Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

50684 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kaapse paaie Paas naweek kamp wessels -31 minutes ago
Stene en plankies Ongelyk kampplek wessels -40 minutes ago
Nou wat nou... Paas naweek kamp Lapskag -44 minutes ago
Sien nuwe penta by goefy… Jurgens Ci- DIE WAARHEID ski -47 minutes ago
Dinokeng Willem by Dinokeng Resort wessels -49 minutes ago
Dinokeng Resort Willem by Dinokeng Resort Willem Brits -1 hour ago
Julle moet dit geniet!!! Namibië en Botswana Toer HennieBo -1 hour ago

Opslaan van voltent!

Submitted by Frikadel on Mon, 15/04/2019 - 11:09
Forums
Gister besluit ons om te kyk hoe werk die Rapiet se voltent want ons wil hom volledig opslaan die langnaweek. Die Howling Moon het ons te veel bederf. Om die tent in te ryg is maklik, dis waar dit stop. Daar is pale, alle lengtes, kleure, vettes, mares, I'l kid you not!! Tente bestaan uit (splinternuwe) voltent met add a room en die rally tent met sykante. Nou gereel, gaan more na Echo sodat hulle die hele kaboedel opslaan en dan gaan ek daai pale merk want hulle is die kopseer. Enige advise oor hoe gemaak om hulle te merk?
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 15/04/2019 - 11:50

Nog nooit met dit gesukkel nie.  Ek het my hooftent pale, rally pale, silver seil en dan voor en agter dakkies se pale met "heat shrink" gemerk, nie watter paal kom waar nie.

 

Brits

wessels

Mon, 15/04/2019 - 12:23

Middag Frikadel

Ek het my onderskeie tente se pale almal per tent in 'n toeryg sak gesit. Voltent, rally, add a room 1 ensovoorts.

Dan kan jy natuurlik bostaande skets gebruik, of eie teken, en met verskillende kleure isolasie band jou pale merk.

Troos jou, jy kan die hele Paasnaweek speel en pale uitsorteer.

Groete

Wessel

Roodepoort

HennieBo

Mon, 15/04/2019 - 16:35

As die Rapier sy oorspronklike tent het dan is dit 'n L-shape wat dit bietjie anders maak, maar nie te moeilik nie.

Secunda

Sleep nou

Tue, 16/04/2019 - 08:50

Frik so 23 jaar terug het ek en Berdien n game tent gehad kom by De Voetpadkloof en toe moes ons die gedoende opslaan dis waar n huwelik getoets wordwink

Brits

wessels

Tue, 16/04/2019 - 09:18

Môre Frikadel

Nog raad vir jou is om onmiddellik alle oortollige pale apart te hou. Daar is niks wat mens so rond do...er as ekstra pale nie. Mens dink mos dat al die pale gebruik moet word.

Ek het te veel van fabriek gekry en eerste keer my blaker afgesukkel, tot ek van oortolliges ontslae geraak het.

Groete

Wessel

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 16/04/2019 - 11:51

................ons meestal net die rally opslaan (5 dae per kamp in die Wildtuin of 'n langnaweek iewers hier naby), slaan ons die voltent op as ons langer staan.  Ek het ook afsonderlike tentpaalsakke vir die voltent, die rally en die add-a-room.  Ek lê heel eerste ons grondnette uit en sorteer dan die tentpale, soort by soort op die grondnet uit. Dan ryg ek die tentdak deur. Ek begin by die drie knop-pale wat teen die karavaan vasskop en hulle stutpale en daarna pak ek die res aan soos wat ek hulle uitgelê het.  Ag neewat, dis kinderspeletjies.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 16/04/2019 - 11:58

Dit is hoe ek my pale gemerk het, dit is net om die hoof tent pale, rally pale, silver seil en dan voor en agter dakkies in hulle eie sakke te sit as als deur helpers op 'n hoop land of in verskillende sakke.

.

.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 16/04/2019 - 12:18

Dankie Len, dit hou vir my baie beter as die gom band (insolation tape) wat ander gebruik.

Julle sal ook sien my pale is nie daai blink aluminium kleur nie, ek het destyds al die pale laat Anodise wat lekker is dit geen niks af nie en word ook nie dof nie, selfs nie eers as ons 3 weke by die see gestaan het nie.

Waar my wa staan

Arie

Tue, 16/04/2019 - 14:01

Die Penta se pale is redelik die selfde. 

Daar is drie verstelbare pale wat van die karavaan uitskop vorentoe. Dan is daar twee stelle dwars pale wat bymekaar inskuif. Verder is daar drie pote maklik om uit te ken met die voeitjie onder. twee is vol lengte en die midelste een kan verstel net soos die pale wat teen die wa vaskom.

Niks is gemerk nie die pale kan maklik uitgeken word en links kan regs gaan of anders om, daar is net 8 pale vir die hele voltent. die ekstra tent vooraan se pale is presies die selfde as die hooftent en ook 8 pale, gooi almal los in die paal hour in die Penta.

Die Add- a -room het ook net 7 pale. Drie verstelbaar, twee pote en twee kort paaltjies, hulle is heel anders as die hoof tent se pale dus kan mens hulle nie verwar nie. gaan ook los saam met dire ander pale in die kas. Die add-a -room se pale pas ook net op een manier in die tent en dit is baie obvious waar hulle moet gaan. 

Geen pale is gemerk nie en ons het nog nooit gesukkel nie. Maak ook soos Len span grondseil le pale op hulle plekke, reig tent deur en daar is hy.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 16/04/2019 - 14:13

Dankie Arie, jy het my laat twyfel of 'n mens jou tentdak inreig of inryg.

Ek het pas geleer dit is inderdaad inryg met 'n lang "y".

Ek kritiseer nie, leer maar ook net self.

Net n vorderings verslag. Was gister by Echo, tent opgeslaan, al die pale gemerk en oortollige pale uitgehaal.

Dit is eintlik baie eenvoudig veral as mens nie hoef te soek vir pale nie.

Gaan die Rally tent stoor want ons gaan hom nooit gebruik nie, sal altyd die Howling Moon gebruik vir kort kampe.

Die Add-a Room gaan ek stoor, gaan hom nie gebruik nie, maar weet hoe hy werk.

Hooftent met sy gemerkte pale is al wat in die wa kom.

Dankie vir almal se raad.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 19/04/2019 - 17:28

Ek het my rally se pale vir ander goed gebruik, die hoof tent se pale werk vir my baie makliker,  het wel ook soos Willem,  my pale met "heat shrink" gekodeer, maar dit is om die kinders te help.wink

Die rslly se dak het ek laat ritssluiters in sit, nou gebruik ek die ralley net kante wat toe kan maak as dit reen, of koud is.