More mede kampers
Sommer 'n vraag aan die meer ervare tegniese slepers;
hoe gereeld gaan julle na of die sleepstang nog stewig geheg is aan julle voertuie se onderstel?
By bakkies is dit nogal redelik maklik om by die hegpunte te kom, maar met SNV [nee nie sex nudity en violence nie] sport-nuts-voertuie , is dit soms versteek.
Ek het in verlede gevind dat veral met nuwe voertuie, mens soms nodig het om die moere vaster te draai
Groete
Wessel
Wessels jy sleep mos nou met…
Wessels jy sleep mos nou met 'n Toyota?
Ek het in die 10 jaar nog nooit my volksie se sleepstang gecheck nie?
Die Ford en Nissan manne moet dit dalk daagliks check? Ek wetie.
sleepstang
More Voortrekker
Korrek, en dis die probleem. Hopeloos te veel trekkrag, Kavango sukkel om by te bly en sleepstang vertoon rekmerke.![]()
Tot gesiggie reggekry, ouman kom by
Wessel
Persoonlik glo ek dit is…
Persoonlik glo ek dit is heeltemaal onodig om jou sleepstang te check.
As jy nie agterkom dat jou sleepstang saam met jou wa agterbly op die N1, behoort jy nie te sleep nie!!!
Vir die wat my nie ken nie - bogenoemde is natuurlik as 'n grap bedoel.
Net soos Warren se humoristiese inskrywing waar jy die spietkop so deur 'n skrefie van jou venster loer en jou papiere teen die venster druk dat hy van buite lees.
Moet erken, ek het eers gedink Warren was ernstig, eers toe ek weer lees bessef ek dit was maar humoristies bedoel.
Wessel, skerp, vlym skerp…
Wessel, skerp, vlym skerp soos 'n skeermes lem![]()
Korrek, en dis die probleem. Hopeloos te veel trekkrag, Kavango sukkel om by te bly en sleepstang vertoon rekmerke.
Dankie vir die herinnering, ek gaan myne nooit na nie, maar soos Shaun, vra ek jaarliks vir die diens bestuurder om dit te doen.
My Suzuki Vitara se…
My Suzuki Vitara se sleepstang bout deur onderstel vas. Daar is moere in die onderstel in gesweis. Dit was deur die Susuki fabriek.
Die moere het "gestrip" (aan die een kant) en sleepstang het laas losgekom aan die eenkant met my en Deon se bergpas trippie.
Hy het redelik deur gestamp op die dongas op ons berg passe. Deon het hom vir my vasgemaak met draad daar langs die pad sodat hy nie sleep op die grond nie.
Ons het hom op my neef se plaas heeltemal afgehaal.
Het sleepstang plekke gaan sien oor die terug sit, maar hulle kon my nie help nie. Sê hulle kan hom aan onderstel vas sweis, maar dit is nie vir my n opsie nie.
Het sleepstang plekke gaan…
Het sleepstang plekke gaan sien oor die terug sit, maar hulle kon my nie help nie
Harry, dit is waar. JacquesR het met sy sleepstang gesukkel (dit was met ou Rooie) met 'n geraas wanneer hy gesleep het as gevolg van die twee buispype se passing. die agente het probeer maar kon hom nie help nie.
Gelukkig kon ek hom help
Sleepstang ghries
Ek wil nie die man met die nuwe swart strepe op sy nuwe Hilux se wildtuin draad besoedel nie so ek vra hier na aanleiding van Wessel se (geskeurde) plastiek dop op sy sleepstang. Wat is die doel van so plastiek dop op jou sleepstang se bal/haak? Ek het gelees (en dit maak vir my sin) dat mens nie ‘n haak se bal moet ghries nie, veral as jy soms grondpad ry. Die stof en sand wat in die ghries vassit maak dit ‘n grinding paste eerder as ‘n smeermiddel. My Fordjie ry taamlik gereeld grondpad, met en sonder die Kavango. Ek het nog nooit my (voertuig se) bal ge-ghries nie en het nie ‘n plastiek dop daarvoor nie. Wat se die ou hande?
Ghries ???
Môre Chris S en ander
Ek twyfel of ek al ooit ghies aan die bal gesmeer het.
Die plastiekdop is na my mening 'n vereiste om my maermerries te beskerm. Ek het wel doppies oor die elektriese koppelpunte, bloot om stof en vog te verminder. Dit is die prop aan die bakkie, sowel as die 7-punt prop van die wa.
Kan iemand asb die sleepstang verwante fotos en insette van Chris Boucher se wildtuin draad, na die draad skuif. Ek voel sleg oor my bydrae tot die besoedeling.
Wat sê die ou hande ?
'n Ou hand sê :-
- Ek smeer wel 'n dun lagie ghries op die sleepbal as ek nie sleep nie en plaas dan 'n plastiek-dop bo-oor want :
(1) Dit lyk netjies
(2) Dit beskerm die bal teen weersomstandighede en stof
(3) Jou bene of klere smeer nie vuil teen die sleepbal nie
- Wanneer ek sleep, vee ek die ghries op die sleepbal af en plaas 'n druppel of twee Q-20 binne-in die sleephak om die staal op staal wrywing te verlig
- Wanneer die plastiek-dop verweer of geskeur is, vervang ek dit. (Bygevoeg om Wessel se onthalwe)
- So lyk myne :-
Kennis geneem
Hello Len
Ek neem deeglik kennis van die teregwysing tov die geskeurde plastiekdop.
Hierdie ou hand het besluit om eerder 'n nuwe trokkie, met nuwe sleepstang EN dan nuwe dop aan te skaf.
Onthou julle die gebruik van die plastiek banksakkie, sommige slepers het dit op die bal geplaas, voordat hulle die klou daaroor laat sak het. Glo om die speling uit te haal.
....of
Of in die ou dae is 'n gat in 'n tennisbal gemaak en oor die sleepbal gedruk as beskerming as jy nie sleep nie.
Ek het ook destyds, noodgedwonge 'n plastiek-banksakkie gebruik, maar net as ek 'n leë sleepwaentjie gesleep het - daardie geratel wou my mal maak.
Ghriesloos
'n vereiste om my maermerries te beskerm
My Fordjie se spaarwiel op die agterdeur voorkom dat ek myself beseer teen die haak.
Jou bene of klere smeer nie vuil teen die sleepbal nie
Vir dieselfde rede as hierbo, en omdat ek nie die bal ghries nie is dit nie vir my ‘n probleem nie. Omdat my kombinasie gereeld stof ry sal ek maar die bal droog hou. Die plastiekdop lyk wel netjies, maar dit sal gou verloor in die Everest se kattebak. Met twee kleuters en ‘n vrou word dit so vol gelaai dat ek telkens net-net die Kavango se neuswiel daar kan inkry.
ghries op die sleepbal ...
Hierdie is 'n ou storie toe dit net 'n 5 punt konneksie was. In die ou dae was die grond (-) deur die sleepstang daarom het hulle gesê jy moet nie die bal ghries nie want dan het jy nie genoeg same kontak vir die grond (-) draad nie.
Ek spuit myne met "chain lub" wat minder stof gaar.
Elektriese baan
Middag Willem
Dankie vir die interessante stukkie info. Ek was gladnie daarvan bewus nie, seker maar omdat ek eers in 1995 begin woonwa sleep het.
Neuswiel haak
Hoekom haal jy jou neuswiel af as jy ry?
Langs my Kavango se deur is ‘n geel plakker wat aanbeveel dat jy voor elke tog seker maak dat:
- die bande 2.2bar is
- die wielmoere reg getorque is (kan nie onthou op hoeveel nie, my wringsleutel is daarop gestel)
- die wa nie oorlaai is nie
- die neuswiel verwyder is
Tot my spyt het ek nie daaraan gehoor gegee toe ek die wa gevat het om deur die toets te sit net na ek dit ontvang het nie. Die toegang na die weegbrug is heelwat laer as die ingang na die kompleks. Ek het dwars oor die bokant van ramp wat afgaan na die weegbrug parkeer en toe ek agteruit stoot om, om te draai het die neuswiel vasgehaak en is beskadig. Ek haal dit sedertdien altyd af. Dalk lyk jou wa s’n anders as myne. In die heel hoogste posisie steek die neuswiel se wiel gedeelte onder die A-raam uit.





Met my motor
Met die diens interval vra ek elke keer vir Nissan om seker te maak dat sleepstang vas is , dalk moet n ou dit meer doen Wessels