Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -39 minutes ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -1 hour ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -1 hour ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -2 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -2 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -2 hours ago

Maart 2019 Koffiekroeg

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Eerste dag van Maart. Die tyd begin nou vlieg.

Lekker dag vir elkeen.

Centurion

Dusty

Sun, 31/03/2019 - 06:20

Johann, ek glo dat julle die verjaarsdagviering baie geniet het. Nou beging die inpak en om alles reg te kry vir julle lang reis. Geniet dit terdeë.

Dit is nou tyd om koffie te gaan maak.

0
Middelburg

Noel

Sun, 31/03/2019 - 07:02

Goeie more Stoffel en ander maters. Lekker mistig en koel vanoggend. Ry netnou lughawe toe. Ronell vlieg kaap toe om vir haar kinders te kuier vir 2 weke. Johan, glo hul het n lekker partytjie gehad en nou moet hul reg maak vir hul kaapse toer. Lekkerr!!

Mag julle n awesome dag sal he!! 

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 31/03/2019 - 07:09

Dit is 'n lieflike oggend, geen wind.   Die oord is 'n entjie vanaf die universiteit se kampus en dit het geklink of 'n klomp studente 'n partytjie daar gehad het gisteraand.  Tot in die vroeë oggendure was dit doef-doef Xhosa musiek.   Dit het my nie uit die slaap gehou nie, gelukkig, maar as ek wakker geword het, hoor ek maar net hulle gaan nog steeds aan.

Ek wil nou gaan stap, het gister oggend ape teëgekom en maar 'n wye draai om hulle geloop.  Ek hoop hulle is almal vroeë kerk toe vanoggend.

Ek wens julle almal 'n rustige Sondag, vol vrede en liefde.

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 31/03/2019 - 08:05

Goeie môre al julle goeie mense, mag julle jul Sondag geniet.👍 

Dankie, die verjaardagviering was 'n "surprise" vir my kind, sy het van niks geweet nie. Die vriend van Quiton (my dogter se vriend) het die lam op die spit gedoen, dit was die lekkerste spit wat ek nog ge-eet het.

Gesie, bly jy is weer terug met jou manewales😂

Vandag sal ek moet rustig wees, my rug is af na al die gewoel gister, en die wa en kar moet gewas word, eish, so baie om te doen, maar dit is mos net so lekker soos die haak en sleep, 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 31/03/2019 - 19:24

Naand sê Kampforum.

Glo julle het 'n rustige lekker Sondag gehad.  Lekker klein skeep pot gemaak en toe F1 gekyk.

Die petrol raak nou rof  😣

Geniet jou aand invrede.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus