TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74310 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dis nog nie buitensporig… Geniepsig Wildehont -1 hour ago
Die ou mense het mos altyd… Geniepsig Johann L -3 hours ago
Daarshy.  Die fietrsryers… My eerste Mahindra? Voortrekker -4 hours ago
Hier by ons nog nie juis… Geniepsig neef Herman -4 hours ago
Mooi man, onse XUV500 loop… My eerste Mahindra? Lapskag -5 hours ago
Lekker man.  Sovêr geen… My eerste Mahindra? Voortrekker -7 hours ago
Mabalingwe ook oop! Red Ons Kampeerbedryf Arie -7 hours ago

c

Jurgens tent

Waar my wa staan
Submitted by Arie on Tue, 11/12/2018 - 12:37
Forums

Meeste hier weet seker dat ek 'n nuwe tent by Jurgens gekoop het, en 9 maande moes wag vir die ding?

Ek het voor ek die tent ten 'duurste" by Jurgens bestel het, en 50% deposito moes gee, heelwat huiswerk gedoen.

Ja ek kon heelwat goedkoper wegkom, maar het gaan kyk by mense wat tente laat maak het by verskilende 'privaat" ouens en ek was net nie tevrede met die gehalte nie.

Toe ek nou so lank moes wag, nogals spyt gekry dat ek maar nie een by die ander laat maak het nie. Nou weer besluit daai wag was die moeite werd!

Ek het nog drie panele van my ou tent op die 'extension", sit ek vroeer hier op my stoep en bekyk die nuwe panele in vergelyking met die ou panele.

Die nuwe is beslis 'n baie fyner [digter] weef, die materiaal is amper glad, teenoor die ou wat so effens grof[?] is, mens kan redelik duidelik die weef patroon op die ouer een sien en omtrent glad nie op die nuwe.

Die nuwe panele assook die nuwe dakke is of die seil so effense glans op het, so effense blink in die son. Ons het onlangs nogal baie stof hier gehad met lekker sterk storm winde, kyk vandag, met die lekker reen, tent is silver skoon, alles afgewas! Die materiaal voel ook heel anders as die ou tent?

Die materiaal vir die nuwe tent was ingevoer van Nederland [nugter alleen weet hoekom?] maar soos hierbo  genoem, in my opinie beslis 'n baie beter klas materiaal as die vorige tent. Die kant panele wat stof op het vee mens sommer maklik met 'n besem af, hardnekige kolle, vryf Petra met 'n klam spons, en al die vuil is af.

Ja die tent was seker vrek duur, maar ek is nog nie een oomblik spyt gewees nie, "Money well spent"

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 11/12/2018 - 19:18

Daar moet ek met jou saamstem Arie.  Myne is die bruin wat net vir 'n rukkie op die mark was toe verander hulle dit na die silver/grys toe.