Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
VETO stem November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -14 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -15 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -17 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -22 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -22 hours ago

Attacked by Indian minors

Jozie
Profile picture for user TWTFAWC
Submitted by TWTFAWC on
Forums

Nothing to do with Indian teenagers !

a half hour ago, as I walk into the factory through the big roller shutter door, there are 2 baby indian minors. One dead in the passage and the other screeching and squashed up against the brickwall under the roller shutter door guide.

So I pick up the live baby to move it to the garden in front of the gactory, on the other side of the roller door and got dive-bombed by the parents... So much so one of them hit me so hard on the head, it actually drew blood....

Once in a lifetime experiance... Put a small saucer of water nearby, I hope the young-un makes it...

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 17/11/2018 - 09:38

Hi shame, Arie.  'n Voël bly 'n voël.   Kyk net hoe baie ongewenste mense (indringers)  trek hier na ons land toe en ons moet maar tevrede wees.   Dalk kom kuier die ou voëltjies ook net hier.laugh

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 17/11/2018 - 09:50

....................is 'n pes en 'n bedreiging vir ons inheemse voëllewe.  Raak ontslae van hulle waar moontlik.

"Do mynah birds kill other birds?  During breeding season, they seek out nesting hollows which they take over from native birds and animals, after harassing and evicting them. Indian Mynas kill the chicks of other birds or destroy their eggs, or build their own nests on top and smother them."

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 17/11/2018 - 10:46

Sjoe, dis rowwe voëls.  Die dat hul sommer vir Warren ook aangeval het.  Nou voel ek nie meer jammer vir hulle nie.   

Dit beklemtoon net vir my hoe die natuur ons leer.  Soos ek bo genoem het.  Ongenooide, ongewenste, onwettige mense wat die land inkom, doen basies dieselfde aan ons mense.  Vat hul werk, hul blyplek, hul voorregte weg en wil oorneem.   Nie almal nie, maar baie van hulle.  So, hulle moet ook weggejaag word.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 17/11/2018 - 12:47

Hier moet ek saam met Len en ander stem, die verdomde voëls is indringer peste en interveer met ons Afrika ekologie.

Ek verjaag hulle hier by my met 'n BB gun, hulle is ook baie slim, AS hulle nog waag om hier te kom, en hulle sien my,  vlieg hulle onmiddelik weg.

Ek gee elke dag kos vir die voëltjies en die indringers het aanvanklik gedink dit is vir hulle ook beskore. 

Die rooi Indiane in Amerika het die gesêgde gehad "White man speak forked tongue",  nou ek "speak forked tongue" as dit by indringers kom, roei die goed uit.

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Sat, 17/11/2018 - 13:13

Dit is 'n baie snaakse tipe voêl, snaakse geaardheid. Wanneer daar by ons 'n meerkat/of dalk die een tipe  muishond ding rondkuier, sal hulle  dadelik alarm maak en vreeslike skreeugeluide uiter, selfs afduik op die rondloper, en ook die geel/oranje lysters opsweep. Hulle tree half beskermend op teenoor ander voëls se neste wat bedreig word, maar seker dan eintlik om hulle eie belange te beskerm. Die mynahs en lysters is baie lief om hondekos, die blokkies, te steel!!!!

Selfs die vleiloerie hier loop ook onder hulle deur. Hy is natuurlik ook 'n kêrel ?dame  wat ook ander kleiner spesies se nes beroof!!

Ek het hulle egter uitoorlê en die janfrederik se nes geskuif en in karton in lapa op 'n rak neergesit, waar die loerie NIE kan bykom. Die Janfrederikke gebruik die nes nog ononderbroke sedertien.

Ek moes kwikstertjies se nes ook effe skuif om weg te kom van die loerie, en geniet hulle teenwoordigheid as hulle broei so 'n 50cm van badkamervenster vir baie jare. Die kleintjies, wanneer hulle eerste keer nes verlaat, vlieg gereeld agter my aan, tot groot onsteltenis van die ouers!!!

Ek het egter op ander plek 'n voerplek ingerig waar ek in moeilike tye, soos nou met die erge droogte, so bietjie help met verversings. Die houtkappers kom sit teen die buitediefwering by venser waar ek in werkskamer sit by rekenaar, en kan erg beduie dat daar nie 'n stuk appel of iets beskikbaar is nie!!!

0

Ek het geen genade met Mynahs nie. Hulle is 'n pes en moet uitgeroei word. Die windbuks staan permanent met 'n koeëltjie in die loop. Hy moet net oorgehaal word as ek 'n Mynah hoor of sien. Die !@#$%^ goed is net so verdomp slinks. Dit is asof hulle weet dat wanneer hulle my met die windbuks sien, moet hulle dadelik padgee. Dêm goed!!! angry

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 17/11/2018 - 15:14

Ons het gelukkig nog nie die Indian Mynahs hier by ons nie. Hulle is natuurlik (onwettig) deur inwoners van hulle oorspronklike stamland na Suid-Afrika gebring as troetelvoëls. Dieselfde is van toepassing op die huiskraai wat van dieselfde land afkomstig is en ook as troetelvoëls (onwettig) hiernatoe gebring is. Beide spesies wat hetsy uit aanhouding ontsnap het, of traak-my-nie-agtig vrygelaat is, het hulle eers in die Durban-omgewing gevestig. Sedert die laat 80's het 'n populasie huiskraaie ook op die Kaapse Vlakte gevestig en veral 'n probleem geword by Kaapstad lughawe. Die Kaapse owerhede het gelukkig daadwerklike planne in werking gestel en die bevolking is so te sê uitgeroei.

Ons sit ook nog met die Europese Spreeu in die Wes-Kaap, wat klaarblyklik net soos die Europese Eekhorings deur Cecil John Rhodes in sy "alwysheid" (sarkasties bedoel) ingevoer is. Gelukkig het hierdie uitheemse spesies nie werklik plaagstatus bereik nie. Alhoewel die Europese Spreeu 'n groot "nuisance" kan wees in huise se dakke. Elke moontlike ingang na 'n dak moet in die Wes-Kaap afgeseël word anders is die aanhoudende geskreeu van spreeukuikens hierdie tyd van die jaar jou voorland. En daarmee saam dra dié spreeus ook 'n baie hinderlike luis wat ons op skool baie laat jeuk het waar hulle in die dakke van skoolgeboue nes gemaak het.

Nou wonder ek maar net oor diegene wat die so maklik die Mynahs wil uitroei (wat indringers is). Hoekom is sodaniges nie ook voorstanders om 'n plan te maak met die ape en bobbejane wat ook in baie plekke inderwaarheid indringers is nie? Daar is duisende van hulle in die natuur waar hulle geen mens versteur nie. Ons kan ons verkyk aan bobbejane se manewales in die natuur.  Maar as hy 'n oorlas is waar ek woon of kuier, verpes ek die ding. As hulle op die gevaarlys was om uitgeroei te word, kan ek nog verstaan dat sulke oorlaste oorgesien word. Maar hulle is boonop nog 'n gevaar vir mense ook - veral vir kinders. My eie kleindogter is in Skukuza deur 'n aap gebyt.  Ek het 'n jong (histeriese) seuntjie in Letaba ter hulp gesnel wat deur 'n aap aangeval word.  By Kogelbaai (langs die Valsbaai-kus) is 'n jong seun sowat 3 jaar gelede ernstig deur 'n bobbejaan aangeval.

0

As hulle op die gevaarlys was om uitgeroei te word, kan ek nog verstaan dat sulke oorlaste oorgesien word. Maar hulle is boonop nog 'n gevaar vir mense ook - veral vir kinders. 

Ek verstaan ook nie hoekom hulle daar waar hulle 'n oorlas is, uitgedun kan word nie. Ek is van mening dat sodra daar begin jag gemaak word op hulle, sal hulle vinnig begin padgee.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 17/11/2018 - 16:19

Dit is egter n tipe voël wat indien jy hom sa baba voëltjie kry die beste geleer word. Onder andere om te praat. Hy kan ook enige geluid na-aap

Ek het by geleentheid in 'n gastehuis in Lichtenburg oorgeslaap. Die eienaars het 'n jong Mynah gehad wat klaarblyklik uit die nes geval het en wat hulle toe hans grootgemaak het. Was dit nou 'n ougat voël!! Toe ek die oggend ontbyt eet het ek my hande vol gehad om hom uit my bord kos uit te hou.

Ek het ook by geleentheid een in 'n kou gesien saam met kampeerders by ATKV Buffelspoort. My Stoffel papegaai ('n African Grey) kan nie droom om te praat soos wat daardie Mynah gepraat het nie. Dit is natuurlik die rede waarom hulle as troetelvoëls na Suid-Afrika gesmokkel is. 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 18/11/2018 - 15:58

moet net gou die Antie wat so lekker gebakte "eiers" geniet, antwoord.

Tannie jy reken 'n voel is 'n voel, Petrta verskil heeltemaal met jou, sy reken sy het net een troetel voel, blykbaar die beste en sy laat g'n ander naby hom nie?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus