Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

50684 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kaapse paaie Paas naweek kamp wessels -1 hour ago
Stene en plankies Ongelyk kampplek wessels -1 hour ago
Nou wat nou... Paas naweek kamp Lapskag -1 hour ago
Sien nuwe penta by goefy… Jurgens Ci- DIE WAARHEID ski -1 hour ago
Dinokeng Willem by Dinokeng Resort wessels -1 hour ago
Dinokeng Resort Willem by Dinokeng Resort Willem Brits -2 hours ago
Julle moet dit geniet!!! Namibië en Botswana Toer HennieBo -2 hours ago

Maandag is hy myne, myne, myne.

Tussen hemel en hêl
Submitted by GeesWatWandel on Sat, 13/10/2018 - 09:26
Forums

Maandag is payday vir die gesie. Ja ons eet maar droe brood en water die naweek en rook die hondedrolle.

Maar kom Maandag, gaan die laaste paaiement vir die bakkie af en hy is hy myne, myne,myne en nie meer die bank sin nie.

Kan nie wag om die bank te bel en te se stuur asseblief die papiere, wil hom op my naam sit.

Volgende maand gaan ek n oulike verhoging op my salaris he asgevolg van hy is myne,myne,myne,myne.

Jiiiiipppppeeeeee!

😀😀😀😀😀😀

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 13/10/2018 - 09:49

Dankie, dankie, 😊😊😊😊, Moes eintlik eers volgende jaar iewers wees, maar n bonussie van SARS het gehelp.

Nou om te werk aan die persoonlike leningkie wat ek gevat het om vir die wyfie daai Datsun Go te koop. 😯😯

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 13/10/2018 - 12:11

Baie geluk Gesie, dit is iets om oo trots te wees.

Druk nou daai persoolike leningkie dat die trane rol, dan kry jy nog 'n vet verhogingkieyes Dink net hoe lekker gaan julle dan kamp met al die pond.

 

Port Elizabeth

Antie

Sat, 13/10/2018 - 12:22

Mooi man, Gees, dit is 'n lekker gevoel.   Maar moet nou net nie laat jou agterent jeuk en een van die dae hom wil inruil op 'n nuwe nie.   Dit is mos hoe mans se koppe werk.  Hopelik is spoke meer prakties.wink

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 13/10/2018 - 13:32

Maar moet nou net nie laat jou agterent jeuk en een van die dae hom wil inruil op 'n nuwe nie.   Dit is mos hoe mans se koppe werk. 

Freda - Klink dan nou vir my of jou kop en my vrou se kop dieselfde dink. 

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 14/10/2018 - 07:54

Dankie dankie almal, tannie Freda, oom Frikkadel het vir my n sak vol mielie stronke gegee en ek gebruik die medisyne maar getrou. 😊😊😊😊😊

Roodepoort

HennieBo

Sun, 14/10/2018 - 12:21

Gesie, baie lekker gevoel as daai voertuie afbetaal is. My bakkie het maar 163000km op en is al 9 jaar oud en lankal klaar betaal.  Ander voertuig is oor 15 mnde klaar en het maar nou 32000km op. Dan gan daai premie net so in op die huis,

Vereeniging

Harry Du Randt

Sun, 14/10/2018 - 12:27

Dit is n baie lekker gevoel.

My Lux is nou al klaar betaal vir 8 jaar.

Ek sukkel net SARS ek bly hom elke maand betaal, maar weet nie wanneer ek ooit klaar gaan raak met hom en hom besit nie. smiley

Vereeniging

Harry Du Randt

Sun, 14/10/2018 - 12:36

My Lux is nou 12 jaar oud en het minder as 89,000 km op. Wou nuwe een koop toe sê agente (Toyota) hulle sal my R 119,000 vir hom gee. 

Het nie eers moeite gedoen en na voertuig te kom kyk nie. Hulle sê hulle werk volgens die boekie.

Ford het my R149,000 geoffer, ook sonder om voertuig te sien. Verstaan nie altyd die ding nie.

Gelukkig is die nuwe koop gevoel verby en ek hou maar wat ek het.

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 14/10/2018 - 13:51

Oom Harry, my Navara is in 2013 nuut gekoop, nou na vyf jaar het hy 165 000 kilos op. As ek hom nog vyf jaar ry, dan behoort hy oor die 300 000 kilos op te he. Ek glo dit is haalbaar. Spaar dan n hele bakkie koop siklus. 

Middelburg

Noel

Sun, 14/10/2018 - 14:12

My Isuzu is nou 16 jaar oud en het 140000 km en die Toyota Tazz is 17 jaar oud en het 53000 km. My voertuie word gereeld gediens deur agente en is nog spiekeries en is baie meer werd as die boekwaarde. Na die voertuie klaar afbetaal is, is ek nou my 3de karavaan. Ek kry beter prys vir die karavane as wat ek gekoop het. Ek is nog op die huidige karavaan op skuld en dit sal die laaste wees.  Nuwe voertuie is baie aanlokkend maar is die slegste belegging wat n mens maak.

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 14/10/2018 - 14:28

Oom Noel, Ons het so paar maande terug ons jaar 2000, 130 Corolla verkoop en vir die vrou n Datsun Go gekry. 

Daai Corolla en die Tazz het dieselfde enjin in. Die Corolla het tussen 200 000 en 250 000 kilos opgehad, kan nou nie presies onthou nie.

So daai Tazz kan nog baie ver gaan.

Waar my wa staan

Arie

Sun, 14/10/2018 - 15:07

Gesie, ek glo jy ry 'n voertuig [solank sy nog goed lyk] tot sy jou probleme gee. My Oupajaro is nou 21 jaar oud [kan jy glo sy is ook nou mondig] 334000 kilos op, gee geen probleme behalwe normale dienste en instandhouding. Sy is dan ook nou al 21 jaar klaar betaal, kan jy dink wat het ek al gespaar op rente? Het haar sommer op die dag wat ek haar gekoop het klaar betaal.

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 14/10/2018 - 15:36

Aai oom Arie, wens ek kon ook daai doen van op die dag koop klaar betaal, miskien eendag as ek mooi groot is, daai dag wat oom Voorrie n karavaan koop. 😂😂😂

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 14/10/2018 - 15:52

My sleep voertuig, die Kia, het nou net oor die 90 000Km op, nuut gekoop op 3 Jan 2011. Sy gaan Januarie vir die 120 000 Km diens, en die waarborg verval eers 31 Desember 2020. 

Die 2013 Hyundai I10 staan op 32 000Km, waarborg het al verval.

Die 2008 Corsa 1.4Sport, die lorretjie se kilos staan naby 200 000, maar dit is my "hoof" voertuig, met die werk esel ry ek daagliks.

Die Penta is 'n ou 2005, maar kamp net so lekker soos 'n spik splinter nuwe een, eindlik baie lekkerderlaugh

 

Min dinge so lekker soos 'n op betaalde voertuig!

Waar my wa staan

Arie

Sun, 14/10/2018 - 15:54

Skim, ek het vandat ek my eerste kar gekoop het, die paaiement sodra die kar klaar betaal was gebank. Teen die tyd wat ek weer kar moes koop, was daar genoeg in die bank plus inruil vir huidige kar om maar net so 30% van die nuwe kar se prys moes leen.

Op daai manier kon ek in 1980 vir die eerste keer 'n voertuig kontant koop. Daarna nog nooit weer vir my of my vrou 'n kar op skuld gekoop nie.

Ook altyd as ek verhoging kry, my huis paaiement met die selfde persentasie as die verhoging verhoog, jy sal verbaas wees hoe vinnig kan jy 'n huislening op daai manier afbetaal, en 'n fortuin op rente spaar.

Dit neem so bietjie disipline, maa dit maak dat jy jou aftrede heeltemaal sorgvry [finansieel] kan geniet. Wie wil nou as jy oud is oor geld moet worry, jyt het genoeg ander pyne en skete om oor te worry waneer jy oud is