Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

52308 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bandprobleem : Namibië en Botswana Toer Len Loader -35 minutes ago
Koos, dankie vir die… Namibië en Botswana Toer Johann L -2 hours ago
Pierre, my Penta, en ek glo… Sleep veilgheid "Tips en… Johann L -2 hours ago
Goeie middag mede forumiete… Mei 2019 Koffiekroeg Dusty -3 hours ago
Pragtig Shaun, sê mos altyd,… Kleinkinders, ons lewe. Johann L -4 hours ago
Willem, jy kan vir 'n bedrag… Ewiks afstand beheer praat… Johann L -4 hours ago
Stem, Hennie, as jy so… Die insident met Rambling Boy. Johann L -4 hours ago

Duitswes is lekker, Duitswes is goed

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on Fri, 08/03/2019 - 17:10
Forums

Hierdie ou liedjie van Randall Wicomb maal maar pal in my kop wanneer ek aan Namibië dink. Maar Duitswes het totaal en al onder my vel ingekruip. Daarom sien ek met kinderlike opgewondenheid uit na ons kort toertjie wat (DV) volgende Vrydag begin - skaars 5 maande sedert ons besoek aan Lüderitz/Kolmanskop ens. Weereens gaan ons nie sleep nie - die ou tydjie is te kort vir die lang afstande.

Hierdie keer is dit 'n bietjie verder noord - tot so ver as Hentiesbaai. Ons eerste skof neem ons tot Kroon Lodge by Kamieskroon. Ek sien uit om dié plek te sien, na Koos Mol se positiewe resensie hieroor. Saterdag steek ons die grens oor tot by Keetmanshoop en Sondag tot by Arebbusch Lodge by Windhoek - waar ons my seun en sy gesin ontmoet vir die res van die toer.

Vandaar is dit vir 4 aande Hentiesbaai toe - vir 'n volle drie dae se hengel. Kom ons hoop dit is eerder "visvang". 

Dan 2 aande in Swakopmund waar ek nog nooit was nie. Opgevolg met twee aande op 'n gasteplaas tussen Solitaire en Sesriem. Die plan is om Sossusvlei, Dooievlei en Sesriem Canyon te besoek van hieraf.

Dan begin ons terugkeer met een aand se oorbly in Bethanie en nog 'n aand by Noordoewer. My seun druk die volgende dag deur huistoe (Grabouw), maar ek en Ralie slaap nog een aandjie in Clanwilliam.

Ek is reeds besig om die inpaklys agtermekaar te kry, want eerskomende Maandag is nog 'n volle werksdag, die Hilux gaan Dinsdag in vir sy 70 000 km diens en Woensdag nóg 'n volle werksdag. Donderdag is dit inpak en Vrydagoggend roep die langpad.

Ek sal bietjie verslag doen na ons teruggekeer het, want dit sal waarskynlik maar 'n bietjie lol met data in Duitswes. Ons koop maar gewoonlik 'n Duitswes-simkaart sodra ons oor die grens is en verder is ons maar aangewese op plekke wat gratis WiFi beskikbaar het.

Hopelik kom ons darem met 'n paar van hierdie's terug.

HB

Port Elizabeth

Antie

Sat, 09/03/2019 - 13:22

Chris, hierdie is mos jou jaarlikse visvang ekspedisie na Namibië, waarvan jy al vertel het?  Ek was onder die indruk julle was altyd 'n span manne wat gegaan het.   Nou sien en jou vrou gaan darem ook saam.   Vang sy ook vis?

Ai, dit klink weer na 'n baie lekker toer vir julle.    Ek glo julle gaan dit geniet en ek sien nou al uit om jou verslag daaroor te lees.

yesyes

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 09/03/2019 - 21:04

..................nou verstaan ek hoekom jy nog werk : jy toer darem lekker die wêreld vol, dwarsdeur die jaar !

Geniet jou "Duitswes" en visvang-toer

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 10/03/2019 - 09:22

Chris, hierdie is mos jou jaarlikse visvang ekspedisie na Namibië

..... Ek het nog slegs drie keer in Namibië gaan hengel - elke keer saam met my seun en van sy vriende. As ek reg onthou was die eerste keer in 2008 en toe eers weer in 2017 en 2018. Na 2017 het ek my voorgeneem - nie weer nie. Die jongklomp maak dié ouballie gedaan. Maar toe die uitnodiging verlede jaar weer kom, dink 'n ou mos net aan die lekker en dadelik sê ek weer 'ja'. Daarna het ek my voorgeneem 'nie weer nie'. Maar ek het gedink aan die trips saam met die jonger manne.

Pas voor verlede jaar se trippie, ontwikkel ek simptome van "gout" in my regter-groottoon. Toe ek by die apteker kom en vra vir "gout"-pille, gee sy my sommer twee pakkies met die woorde: "Julle gaan tog nie net seewater snuif nie". Gelukkig het ek dit nie nodig gehad nie, maar nou ja, die jong manne snuif beslis nie net seewater nie. En ek is al tot 'n mate by daardie stadium verby.

Ons was bespreek by Oppi Dam by Oudtshoorn vir 20 - 27 Maart om die KKNK (iets wat ons nog altyd wou doen) by te woon. En skielik kom my seun met die vraag of ons nie lus het om saam met hom en sy gesin tydens die komende skoolvakansie Namibië toe te gaan nie. Sy voorgestelde reisplan sluit toe 4 nagte in Hentiesbaai in (versus ons 12 nagte met ons uitsluitlike hengel-trips). Aangesien Ralie al meer as een keer die hunkering uitgespreek het om ook Hentiesbaai te sien, is my arm dus weer baie maklik gedraai.

Ek sien uit na die drie dae van hengel in Henties, maar ek sien veral uit na dié plekke wat ons glad nie ken nie - soos Swakopmund, Sesriem, Sossusvlei ens.

My seun gaan sedert 2005 jaarliks visvang in Hentiesbaai. Hierdie trippie is té kort om sy hengellus te bevredig. Dus gaan hy (en nog 7 manne) weer mid-April Terracebaai toe. Hulle vlieg tot in Walvisbaai en huur daar twee 4x4 voertuie. Ons neem nou-al van hulle aas saam en los dit by 'n vriend van hom in Swakopmund.

nou verstaan ek hoekom jy nog werk

Ja Len - as ek die dag volwaardig met pensioen gaan, sal ek maar my toer-tande tot 'n groot mate moet trek. Maar dit is lekker soos ek tans werk. Die ou pensioengeldjies lê maar daar eenkant. Ek werk so 6 maande van die jaar en verdien 'n goeie kommissie - sodanig dat ek nog 'n bietjie kan aanvul by die pensioen ook. Die ander 6 maande (mid-Apr tot mid-Okt) is "my" tyd. 

Port Elizabeth

Antie

Sun, 10/03/2019 - 10:13

Vir my lyk dit jy en Ralie het sommer nog baie lewe in julle om oral heen te gaan.  Dan forseer die kinders julle ook nog om saam te speel.  yes    Gelukkig dat jy nog die inkomste kry om jul in staat te stel om dit so te doen.  Geniet dit terwyl julle kan.

Die wapad.

Koos Mol

Sun, 10/03/2019 - 10:32

Julle moet dit geniet. Sien uit na jou terugvoer want jy kom terug net voor ons vertrek.

Veilig ry.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 14/03/2019 - 17:02

Chris, julle is seker nou heel in die wolke, julle moet veilig ry more, en geniet die Namibia toer.

Ons kyk uit vir fotos van daai rekord vis wat een van julle gaan breek.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 30/03/2019 - 09:26

Ek het iemand op Hentiesbaai die volgende hoor sê: "As ek geweet het dit is só lekker om afgetree te wees, het ek nooit begin werk nie."

Na die afgelope trippie kan ek maar net saamstem. My verslaggie begin oor dié naweek.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 31/03/2019 - 10:26

En so breek die dag toe aan waarop ons die Hilux se neus noord druk - in die rigting van Namibië. My seun se voorstel was dat ons op Saterdag 16 Maart vertrek en ry tot Grünau. Vir hierdie outoppie was só 'n skof egter te lank, en ek en Ralie besluit toe om slegs tot Kamieskroon te ry. Net ter herinnering - ons het nie gesleep nie en die volle 14 dae in selfsorg-akkommodasie gebly. Na my vorige ervarings met Lekkeslaap, was dit 'n outomatiese keuse om weer van hulle webwerf gebruik te maak.

Toe Kroon Lodge opduik as een van Lekkeslaap se opsies in Kamieskroon, het ek dadelik onthou dat Koos Mol 'n goeie resensie oor hierdie woonwapark op dié forum geplaas het. Gevolglik was Kroon Lodge 'n voorkeur oornagplek. En ek kan getuig dat dit 'n puik fasiliteit is om hetsy in selfsorg-akkommodasie oor te bly, of jou wa af te haak.

KL

Ons het tipiese Namakwalandse gasvryheid ervaar vandat ons daar aangekom het, totdat ons die volgende oggend vertrek het. Ons het in een van die twee-bed eenhede gebly. Elkeen het 'n geboude braaiplek op die stoep, asook 'n wasbak. Die eenhede is nie toegerus met eet- en kookgerei nie, maar die eienaars noem dit by aankoms dat jy net moet kom vra wat jy benodig. Ons het nie eetgerei (borde, messe en vurke) saamgeneem nie. Dit is egter dadelik aan ons voorsien. Hulle't ook genoem dat ons net die skottelgoed in die wasbak moet plaas - hulle was dit self. Alhoewel daar nie lugversorging was nie, het 'n dakwaaier bygedra tot 'n aangename nagrus.

Terloops - die omgewing is tans uiters droog. Vanaf Klawer noordwaarts is die ou wêreld maar kaal en vaal. Maar die pragtige rotsformasies in die Kamiesberge verskaf 'n besondere bekoring aan die omgewing.

Ek het ook gaan loer na die kampeerarea. Ek onderskryf Koos Mol se resensie ten volle. Elke staanplek is afgebaken (ietswat knap) met sy eie braaiplek en wasbak. Die ablusies is van top-gehalte. Indien ek ooit hier sou verbyry met my wa, sal Kroon Lodge beslis deel van my reisplan uitmaak. Ek reken dit moet 'n puik standplaas wees om Namakwaland se blomme te gaan kyk in die blomtyd.

KL

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 31/03/2019 - 10:53

Na opvul met diesel by Kaap Agri se vulstasie op Kamieskroon (goeie prys), is ons vort tot by ons Wimpy-brekfisstop in Springbok. En vandaar tot by die grens by Vioolsdrif. Grens-formaliteite het maklik verloop. Aan die Suid-Afrikaanse kant is ek gevra om die bakkie agter oop te maak, maar na 'n vinnige loer is ons deur tot die Namibiese kant waar die paspoort- en padbelasting-formaliteite vinnig afgehandel is.

Met my vorige hengeltrips na Hentiesbaai saam met my seun, het ek al geleer om eerder 'n Namibiese simkaart (MTC) te koop en lugtyd daarop te laai. Ons het dit sommer by die eerste vulstasie by Noordoewer gedoen. Dit kos baie goedkoper as om "roaming" op jou Suid-Afrikaanse nommer in Namibië te gebruik. 'n Simkaart kos jou N$10 (m.a.w. R10) en 'n verdere N$40 gee jou 1 Gig data (geldig vir slegs 7 dae) wat ook insluit bykans onbeperkte oproepe na ander Namibiese nommers, gratis SMS'e (in Namibië) en bykans onbeperkte gebruik van WhatsApp. Jy kan dus nog met almal in Suid-Afrika (of waar ookal in die wêreld) per WhatsApp kommunikeer. En hulle netwerk is verbasend uitgestrek - selfs in die relatief afgeleë areas.

Ek het dadelik my Namibiese nommer aan my seun (wat toe ook reeds oppad was) gestuur. Hy't dieselfde gedoen toe hy deur die grens is, en gevolglik kon ons die volle twee weke gemaklik met mekaar kommunikeer. Ek en Ralie het vir Keetmanshoop gemik, terwyl hulle die Saterdag tot Grünau gery het. Hulle het by Grünau Chalets oornag (waar ons in Oktober oorgebly het) en ons het weer by La Rochelle Gastehuis in Keetmanshoop (waar ons ook in Oktober oorgebly het) geslaap.

La Rochelle is lekker sentraal geleë in Keetmanshoop. As jy nie self wil kosmaak nie, is die Spur binne loopafstand van die gastehuis. Ons het egter gebruik gemaak van hulle lekker braaifasiliteite.

LR

LR

Dit was maar warm in Keetmans, maar La Rochelle beskik oor 'n klein swembad waarin jy kan gaan afkoel (as jy bereid is om jou boeppens ten toon te stel - wat ek nie wou nie). Ons het eerder lekker in 'n horisontale posisie in ons lugverkoelde kamer gaan ontspan.

LR

Die gastehuis is teen 'n koppie gebou. Bo van die swembad af het jy 'n mooi uitsig oor die dorp.

LR

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 31/03/2019 - 11:49

Anton - Ek weet nie wat ek met die kwitansie gedoen het nadat hulle dit met die terugkeer geïnspekteer het nie, maar as ek reg onthou was dit R280.

Terloops - ek het vergeet om te noem wat ons akkommodasiekostes was by bogenoemde twee oornagplekke. Kroon Lodge het R735 gekos en La Rochelle se koste was R800.

Diesel is aansienlik goedkoper in Namibië. Ek het die oggend van ons vertrek R15.27/liter in Kleinmond betaal. Dieselfde dag het ek weer opgevul by Kaap Agri se Agrimark in Vanrhynsdorp @ R14.90/liter en die volgende dag by Kaap Agri in Kamieskroon R14.91/liter.

Dieselkostes in Namibië het gewissel tussen R13.21/liter (Swakopmund) tot R13.81 (Noordoewer).

Ek het sedert my terugkeer nog nie weer volgemaak nie, maar vanaf Kleinmond tot weer terug tot in Vanrhynsdorp was my gemiddelde brandstofgebruik 13.0 km/liter. Uit en tuis het ons 4 101 km gery.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 31/03/2019 - 12:19

Na aanleiding van die ander draad op hierdie forum.

My seun het my tydens vorige hengeltogte na Hentiesbaai daarop "attent" gemaak hoé populêr Toyota in Namibië is. Nou praat ek spesifiek van Hilux bakkies, Fortuners, Land Cruisers en Prado's. Ek en Ralie doen toe sommer so 'n lukrake proefneming terwyl ons ry. Sy maak toe 'n lysie van die verskillende vervaardigers o.a. Toyota, Ford, Nissan, Isuzu, Mitsubishi en Volkswagen. Ons het tussen Keetmanshoop en Windhoek 'n telling gehou en ook weer vanaf Swakopmund tot Sesriem en weer vanaf Bethanie tot Noordoewer. Ons het slegs voertuie met Namibiese registrasienommers getel (nie motors nie - slegs bakkies en SUV's).

70.1% was Toyota, Ford 18.9%, Nissan, 6.0%, Isuzu 3.1%, Mitsubishi 1.5% en Volkswagen 0.4%. By Hentiesbaai het ons enkele Land Rover's en so hier en daar 'n Jeep gesien. Alhoewel ons nie die 4x4's langs die see (die hengelaars) getel het nie, reken ek dat ek nie ver verkeerd sal wees as ek die Toyota's (ingeslote SA registrasies) op nagenoeg 80% skat nie.

Namibië is ongetwyfeld Toyota wêreld.

Waar my wa staan

Arie

Sun, 31/03/2019 - 12:43

Chris Toy is maar DIE voertuig in Afrika hoe verder Noord hoe meer Toy sien jy.

En ja ek bessef Namibia is nie Noord Afrika  nie.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 31/03/2019 - 12:46

Ek het tydens my vorige twee hengeltrips saam met my seun by Arebbusch Travel Lodge by Windhoek oorgeslaap. Dit was beide kere ons enigste oornagplek oppad Hentiesbaai toe (eina!! - vir my ou lyf wat nie meer sulke lang ente op 'n dag wil ry nie). Hierdie keer het ons afgespreek dat ons mekaar Sondagaand hier sal ontmoet. Wat 'n fantastiese akkommodasie-fasiliteit!! 'n Bietjie duur na my mening, maar puik. Hulle fasiliteite (swembaddens, tuine, restaurant ens) is 'classy'. Ek het hierdie keer ook na hul kampeerterrein gaan kyk. Uitstekend!! Hulle beskik oor gewone staanplekke asook luukse staanplekke - laasgenoemde met hul eie geriewe.

Ons het tuisgegaan in 'n 6-bed eenheid.

ATL

Jy kon nie vir 'n beter toegeruste selfsorg-eenheid wens nie.

ATL

ATL

ATL

Aangesien dit maar 'n warm dag was, kon die twee kleinkinders nie wag om by die swembad te kom nie.

ATL

ATL

Hulle baie netjiese restaurant bied 'n lekker buffet-ontbyt aan (en ook ander maaltye, maar ons braai gewoonlik in die aand).

ATL

En hier sit die ou klompie, lekker versadig na ontbyt (amper sê ek 'dikgevreet'). Reg vir die laaste skof Hentiesbaai toe.

ATL

Die koste vir ons verblyf het R2 865 beloop en die ontbyt het R580 gekos (al's vir 4 volwassenes en 2 kinders).

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 31/03/2019 - 18:19

Ons was net na die middag in Hentiesbaai waar ons 'n lekker gerieflike 4-slaapkamerhuis gehuur het teen R1 300 per nag.

HB

HB

HB

Ons het sommer nog die agtermiddag 'n lyn gaan natmaak - egter sonder enige sukses. Ons eintlike hengel-ekspedisie sou die volgende dag begin.

Ons is donker-oggend uit Hentiesbaai weg in 'n noordelike rigting vir meer as 100 km - vanwaar ons geleidelik gooi-gooi suid begin beweeg het totdat ons uiteindelik 'n kol gekry het waar die vis nogal lekker gebyt het. Ons eerste volle hengeldag was nogal 'n redelike sukses met 3 steenbrasse, 2 kabeljoue, 9 galjoene en 5 kolsterte.

HB

My seun het o.a twee mooi steenbrasse gevang.

HB

Kan jy glo - daardie draadkar Land Rover van my kleinseun, wat daar agter my seun staan, het wragtig olie gelek.

Ons was tevrede met ons eerste dag se poging. O ja, ek kan nie nalaat nie - Ralie het vir die eerste keer in haar lewe gehengel en 2 galjoene (weliswaar ondermaat, wat moes teruggegooi word) en 'n kolstert gevang, wat gehou kon word (hieronder).

HB

Ek was trots op my vrou.

Dag 2 was minder suksesvol met slegs 4 galjoene vir die dag, maar dit het die geleentheid gebied om sommer 'n lekker worsie langs die see te braai.

HB

Dag 3 het weer sy kant gebring toe ons darem weer 10 galjoene gevang het. Ons kon darem terugkeer Boland toe met 'n paar vissies wat darem so 'n maand of twee kan hou. Daar sal waarskynlik selfs 'n galjoen of twee in die wildtuin en by Eiland Spa ook gebraai word.