6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -21 minutes ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -34 minutes ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -50 minutes ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -53 minutes ago
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Traction control Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago

WilSur se Dube week

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ons het so 11:00 hier gestop en gehoor daar is 'n klomp staanplekke wat ons uit kan kies tot my guns is die gras staanplekke beskikbaar vir uit ruil.  Maar hulle is nie beskikbaar vir nuwe besprekings nie.  Surette wou nog 2 vat vir die fedammelie.

Ek is in my noppies, geen grond seil nodig.

.

Lankal besig met die ys 🍻 gaan nou vuur aansteek 🔥.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 18/03/2019 - 21:07

...................wat sal ek nou sĂŞ van so 'n lekker kampopset ?  Ek wonder wanneer sal dit weer vir my beskore wees terwyl ek nou so hier by die huis rondvroetel.

Willem, ek was nog nooit by Dube nie, maar dit lyk pragtig.  Hou ons asseblief op die hoogte met nog fotos.

Ns. Het jy by die Bestuur vasgestel of hulle dalk vir jou 'n verf-takie het want jy wil tog nie aan 'n onttrekkingsimptoom ly nie ?

Vaalpark

Johann L

Tue, 19/03/2019 - 06:44

Willem julle moet dit geniet, dit lyk heel gesellig👍

Len, baie skerp.

Ns. Het jy by die Bestuur vasgestel of hulle dalk vir jou 'n verf-takie het want jy wil tog nie aan 'n onttrekkingsimptoom ly nie ?

Secunda

Sleep nou

Tue, 19/03/2019 - 06:48

Willem julle moet n hond uit bos kamp daar by Dube ook op die mollers se bucket lys gooi nog so n foto of drie Willem

Centurion

Voortrekker

Mon, 25/03/2019 - 20:54

Hi Willem.  Ek het jou resensie gelees en merk op wat jy se van die beskikbare staanplekke ens.  As ek jou reg verstaan laat ek jou verduidelik wat die einaar met my gedeel het toe ons in Desember daar gekamp het.   Die manier hoe hulle te werk gaan wat beskikbare staanplekke aanbetref spruit voort uit baie jare se ondervinding en bied aan hulle die beste manier om almal gelukkig te probeer hou.

Die oord het, as ek reg onthou, omtrent 225 staanplekke, maar hulle laat gewoonlik net so 200 besprekings toe.   Hulle hou altyd min of meer 20 staanplekke oop om keuses te kan gee aan almal.  Dus, wanneer jy bespreek en daar aankom, sal hulle altyd vir jou 'n keuse gee vir ander staanplekke indien jy nie hou van die een wat jou toegeken is nie.  

Oom Gert, die eienaar, het 'n baie goeie hart en vertel my dat dit moeilik is om mense altyd gelukkig te hou, en daarom doen hulle dit so.   Self toe ek Desember gaan kamp het en die plek propvol was, was daar vir my 'n hele klompie ander staanplekke om van te kies indien ek nie gehou het van die een wat hulle vir my bespreek het nie .

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 26/03/2019 - 17:13

Ja ek het dit ook so verstaan, maar die houding van die personeel het my skoonsus gladnie impress nie.  Was net vir my snaaks dat die volgende oggend was dit vir hulle beskikbaar na dat hulle die vorige dag glad nie wou toegee nie.  

In my geval is ek ontevrede dat hulle geensins op my versoek gereageer het nie.  Die staanplek wat hulle oorspronklik aan my toegeken het kan ek nie gebruik het nie.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 26/03/2019 - 17:20

Paar foto's

.

.

Binne warem swembad, daar is ook een wat koud is en een wat lekker warem is, dan is daar ook 2 borrel badrens teen R20 vir 20 min.

.

Die put-put baan is lekker onder koelte bome, maar daar is nie ligte om inndievaand te speel nie.

.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 26/03/2019 - 17:37

Staanplekke

Daar is paar onder skadunet teen die een draad, dan is daar die luukse staanplekke onder skadunet en plaveisel met eie geriewe en ook 'n ys/vries kas.

.

.

Dan id daar ook met kleiner geriewe.

.

.

Dan is daar die ander staanplekke.  Ons het in 2013 hier gestaan, toe was dit nie 'n staanplek nie.  Nou is dit 103 wat gemerk is vir dubbel as karavaan.

.

.

.

.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 26/03/2019 - 17:46

Hier is die een wat vir my was ?  En daar is nie merke op nie.

.

Dan is daar die ou koue swembad.

.

Hierdie ou se self geboude kamper (RV) lyk goed, kyk die hele dak lig.

.

Dan nog so paar ander.  Volmaan.

.

.

.

 

Secunda

Sleep nou

Wed, 27/03/2019 - 06:25

Dankie Willem vir die mooi fotos ek sien dis n oord vir oud en jonk bly die oord het n paar groot staanplekke ou Solly behoort Dube geniet

MĂ´re Willem en Leeu

Vanaf die fotos lyk Dube na pragtige kampplek. Dalk moet julle bietjie meer uitwei waarom julle ongelukkig is met "bestuur se snaakse houding"

Willem: Daai swart gevaar van jou lyk te skoon. Mag mens nie daar met eie voertuig gaan wild kyk nie? Of is daar nie wild roetes om te ry nie.

Groete

Wessel

Centurion

Dusty

Thu, 28/03/2019 - 08:43

Wessel, jy mag met jou eie voertuig daar rond ry. Ek het weer toe ek daar was om 06:00 in die oggend die plek kruis en dwars gestap. Met die voertuig is daar net paadjies waarop jy kan ry.

Hi Willem, dankie vir die fotos. 

Nou sien ek nog meer uit na die lang naweek in April by Dube. Ons is 'n groep van 5 gesinne wat saam gaan kuier. Ons het staanplekke langs mekaar gekry.  

Groete

Solly

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus