nou al paar keer gebruik by al die einde van die jaar werk parties en kuiers en ek moet eerlik sê hulle sit perfek. Almal is ook baie "impress" met die kwaliteit van die stoele en 'n paar van my "gewigtiger pelle" het ook al die stoele volgesit en nog geen wear en tear nie.

Ek beveel hulle regtig aan.

RTGear dit is 'n puik produk hou so aan.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 14/11/2018 - 20:26

...............nie ek is voorbarig nie, maar is my braai grid prys al by Willem (WilSur) afgelewer of moet ek iets sê of doen om dit gereël te kry ?

Ek kan mos nie so 'n smart prys by my laat verby gaan nie !

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus