Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -1 hour ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -1 hour ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -2 hours ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -2 hours ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -2 hours ago

Grondpaaie is lekker

Profile picture for user Johan K
Submitted by Johan K on
Forums

Na aanleiding van Arie se opmerking op die Sizakala draad dat teerpaaie vervelig is (waarmee ek saamstem), plaas ek hier 'n paar grondpad foto's van waar ek al rondgeloop het. 

Foto
Tussen Northam en Koedoeskop - Limpopo
.
Tussen Leeupoort en Assen
.
Tussen Assen en Brits

 

.
Ook tusen Assen en Brits by 'n ander geleentheid. Vir die wat dalk al daar was, hierdie is die pad wat voor Dube en Dikholo verby loop.

 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/12/2025 - 13:34

Ons het Augustus '25 op 'n Karooplaas, Joosteswerwe, gaan oornag. So 40km voor Carnarvon, van Vosburg se kant af. Gelukkig het die plaasmense my gewaarsku oor die pad, maar niks gesê van die ongeveer 7 hekke nielaugh

plaasp

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 30/12/2025 - 15:36

Is dit Joostes-werwe of Jooste-swerwe? Ek kan nie onthou nie - het jy foto's geplaas van die kampeerarea?

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 30/12/2025 - 16:30

Ek wonder hoeveel keer het ek die Swartbergpas gery. Nogal heelwat kere. Die Klein Karoo (ingeslote Prins Albert wat natuurlik inderwaarheid Groot Karoo is) was my area van verantwoordelikheid toe ek by die Droëvrugteraad werksaam was. Vrugtetyd (Desember tot Feb/Mrt) het ek 'n bykans vaste roete gehad. Maandagaande het ek in die Royal Hotel op Ladismith oornag, Dinsdagaande in hetsy die destydse Holiday Inn of die Riempie Hotel in Oudtshoorn, Woensdagaande in die Roodekrantz Motel by Misgund in die Langkloof en Donderdagaande om die beurt in die Swartberg Hotel, Prins Albert of die Railway Hotel in Laingsburg.

In die Langkloof het ek die mooiste gruispaaie gery as ek die Ferreira's in die Kouga besoek het. Die Donderdagaande wat ek in Prins Albert oornag het, het ek merendeels met die Swartbergpas daarnatoe gery - soms deur Meiringspoort. Die Donderdae wat ek in Laingsburg oornag het, het ek deur Seweweekspoort gery om die vrugteboere by Vleiland te besoek.

Die kort tydjie wat ek in Oudtshoorn gewoon het, het ek selfs een aand in die donker oor die Swartbergpas gery nadat ek 'n boerevereniging-vergadering in Prins Albert gaan toespreek het. Dit was nogal "spooky".

As ek reg tel, was ek by 5 keer tot onder in Gamkaskloof (Die Hel). Die eerste keer was nog met 'n Ford Escort. Ek het eenkeer meer as 20 klipspringers met die heen- en terugrit na Gamkaskloof gesien. Iets anders wat my bybly is toe ek eendag (aan die Oudtshoorn-kant van die Swartbergpas) 'n klipspringer-ooitjie doodgery in die pad gekry. Op die klipmuur het 'n klein lammetjie vreeslik geblêr oor sy ma wat dood was. Maar toe ek stilhou het hy/sy oor die muurtjie verdwyn. Ek het maar net die dooie ma uit die pad gesleep. Ek het by myself gewonder teen watter spoed 'n mens op daardie pad moes ry dat die "culprit" nie 'n botsing met die ooi kon vermy nie.

Gepraat van klipspringers. Buite Prins Albert het Fritz de Wit op sy plaas Damaskus (op die Weltevrede-pad) 'n hans grootgemaakte klipspringer-rammetjie gehad. Hy moes swart plastiekpypies oor sy horings trek, want het dié klein parmant jou seergemaak as jy durf waag om as vreemdeling op die werf uit te klim.

Jammer dat ek nou so baie gorrel, maar Wessel het met sy foto's van die Swartbergpas 'n paar herinneringe by my wakker gemaak. Genoemde Fritz de Wit en sy vrou het 'n unieke droëvrugtehappie gemaak. Hy het destyds Elberta perskes gehad. Nou - diegene wat 'n Elberta ken of geken het, sal weet dat dit een van jou lekkerste perskes is wat jy kan/kon kry. Dit is 'n geelvleis-lospitperske wat sag ryp word sodat jy die skil met jou vingers kan aftrek. Fritz-hulle het sulke sagryp Elbertas geneem, die skil afgetrek en die pit uitgedruk. Dit word dan gedroog en elke dag word elke perske versigtig vierkantig gedruk. Soos wat dit droër word, word dit 'n blokkie stroopsoet lekkerte. Dit was sommer net 'n familie "treat" vir die De Wits. Maar soms, as hy 'n "liking" in jou gekry het, word jy bederf met 'n paar daarvan.

Jammer vir die besoedeling van dié draad. Maar hier gaan in ieder geval min aan op die forum. Daarom wat ek ook sommer in detail vertel van die "mishap" met my nuwe Hilux.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 30/12/2025 - 18:02

Daar was ñ stadium wat ek die Swartbergpas elke dag gery het. Soggens vroeg soontoe en smiddags weer terug. Het eendag so in die ry uitgewerk dat my, pas kilometers. Cairo en halfpad terug op die stadium.

Het die pas gery dat met ń dik laag sneeu op het, dan moet jy kophou want dit versteek die kante en dreineringsslote. Het al eenkeer in die sloot beland, en moes maar sukkel om uit te kom.

Baie sleg is waneer die pad ge- ys is. Normaalweg gebeur dit waneer dit ysreen en nie sneeu nie. Snotglad, maar gelukkig is daar altyd paar klippertjies wat bokant die ys uitsteek wat die wiele laat vastrap. Maar die gekraak is nogals senutergend.

Die heel naarste was net nadat die pad geskraap was aan Prins Albert kant. Dit reen die nag en na ek so ent oor is, wil die Landy nie op die pad bly nie, self net teen kompressie rem verloor dit traksie en begin draai. So rem trap is duidelik uit. Noodgedwonge is die stuur gedraai in die rigting wat die neus moet kom, en klein bietjie vet is gegee sodat die voorwiele dit korregeer. Was bloedsweet en seker 3 uur geneem om onder te kom. Die dag het is ń skoon onnie en tandeborsel aangeskaf en oorgeslaap.

Grondpad ry is ons voorkeur. In ons Knysna dae het ons vanaf Kysna gery tot bo by Kunene River Lodge met so iets soos 200km teerpad in totaal. Lekker.... maar eerder met ń Landy as ñ Fortuner. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 31/12/2025 - 07:56

Julle moet maar sê of grondpaaie binne parke hier geplaas kan word. Dis effens in 'n ander kategorie as grondpaaie op die landkaart. Sommer vir die mooi

s125

Vit my seker van die mooiste natuurskoon omgewings in die Kruger, saam met S126, S100 en S39.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus