TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74310 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dis nog nie buitensporig… Geniepsig Wildehont -12 minutes ago
Die ou mense het mos altyd… Geniepsig Johann L -2 hours ago
Daarshy.  Die fietrsryers… My eerste Mahindra? Voortrekker -3 hours ago
Hier by ons nog nie juis… Geniepsig neef Herman -3 hours ago
Mooi man, onse XUV500 loop… My eerste Mahindra? Lapskag -4 hours ago
Lekker man.  Sovêr geen… My eerste Mahindra? Voortrekker -6 hours ago
Mabalingwe ook oop! Red Ons Kampeerbedryf Arie -6 hours ago

c

Gypsey Regal vol tent

Durbanville
Submitted by Erik on Sun, 16/12/2018 - 14:12
Forums

Ek het onlangs 'n 2006 Gypsey Regal Blue Series gekoop met ralley en vol tent, maar het tot dusver nog nie nodig gehad om die vol tent op te slaan nie. Nou doen 'n geleentheid hom voor en ek wil net graag weet of die sykante en voorkant vas aan die tent is of kan hulle na willekeur opgesit en afgehaal word?  Indien dit vas is kan die vensters oopgemaak word vir lugvloei of is dit slegs plastiek vir lig? Ek het die Jurgens paaluitleg prentjie wat nogal sin maak, maar die detail is nie daar nie en dit lyk my Jurgens was ook nogal snoep met hul handboeke en gebruiksaanwysings vir eienaars. Enigiemand wat kan help? Fotos dalk? Groot asseblief. Dankie.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 16/12/2018 - 20:06

Erik, ek glo dat die vensters kan oop maak op al die kante en ook voor panele. As jy nie betyds advies kry nie, sal ek voorstel, jy slaan die hele gedoente op in jou tuin,  ten minste kan jy dan ook op jou gemak alles merk soos dit jou pas.

Dit is, vir my, altyd raadsaam om 'n nuwe wa eers tuis als uit te pluis, dit spaar mens daai ongerief, van iets wat mag kort,  daar ver in 'n oord te probeer oplos. 

 

Heidelberg GP

StephanS

Mon, 17/12/2018 - 17:48

Erik, as ek reg is haal altwee venster kante af. Aan die voor kant haal een paneel af wat jy voorentoe kan skuif en dan is daar 'n ander paneel vir 'n deur. Die ander paneel aan die voorkant is vas aan die hoof tent.