6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -1 hour ago
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -3 hours ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -4 hours ago

Manyane Pilansberg

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Ek sleep môre so bietjie Manyane toe. Dit is my beurt om so bietjie leeg te lê en hopenlik diere te kyk.

Hopenlik onthou ek die keer die kameras en om paar fotos te neem. Ek het juis 'n poolnoodle opgesny om oor die venster te plaas sodat die kamera daarop kan rus. Mens kan nie die goedjies vashou. korrel en zoem, sonder om te bewe nie.

Groete

Wessel

Secunda

Sleep nou

Fri, 26/07/2019 - 10:53

The sort and the long het ook al negatiewe en posetiewe gehoor van Manyane gaan kamp neem fotos en vertel ons Wessel hoe dit waswink

Middag vriende

Ek is veilig terug van 'n lekker kamp in Manyane.

Die weer het saamgespel en dit was nie koud nie. Die terrain was redelik leeg en ons kon kies en keur waar om te staan, om die laaste ablusieblok, soos mens al verder inry.

Die terrein en ablusie is steeds netjies versorg en skoon. Pilansberg is selfs besig om die teerpaaie te lap, en die grondpaaie was in goeie rybare toestand.

Die wild raak skaars [seker opge eet] maar ons het wel van alles gesien, tot leeus, 'n luiperd en vir 'n vlietende oomblik 'n Cheetah.

Daar is wel 'n problem---en dit is sjebeen-lawaai op naweeks aande. Goeie griet, dit hou net aan en aan, deur die nag. Dit versuur nogal 'n mens se nagrus en doof alle moontlike naggeluide uit.

Tog sal ek weer gaan. Op ligte noot-- tot die fisante weet my Hilux is maar stadig, hulle stap oor die pad, inplaasvan om te vlieg tot anderkant.

Wessel    

Centurion

Voortrekker

Tue, 30/07/2019 - 08:50

Ja so 'n Shebeen lawaai kan lastig wees terwyl mens kamp - ek ken 'n paar sulke kampeerplekke waar mens Vrydagnagte tot vroegoggend lê en kwaito luister indecision

Môre vriende

Soos versoek, plaas ek so 'n paar fotos hier van my onlangse besoek aan Pilansberg wildtuin. Soms is mens net gelukig, soos die afgelope naweek waar ons sommer die 1ste dag al 4 van die 5 grotes te siene gekry het. Saterdag moes ons wag dat 11 leeus die pad kruis voor ons.

Groete  

Môre Chris B

Ek sien jy kla effe oor die paaie, en bevraagteken kampering by Manyane en Bagatla.

Ek sal graag wil hoor watter faktore gee aanleiding tot jou mening. Die paaie buite die wildtuin, die "gatvol" paaie binne die wildtuin, of voldoen die 2 kampe nie aan jou standaarde nie.

Ek het nou die dag die opmerking gemaak, dat vir mense soos ekself, wat gereeld vanaf 1995 Manyane toe gaan, alles OK is. Totdat ek die afgelope 3 maande by Dube en Willemsrus ook was. Skielik daarna kon ek sien dat Manyane se ablusie afsteek teen die nuwer plekke. Alles werk, maar in vergelyking vertoon dit nt nie so netjies nie. Algemene instanthouding van die kampeerplek het ook sy tol ge-eis.

Ek wou nie jou Noorde draad besoedel nie.

Groete

 

Pretoria

Geert

Thu, 03/12/2020 - 09:53

Ons het afgelope Oktober weer by Manyane gaan kampeer. Hierdie kamp is vir my net soos die wildtuin kampe....baie basies en oud. Ek geniet Manyane oor die feit dat ek by Pilanesberg se reservaat wil wees. As dit nie vir die reservaat was nie, sou ek seker nog nooit daar gaan kamp het nie....dieselfde met n plek soos Skukuza, as dit nie vir die wildtuin was nie, sou ek seker nooit soontoe gegaan het nie. Beide maak dit spesiaal om daagliks in die veld te kan ry  en in die natuur te wees. Manyane is by ons elke jaar op die lys, so ook die wildtuin Die atmosfeer by areas {Wildtuin en Pilanesberg} maak die kampeer by die oord heerlik

Middag Geert

Ek was ook die afgelope Oktober vanaf 8 tot 11de in Manyane.

Soos jy sê, vir ons bly dit maar lekker. Dis naby en dis wildtuin, met die groot vyf!!!

Groete

Pretoria

Geert

Thu, 03/12/2020 - 11:03

Wessels....ons was dieselfde tydperk daar. Ons was daar van die 7de tot die 12de. Ons het in heel laaste sirkel gestaan. 

Hello Geert

Ons het ook in laaste sirkel gestaan, net langs die ablusieblok, aan die Oostekant. Hilux en Kavango. Manyane was omtrent vol daardie naweek.

Wys jou net, die wêreld word al hoe kleiner.

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 03/12/2020 - 14:57

... ek het een keer by beide Manyane en Bakgatla gaan inloer - jare gelede. Beide was op daardie stadium in uitstekende toestand. Die res wat ek van "weet" is maar wat ek gelees het, veral op CPC se "ratings".

Ek bedoel die paaie in daardie rigting. Ek reken dit is té k@kerige paaie om met my ou karavaantjie te ry. Dalk is ons Wes-Kapenaars se standaard van paaie, waaraan ons gewoond is, tot ons nadeel as dit kom by die oordeel van ander paaie. Daarom ry ek 'n hengse ompad om uiteindelik by die N1 uit te kom.

Die N4, vanwaar jy afdraai op die N1, is in uitstekende toestand. Maar om selfs deur Rustenburg te ry met die terugkeer vanaf Sun City en die pad via Magaliesburg was maar 'n k.... ervaring.

Maar net 'n opinie van 'n bedorwe Bolander - wat kwaliteit van paaie aanbetref.

Middag Chris

Jip, julle Kapenaars is vrot bederf met goeie paaie.

Ons is al gewoond om slinger slinger te ry, bloot om gate te mis. Dan ry mens in die dorpe altyd met toe vensters. Veral as jy water in die strate sien, dit is die meeste van die tyd rioolwater.

Die ander probleem met toegang na Pilansberg en Sin City, is die los loop diere in die paaie. Ek ry nooit meer in die donker of skemer soheentoe nie.

Geniet die Wes Kaap, die binnelanders is oppad om julle te pla oor Desember, mits Cyril nie bollie aankondig vanaand nie. 

Groete

 

 

Worcester

Wildehont

Thu, 03/12/2020 - 16:07

Die toestand van die paaie in NW is nie van gister af so swak nie. Ek was in 2009 projek bestuurder op ‘n kontrak om die eerste twee bruê  (hoe spel mens dit?) op die R565 in die rigting van Boshoek, Suid van die R556 wat toegang aan Sun City gee, te verbreed voor die Sokker Wêreldbeker. Die NW regering het ons ophou betaal, en ons het onttrek voor die werk klaar was. 
Die pad van die N4 af Sun City toe het ek twee keer ‘n week gery en dit was toe al vrot. Ek kan nie dink dat dit nou beter is nie. 

Pretoria

Geert

Thu, 03/12/2020 - 21:09

Ek weet nie of ek al begin gewoond raak aan vrot paaie nie, maar vir my was die pad vanaf Pretoria na Manyane glad nie so sleg nie. Daar is paar gedeeltes waar die pad so golwerig ry, seker maar hoe die turf grond of wat ook al maar sy ding doen. Die ergste waaraan ek eintlik kan dink is die spoed hobbels in die woongebiede.

Middag Geert

Jy is reg, die paaie wat ons sleep na Manyane is nog in redelike goeie toestand.

Dis die N4, dan deur Bapong, Tsiting ens. Soos jy noem, hier en daar 'n gat, growwe oppervlak en dan die golwe. Laasgenoemde kan mens nogal onverwags onkant vang.

Ek sal weer volgende jaar, so van Maart af, daar gaan kamp. Dis nou net te warm. Dalk as weer saamspeel, moontlik vir dag gaan oor Kersfees.

Groete

Vaalpark

Johann L

Sat, 05/12/2020 - 14:39

Ons was in Feb 2020in Manyane, en het dieselfde as Geert ervaar, ek sal met my Penta maklik daar heen sleep. Mens moet net uit kyk vir die spoed walle ens.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus