Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -6 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -7 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -7 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -7 hours ago

Buffelspoort, o Buffelspoort jou Lekker ding.?

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Ai lekker, ons vertrek DV Maandag 17 April tot 25 April na Buffelspoort vir 'n heerlike wegbreek. 

Omdat ons nie meer seisoen gebonde is nie, kan mens uit sien na 'n rustige paar dae met die kinders en kleinkinders.

Raak nou haastig?

bp

 

Ek glo julle het dit geniet Willem, ja ek stem nogal saam met jou,  Eiland se atmosfeer is onoortreflik.

Dit is net bietjie ver vir 'n kort tydjie, so lekker twee weke plus.yes

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 04/05/2017 - 09:55

Ek begin wonder waar om ons Desember bespreking vir 2018 te doen.  Ek dink sterk weer aan die Eiland.

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 17/05/2017 - 12:19

Johann die weer lyk puik daar sien kamp mooi skoon julle moet geniet en kamp n hond uit n bos

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 11/01/2018 - 14:13

Ek wonder hoe gaan dit daar by Buffelspoort?    Ek hoop die mense geniet hulle self so dat hulle sommer heeltemaal vergeet van die buitewereld wink

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 11/01/2018 - 19:53

Hehe, ja nee swaer, is swaar swaer, en so kom ons tot 'n skok agter more alweer oppak??

Ons het vir Christo (Pietpot) hier raak geloop, baie oulike mense. Hoop om hulle by Mabalingwe weer te sien.

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 12/01/2018 - 07:25

Gaan rus lekke Johann kamp n hond uit n bos geniet die kleinkinders braai lekke swem lekke kamp bly koning

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 12/01/2018 - 07:31

Gaan rus lekke Johann

LOL  Sleepnou -   Johann is oppad terug huis toe -  maar ek glo na die week se hard kamp gaan hy nou lekker rus by die huis laugh

0
Centurion

Dusty

Fri, 12/01/2018 - 07:39

Johann, ek glo dat jy die kamp geniet het.

Anton, jy laat my nou dink wat my skoonpa baiekere gesê het wanneer hy by my vir 'n week gekuier het. Die dag wanneer hy huistoe gaan het hy altyd gesê dat hy nou gaan rus sodra hy by die huis kom. Ek het dan vir hom gesê maar hy het dan niks by my gedoen nie. Sy antwoord was altyd dat net om vir my te kyk het hom moeg gemaak. ek is altyd besig met iets. Kan nooit net doodstil sit en niks doen nie.

0
Pretoria

Geert

Mon, 01/09/2025 - 21:43

Ons het afgelope naweek hier gekampeer. Blok B se badkamers is oorgedoen en lyk baie spoggerig

0
Worcester

Wildehont

Tue, 02/09/2025 - 07:54

Ek hou van Geert-hulle se minimalistiese kamp opset. Ek wens ek kan my vrou oortuig om ook so op te slaan. 
 

Daardie badkamers lyk werklik netjies!

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 02/09/2025 - 08:39

Baie dankie.

Ek hou van die braai met wiele.

0
Pretoria

Geert

Tue, 02/09/2025 - 13:25

Ek hou van Geert-hulle se minimalistiese kamp opset. Ek wens ek kan my vrou oortuig om ook so op te slaan. 

Ja...daar het nou sedert wildtuin iets bygekom....ysmasjienlaugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus