Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58553 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Soos julle kan sien is die… 1966 Jurgens opknap Miss Daisy -31 minutes ago
Daisy is weer terug. 1966 Jurgens opknap Miss Daisy -43 minutes ago
Sterkte Voorie. Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -4 hours ago
Jors se Kampstories op fb ... Jors se Kampstories op fb ... Willem Brits -4 hours ago
Ek moet seker nou maar my… Augustus 2019 Koffiekroeg Voortrekker -5 hours ago
Alles is nog nie verlore nie… Koebaai pensioen.. Wildehont -6 hours ago
Hi Len.

Julle moet julle…
Lennie en Addo Olifantpark,… Koos Mol -6 hours ago

Sleep veilgheid "Tips en tricks"

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Mon, 20/05/2019 - 20:41
Forums

Ek begin hierdie draad na aanleiding van wat met myself, en ook nou met Wildehont gebeur het.

Ek voel ons kan mekaar hier van nuttige wenke voorsien, ek sal begin met een, wat ek glo almal van bewus is, maar wanneer jy in die nood kom, nie altyd kop hou nie.

Eerstens, wanneer daar fout gaan met enige wiel van jou voertuig of gesleepte voertuig 

Bly kalm,

Moet onder geen omstandighede rem trap nie, haal jou voet van die versneller af, en laat die voertuig of kombinasie self tot stilstand kom.

Ratte kan tot 'n mate gebruik word, mits dit egalig gebeur.

Die enigste uitsondering op die reel is, sou jy in 'n groter gevaar "in stuur" as jy nie rem nie, dan rem jy so "sag'' as moontlik.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 20/05/2019 - 21:14

Ek weet dit is teenstrydig met wat almal sê.  Ek het my eerste karavaan Gypsey 4 laat '86 gekoop.  Met my eerste kamp terug van Durban karavaan park, ek het met '3.0L Ford gesleep en teen een van die afdraandes het die karavaan die Ford te vinnig gestoot en het die trein begin swaai.  Ek was onervare en het my g@t afgeskrik en onthou iemand het destyds vir jy gesê "trap die rem so hard en vinnig as wat jy kan, maar los dit dan tot die karavaan hom self rem".  Wel ek het dit gedoen en dadelik gevoel hoe die karavaan die kar begin rem, toe het die trein reguit getrek en kon ek geleidelik die trein tot stilstand bring.

Wel ek weet nie maar dit het my daai dag gered.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 21/05/2019 - 07:01

Met 'n swaai (fish tail) beweging: kan jy versnel, dit sal die kombinasie reguit trek.

Daarom, en vir baie ander redes, is jou spoed belangrik,  stadiger is beter, dit gee jou soveel meer opsies in 'n noodgeval.

Willem, jy moet op die presiese oomblik rem trap, wanneer jou kombinasie in 'n reguit lyn is, selde wat jy tyd kry vir daai wag. 

Secunda

Sleep nou

Tue, 21/05/2019 - 07:10

Band druk moet ook gereeld nagegaan word sowel spaarwiel, kyk ook na ouderdom van bande ek glo as hulle ouer as 5 jaar is vervang hulle maar daar is mense wat verskil vir my , en dan spoed ons soveel dradr op verskilende forums gehad oor sleep en spoed en hier se ek hou by n veilge spoed party vra wat is veilig vir my 100km/h

Centurion

Dusty

Tue, 21/05/2019 - 07:43

Wanneer ek sleep kyk ek na 'nreguit lyn wat horisontaal is op die karavaan in my tru spieêl. Dit wys my dat die bande nog reg (nie pap) is solank die lyn horisontaal bly. Weet nie of dit op 'n dubbel wiel ook sal werk nie

Worcester

Wildehont

Tue, 21/05/2019 - 07:54

Dankie vir die draad Johann!

Almal weet seker dat die meeste gewig in jou sleepwa voor die as moet wees. Die video wys duidelik waarom.

video

Môre vriende

Genadiglik was ek nog nooit in 'n slegte sleep situasie nie. Ek volg net 'n paar riglyne wat moontlik daartoe bydra;

1]maak seker jou kombinasie voldoen aan die wetlike aspekte van gewig. Die sleepvoertuig moet swaarder wees as gelaaide wa veral

2] pomp jou wa en jou sleepvoertuig se agterbande styf genoeg om gewig te hanteer

3] maak doodseker dat jou wa positief druk op jou sleephak, gewoonlik so 10% van jou sleepwa se bruto gewig.

4] moet nooit op 'n steil afdraende probeer verbygaan nie, veral nie die moerse trokke nie. Wag eerder vir 'n opdraende waar jy met 'n positiewe trek-aksie kan verbygaan.

5]  Ken jou kombinasie en kies jou spoed/ratte sodat jy genoeg reserwe krag het vir 'n noodsitusasie.

6] Pas jou sleepspoed aan by weer-, verkeer- en padtoestande.

Ek het net oor die afgelope 22 jaar van sleep gevind dat Geduld die grootste factor tot veilige sleep is. Indien moontlik sleep nie met voorwiel aandrywing nie, maar indien wel, wees ekstra versigtig as mens met 'n voorwiel aangedrewe voertuig sleep, sy gedrag verander baie meer met 'n wa, as met 'n agterwiel voertuig.

Groete

Wessel

 

  

Voor ek wegtrek skop, skop ek so twee keer aan elke wiel, check die ligte en flikkers en laat wiel.

Die res los ek vir die Groot Baas, OutSurance en AVBOB, meer kan ek nie doen nie want ek sleep teen die aanbevole spoed, my wa IS in goeie toestand, wiele vas, alles gediens ens.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 21/05/2019 - 09:06

Ons was saam vriende een jaar ATKV Natalia toe. (dit is waar ek Nico (Ski) ontmoet het)  Op pad naby Durban het die vriend gespog want hy haal sy voertuig uit rat en vry loop dan teen die afdrandes.

Ek het amper 'n "gaskit" geblaar toe hy my dit vertel.

Ek het nog net een keer swaai gekry op my eie wa met sleepwa saam en dit was veroorsaak deur verkeerd pak. Ek glo na dit ordentlike neus gewig en geen sleep probleme. As kind in die huis het ons n 1980 Gysey 3B gerol en na ondersoek het CI die wiele 60 mm terug geskuif in 1981 model. wa was te lig op sy neus veral as die kombuis nie gepak was nie

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 21/05/2019 - 16:58

Veilig sleep beteken vir my die volgende :-

  • Sorg dat jou wa en sleepvoertuig die dag voor jou vertrek skoon en netjies is, ook gevul met brandstof en bande na behore gepomp.  'n Trotse sleper is 'n veilige sleper
  • Toets jou ligte nadat jy aangehaak het en ook per geleentheid tydens jou rit
  • Moenie sleep as jy moeg is nie  -  probeer vertrek na 'n goeie nagrus
  • Moenie gejaagd wees nie - sorg dat die wa en sleepvoertuig reeds die vorige dag gepak is
  • Moenie te ver en te lank aanmekaar sleep nie, verkieslik tussen 500 en 1000km  maksimum per dag - geniet die rit
  • Probeer om nie na sononder te sleep nie
  • Sleep 'n veilige spoed van ongeveer 100kpu maar beslis nie vinniger as 110kpu nie
  • Wees altyd bedag daarop om draaie wyd te neem om voorsiening te maak dat jou sleepding tydens 'n kort-draai nie teen 'n randsteen, paal of ander voorwerp beskadig word nie
  • Moet nooit teen 'n afdraende verbysteek nie
  • Maak seker jy het voldoende reserwe krag beskikbaar vóór jy verbysteek
  • Hervul gereeld met brandstof om te voorkom dat jy nie op 'n gevaarlike plek sonder brandstof gaan staan nie
  • Tydens die rit en dit is veilig, beweeg maar oor in die geelbaan as dit breed genoeg is en ver vooruit sigbaar is om vinniger verkeer te laat verbykom.  As jy ongemaklik voel, moet dit dan liewer nie doen nie
  • Sorg dat jy die verkeer agter jou kan dophou, met verlengde spieëls of met 'n kamera-sisteem
Centurion

Dusty

Wed, 22/05/2019 - 05:22

beweeg maar oor in die geelbaan

Ek doen dit nie sommer maklik nie. Wanneer jy moet terugkeer na die ryvlak om watter rede ookal dan gee die ander padgebruikers nie vir jou 'n kans nie. Dit het al met my gebeur. 

Tydens die rit en dit is veilig, beweeg maar oor in die geelbaan as dit breed genoeg is en ver vooruit sigbaar is om vinniger verkeer te laat verbykom.  As jy ongemaklik voel, moet dit dan liewer nie doen nie

 

Al Len se waarnemings en raad is in die kol, maar bogenoemde is baie belangrik om te verhoed dat mense agter jou sit, sukkel om verby te gaan en dan gevaarlike kanse vat wat jou as sleeper kan betrek by n ongeluk.

Sal iemand tog net vir die proffie wat sy doktoraal gekry het in "Karavaan sleep" se dat dit nie teen die wet is nie, dankie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 22/05/2019 - 10:56

Dusty, dis hoekom ek van mening is as dit veilig is en jy gemaklik daarmee is om tog maar liewers effens na links te beweeg om dit vir verkeer van agter af makliker te maak om verby te steek.  Dit het ook die verdere voordeel dat verkeer van agter het 'n beter sig van aankomende verkeer en dit verminder riskante verbysteek-besluite.  Ek is van mening dat 'n meer gemoedelike pad-gebruiker hou veel meer voordele in as 'n rigiede besluit van "baste met verkeer wat van agter af kom, hulle moet maar sien en kom klaar".

Worcester

Wildehont

Wed, 22/05/2019 - 11:28

Het iemand ondervinding met Trailercuff? Dit lyk na 'n handige toestel wat veiligheid verbeter (keer dat jou wa loskom/afhaak) en sekuriteit verbeter want dit maak dit onmoontlik om die wa af te haak as dit gesluit is.

video

Middag Wildehont en ander

Ek sal nie sommer my wa aan my hak vassluit nie, bloot vir al die redes alreeds hier genoem.

Ek is nie bekommerd dat my wa van my voertuig af gesteel word nie. Tydens stoppe langs die pad, hetsy vir petrol ingooi en eet, is ek altyd by my kombinasie. Ek en beterhelfte maak beurte om toilette te besoek, en ons eet ons eie padkos.

Ek is egter meer bekommerd daar waar ek afhak en wa laat staan in woonwapark, terwyl mens in veld is, of op 'n uitstappie gaan. Ek sal nogal belangstel in iets om wa se hak toe te sluit sodat iemand dit nie net kan hak en padgee nie.

Daar was so iets op die mark, 'n tipe bal wat mens in die wa se klou pas en daar sluit. Wonder waar mens dit kan koop.

Groete

Wessel   

Wessel, die Trailercuff sal keer dat jou wa afhaak terwyl jy sleep en sal dus ook keer dat die wa jou sleepvoertuig inhaal en beskadig - tensy die wa se koppelstuk losbreek van sy A-raam. Daar is natuurlik mense wat sal verkies dat die wa loskom van die voertuig as iets met die wa fout gaan, so dan wil jy dit nie vassluit aan jou sleepvoertuig nie.

tch

Die Trailercuff Plus model kom met 'n plastiekbal wat jy in die Trailercuff  vasmaak nes jy lg. om jou sleepvoertuig se haak vasmaak, en dan in jou wa se koppelstuk sit. Jy sluit die Trailercuff dan vas aan jou wa met die ketting en dit maak dat jou wa nie gehaak kan word nie. Sien die fotos hier onder vir 'n beter verduideliking.

Op die 4x4community forum het 'n versekeringsassessor die ding met bobbejaanspanners, tange, beitels, hamers, skroewedraaiers ens probeer breek en hy kon dit glad nie regkry binne 5 minute nie (wat hy reken die tyd is wat 'n dief gaan bestee). Hy reken dit sal met powertools gebreek kan word uiteindelik maar dit sal 'n dief in 'n redelik openbare plek sekerlik nie doen nie.

Daar het 'n aantal manne ook die ding gebruik terwyl hulle oral oor Suidelike Afrika gereis het en al negatiewe kommentaar was dat die slot stof vat op grondpaaie. Die oplossing daarvoor is om 'n fietsbinneband oor die slot te trek. 

Op Takealot (en op www.trailercuff.co.za) kos die hele stel met die plastiekbal en slot net so onder R1 500. Ek dink ek gaan vir my een kry.

 

tc
Dis die Trailercuff Plus, die slot wat ingesluit is daarby is net nie op die foto nie
tc1
So lyk dit as die bal vasgesluit is in jou wa se coupling. Dit werk op die toe handvatsels ook
Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 22/05/2019 - 14:09

Len, en ander sleepers, ek het altyd na die geel baan oor beweeg vir vinniger verkeer,  op 'n stadium het ek van plan verander, en net gedink, "jy moet maar geduld beoefen" maar het maar baie gou weer daarteen besluit.

Wil nie hê daar moet 'n ongeluk gebeur as gegolg van my nie, so, het ek op my toer verlede maand gesien,  wanneer trokke vir my plek maak, en ek is hywerig om heeltemal verby te steek, dan het die aankomende verkeer ook na die geel baan oor beweeg. Dit het natuurlik net in die kaap gebeur.

Bestuur op ons paaie is bedagsaamheid die wagwoord sou ek dink.

Middag Wildehont

Dankie vir al die info. Sal bietjie gaan verder loer op internet.

Groete

Wessel