Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -1 hour ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -1 hour ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -9 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -10 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago

Pretoriuskop.

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Nou ja, ek gaan my karavaan oor twee weke Pretoriuskop toe vat vir 'n heerlike bederf in die wildtuin, nou het ek twee vrae.

1. Waar kan ek naby die ingang oorslaap om daar in te gaan? 

2.Wat is die beste roete vanaf Nelspruit omgewing tot in Pretoriuskop? 

Ek het plek gekry vanaf Maandag 17, tot Sondag 23 Junie, my gedagte is dus, ek moet so na 12:00 in Pretoriuskop wees om die mense tyd te gee om uit te gaan na die lang naweek?

Secunda

Sleep nou

Tue, 25/06/2019 - 07:47

Dankie Johann so toer ons lekke saam het jy enige wildehonde gesien did iets wat ek nog nooit in lewende lywe gesien het nie

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 25/06/2019 - 08:22

Die wilde honde het ons hierdie keer ontwyk, al het ek 'n botteltjie Coke aan die eerste "spotter" beloof.

Ons het wel 'n luiperd gesien, maar dit was onmoontlik om 'n foto in te kry, behalwe dat hy bly beweeg het, het sommige voertuie gevoel dit is hul reg en plig om alleen sig te behou. Een ou het selfs kwaad geraak vir my omdat ek dit gewaag het om 'n treetjie vorentoe te beweeg, met die hoop dat my kleinkinders ook kan sien.

Hy trek sy voertuig in die pad, kyk stip voor hom, en sit sy sit, toe ons en ander vir hom lag, toe ry hy.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 25/06/2019 - 18:46

Die dae was baie warm, saans het die temperature verbeter en selfs koel geraak, warmste wat ek aan getrek het was 'n ligte sweetpak.

Sou graag so lekker sood party van ons lede wou vertel, maar ek laat maar dat die fotos die ding doen😄

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 25/06/2019 - 18:54

Mens is op daai oomblik wat jy 'n besonderse dier sien, vies vir die "selfsugtiges", maar, kan mens hulle regtig verkwalik? 

Ek het wel paar keer, wat ons leeus gesien het, ook by die haiena, gewag tot iemand anders opdaag,  en dan vir hulle die "sighting" uit gewys, en my ry gekry om ander ook die geleentheid te bied, hoe eerbaarlik van mywink

0

Môre Johann

Dankie vir al die mooi fotos.

Ek sal dit geniet as die hele wildtuin met jou tipe kyker beset was. Wat 'n mooi gebaar om wild te wys en dan aan te ry om ander kans te gee.

Daar is by-wette wat meld dat in so 'n geval jy vir 'n maand kwytgeskeld is van kerkkollekte bydrae.laugh

Wessel

0

Middag Johann

Ek sal jou rerig aanbeveel vir trofee van die maand: Voortreflike gedrag in KNP.

Dalk moet daar geen verwysing wees na moontlike taalgebruik op gegewe oomblik nie, of hoe?

Wessel

 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus