Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

41051 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Oom Len... ATKV Eiland 2018 GerhardM -8 minutes ago
Ry ook maar altyd n 12V… Is jou spaar styf Harry Du Randt -2 hours ago
Ons tel die 3 slapies saam… Amper tyd! Voortrekker -2 hours ago
Stephan, daai opgewondenheid… Amper tyd! Johann L -2 hours ago
Stephan julle moet dit… Amper tyd! Dusty -1 hour ago
Baie beter!!!

Net 'n meer…
Army Dae Arie -1 hour ago
More golden words Lag 'n slag Voortrekker -3 hours ago

Off Grid Karavaan

Tussen hemel en hêl
Submitted by GeesWatWandel on Wed, 05/12/2018 - 08:40
Forums

Hierdie is iets wat ek al jare oor top en Google dit baie, maak aanhoudend plannetjies. Het elektriese agtergrond en sal dit kan doen.

Die idee is nie om geld te bespaar nie, inteendeel, al was krag gemeter by karavaan parke, glo ek nie dat ek die belegging ooit sal terug maak nie. Dit is meer net `n iets baie interesant wat ek graag wil doen, iets wat my verbeelding aangegryp het.

Die plan is om my groot wa totaal off-grid te maak. Op `n overkill manier sodat dit baie dae sonder sonskyn kan funksioneer maar ook dat dit met eendag se sonskyn die batterye kan hervul en my luukses ter gelykertyd kan funksioneer.

Komponente is nou baie bekostigbaarder en wil volgende jaar stuk stuk aankoop

Die Plan in bree trekke:

Wil 48 volt gaan:

Sonpanele:

6 x 330 watt sonpanele (Hulle is nou so R1900per paneel (ses panele = R11400)  by ARTSolar), wat my omtrent 2000 watt sal gee.

Die ses panele wil ek dan bo op die exclusise se dak sit met `n aluminium raamwerk. Wat bo oor vents sal gaan. Die vents sal dus nie meer kan oopmaak nie.

2 stelle van x drie panele in series gekoppel. Die twee stelle word dan in parallel met mekaar gekoppel.

Solar mppt charge controller:

Vir dieselfde rating panele:

As mens panele in series koppel bly die amps wat hulle kan verskaf dieselfde maar die volts vermeerder:

As mens panele in parallel koppel dan bly die volts dieselfde maar die amps vermeerder.

Kom ons vat die maksimum geskatte open ciruit getalle vir `n 330 watt paneel:

40 volt en 8 amp

Dus vir drie panele in serie:

40 x 3 = 120 volt

8 amp

Wanneur die twee stelle van drie panele in parallel gekoppel word:

120 volt

8 x 2 = 16 amp

Dus gaan ek `n charge controller met bogenoemde specs nodig he as input specs en wat dan 48 volt output het

Hier dink ek aan `n Victron energy MPPT Charge controller die 150 -30 bluetooth een (150 volt, 30 Amp input end an 48 volt output. So R3800.

Battery:

Pylontech of Bluenova lifepo4 2.4 kwh 48 volt output. Prys is so R16 000

Airconditioner

Behalwe vir dunner drade is dit die groot rede hoekom ek 48 volt wil gaan. Wil my bestaande 220 volt split unit (12000 BTU) met `n 48 volt split unit (12000 BTU) vervang.

Daar is baie van hulle beskikbaar(maar nie in Suid Afrika) en baie gewild in woestyn lande asook Indie. Op Alibaba is hulle beskikbaar teen so 500 dolllar. Omgereken in rand R7500. Kom ons se dan so R12 000 saam shipping costs en so.

Hul gebruik so 650 watt.

Daar is nog ander goedjies soos yskas se 48 Volt to 12 Volt DC to DC converter, Pure Sinewave inverter, liggies na 48 volt verander, maar nou eers genoeg lang opstel geskryf.

Sjoe!

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 05/12/2018 - 09:12

...............ek is bekommerd oor jou geestelike welstand  -  is alles met ou Gesie okei ?

Behalwe vir die interessantheid van jou droom-projek, hoekom wil jy al hierdie goed doen met jou Exclusive kampwa ?  Sal dit jou lekkerder laat kamp ?

Ses sonpanele op 'n raam op die dak en dan nog die gewig van 'n 48V battery !  Jy sal eerder 'n sleepwa moet oorweeg om agter die Exclusive te sleep waarop jou "kragstasie" gebou kan word.  Jou A-raam gaan beslis knak met hierdie gewig. (Myne het mos reeds gekraak sonder al hierdie gadgets waarvan jy praat).  My huis-inverter vir beurtkrag is 24V met twee 102Ah batterye en dit is só swaar dat twee sterk ouens (nie ouballies nie) dit net-net opgetel kan kry.

Trek jy nou ons been of is jy ernstig ?  (Ek weet ons Nissan-manne dink altyd groot, maar hierdie weet ek darem nie).

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Wed, 05/12/2018 - 09:44

Hehehe, oom Len ek is baie ernstig.

Daai gewig waarvan oom praat is `n baie ernstige kwelpunt vir my en dink baie daaraan. 

Hier is my voorspelling met die gewig:

Sonpaneel = 20 kg x 6 = 120Kg

Raam (Aluminium) = Miskien 20 Kg

Battery = 24 Kg

Hierdie  lifepo4 batterye is net die ding deesdae. Hulle is `n kwart van die gewig en grootte van Lood batterye vir meer lewering, kan tot 90 persent ontlaai word, 

Aircon, reken ek nie as ekstra gewig want bestaande een word net vervang:

Mppt charger, inverter, allerlei drade, tripswitches etc.. kom ons se nog 50 kg.

Dan kyk ons na ongeveer 120 + 20 + 24 +50 = 214 kg. Miskien kan ek bestaande battery se gewig aftrek, maar kom ons los eers.

Sal maar `n kans vat op die exclusive, dit is `n worry, sal heel moontlik die wa moet her klasifiseer vir groter gewig. Dink my aste is reg daarvoor. Gaan n foto van my bestaande plaaitjie neem en bespreking daaroor begin. 

Ja en oom is reg, al kan ek hom herklasifiseer, sal die wa dit kan vat? Ek gaan try en kyk wat gebeur.

 

 

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 05/12/2018 - 14:14

Sterkte Gesie, dit klink na 'n opwindende projek, duur, maar doenbaar as jou gewig net binne perke bly. 

Jy beplan dus om jou nie jou Exclusive oorleef nie, want hy gaan jou moet oorleef👍

Secunda

Sleep nou

Thu, 06/12/2018 - 05:26

Ek laaik jou projek ja dit gaan jou kos maar op einde is jy nie afhanklik van eskom krag nie gaan groot ou maat enlightened

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 06/12/2018 - 13:03

Gesie, klink heel opwindend, nogal soos " doomsday prepping" Sou dit so agteruitgaan dat daar nerens meer n misrabele ampere rond dryf in n draad nie, gaan daar ook nie n druppel brandstof wees om mee pad te vat nie. 

Pretoria

leeu

Thu, 06/12/2018 - 15:12

Geesie, hoekom gebruik jy nie die buigbare sonpanele nie, dis baie ligter en jy plak hulle sommer vas op jou dak? Hoekom jou battery op jou dak sit, daar is baie plek binne die wa, onder een van die kassies, waar jy maklik kan bykom? Onthou om diodes te gebruik sodat die krag nie terug loop panele toe in die aand nie, hopenlik sal die reguleerder dit blok?

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Thu, 06/12/2018 - 15:30

Oom Leeu, baie dankie, daai buigbare panele is `n uitstekende idee, gaan hulle bietjie google en meer leer. Die plan vir die battery is iewers in die wa op die vloer so na as moontlik aan die aste, dink ek het myself net bietjie verkeerd uitgedruk.

Dankie vir die diodes raad, ek het dit al plek plek raak gelees en probeer steeds meer leer.

Oom klink of oom al met die ding te doen gehad het? en waardeer die raad.

Dit gaan nog lank beplan kos vorrdat ek die nodige fondse van die wyfie af verduister het. smiley

Pretoria

leeu

Fri, 07/12/2018 - 05:41

Hallo Gesie, ek is nie 'n kenner op die gebied nie en glad nie in my lyn van beroep nie. My vorige "off road" karavaan het drie sonpanele op die dak gehad, daar was een op toe ek hom gekoop het en ek het nog twee bygesit.

Dit het die oplig dakkie verskriklik swaar gemaak. Soveel so dat ek met my hele lyf moes opdruk as ek hom wou lig. Ek is seker dit het die swaardepunt gevaarlik hoog gemaak. Ek het maar altyd die twee water tenks vol water gemaak as ek gesleep het, want die 140L water was baie laag, net bokant die wiele onder die twee enkel bedtjies.

Daar is al baie geskryf oor die onderwerp op 4x4community. Ek is seker jy het al oor die onderwerp opgelees.

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 07/12/2018 - 05:48

More more oom Leeu, die panels is nogal gewigtig en ek dink daai voorstel van oom om te kyk na die buigbares is puik. smiley