Nou ja, ek gaan my karavaan oor twee weke Pretoriuskop toe vat vir 'n heerlike bederf in die wildtuin, nou het ek twee vrae.
1. Waar kan ek naby die ingang oorslaap om daar in te gaan?
2.Wat is die beste roete vanaf Nelspruit omgewing tot in Pretoriuskop?
Ek het plek gekry vanaf Maandag 17, tot Sondag 23 Junie, my gedagte is dus, ek moet so na 12:00 in Pretoriuskop wees om die mense tyd te gee om uit te gaan na die lang naweek?
Weer eens............
Weer eens, dankie Johann, ons kuier nog steeds lekker saam !
So toer ons saam
Dankie Johann so toer ons lekke saam het jy enige wildehonde gesien did iets wat ek nog nooit in lewende lywe gesien het nie
Die wilde honde het ons…
Die wilde honde het ons hierdie keer ontwyk, al het ek 'n botteltjie Coke aan die eerste "spotter" beloof.
Ons het wel 'n luiperd gesien, maar dit was onmoontlik om 'n foto in te kry, behalwe dat hy bly beweeg het, het sommige voertuie gevoel dit is hul reg en plig om alleen sig te behou. Een ou het selfs kwaad geraak vir my omdat ek dit gewaag het om 'n treetjie vorentoe te beweeg, met die hoop dat my kleinkinders ook kan sien.
Hy trek sy voertuig in die pad, kyk stip voor hom, en sit sy sit, toe ons en ander vir hom lag, toe ry hy.
Dankie vir die lekker kyk na…
Dankie vir die lekker kyk na Oom Paul se plaas diere.
Hoe was die temp. in die aande om die vuur ?
Lekker man!
Dankie Johann, manne soos julle hou ons gemotiveerd hier op kantoor!
Die dae was baie warm, saans…
Die dae was baie warm, saans het die temperature verbeter en selfs koel geraak, warmste wat ek aan getrek het was 'n ligte sweetpak.
Sou graag so lekker sood party van ons lede wou vertel, maar ek laat maar dat die fotos die ding doen😄
Mens is op daai oomblik wat…
Mens is op daai oomblik wat jy 'n besonderse dier sien, vies vir die "selfsugtiges", maar, kan mens hulle regtig verkwalik?
Ek het wel paar keer, wat ons leeus gesien het, ook by die haiena, gewag tot iemand anders opdaag, en dan vir hulle die "sighting" uit gewys, en my ry gekry om ander ook die geleentheid te bied, hoe eerbaarlik van my![]()
Gawe Johann
Môre Johann
Dankie vir al die mooi fotos.
Ek sal dit geniet as die hele wildtuin met jou tipe kyker beset was. Wat 'n mooi gebaar om wild te wys en dan aan te ry om ander kans te gee.
Daar is by-wette wat meld dat in so 'n geval jy vir 'n maand kwytgeskeld is van kerkkollekte bydrae.![]()
Wessel
vir 'n maand kwytgeskeld is …
vir 'n maand kwytgeskeld is
Hahaha! En van skottelgoed was ![]()
Wessel, dink jy nie dit was…
Wessel, dink jy nie dit was baie eerbaatlik van my nie, ek verdien die troffee vir die maand😂
Eerbaarlike Johann
Middag Johann
Ek sal jou rerig aanbeveel vir trofee van die maand: Voortreflike gedrag in KNP.
Dalk moet daar geen verwysing wees na moontlike taalgebruik op gegewe oomblik nie, of hoe?
Wessel





Baie dankie Johann vir al…
Baie dankie Johann vir al die vertel en foto's!