Nou ja, ek gaan my karavaan oor twee weke Pretoriuskop toe vat vir 'n heerlike bederf in die wildtuin, nou het ek twee vrae.
1. Waar kan ek naby die ingang oorslaap om daar in te gaan?
2.Wat is die beste roete vanaf Nelspruit omgewing tot in Pretoriuskop?
Ek het plek gekry vanaf Maandag 17, tot Sondag 23 Junie, my gedagte is dus, ek moet so na 12:00 in Pretoriuskop wees om die mense tyd te gee om uit te gaan na die lang naweek?
Nog fotos: Ons het heelwat…
Nog fotos:
Elke keer wat ons een sien, dink jy onwillikeurig aan die ou grote wat met sy / haar lewe moes betaal vir 'n totaal onnodige verpesting wat geen gewete het nie.
.
Dankie sover Johann, baie bly julle het dit geniet en was gelukkig om baie wild te sien. Pretoriuskop is 'n lieflike kamp, maar wild was in die verlede maar skaars - juis daarom is ek bly 'n verandering het ingetree en die wild was volop.
Ek is nuuskierig, het julle toe in en uit Numbi-hek oorweeg en indien wel, hoe het julle dié pad na Witrivier ervaar ?
Ons kort nog fotos van julle kampopset.
Len,ja,ons het toe by Numbi…
Len,ja,ons het toe by Numbi hek in gegaan, die pad was in albei rigtings (in en uit) stil, die probleem was daai ongemerkte spoed walle, maar mens moet dit net baie rustig vat deur die dorp.
Een oggend, toe ek van die stort af terug stap wa toe, vang my oog iets vreemds agter by die sleep haak, stap toe nader, en met 'n skok sien ek die bout wat die haak met die verwyderbare deel in pkek hou, hang heeltemal los, net aan die laaste stukkie skroef draad, dit sou nie 'n meter se ry hou nie.
Ons moes dadelik Melelaan toe om 'n "lognut'' en sluit pen gaan soek. Dit het my totaal omkant betrap, en op nuut laat besef noe belangrik dit is om ALLES gereeld na te gaan.
Nog fotos volg so deuf die dag
Dankie
Dankie Johann, bly julle het probleemvry van Numbi gebruik gemaak.
Numbi was destyds die hoof-hek na die Kruger Wildtuin, nog voor die Kruger-hek en later die Phabeni-hek geopen is. My werkgewer was in daardie jare nog Volkskas en ek was deel van die inspektoraat. Volkskas het destyds 'n Skukuza-agentskap bedryf wat vanaf Witrivier bestuur is. Daar is elke dag Skukuza toe gery en die middag weer terug, deur Numbi-hek. My taak was daar in 1970 om die Skukuza-agentskap te oudit. Dit was natuurlik 'n heerlike werkopdrag. Ek wyk af, uit my kinderjare onthou ek hoe ons die grondpad Numbi-hek toe aangepak het om in die stikdonker voor die hek te wag om te open.
Numbi-hek het dus nog al die jare 'n nostalgiese verlange vir my.
Miskien....
Johann, miskien is ek outyds (ek is mos al bejaard), maar ek vertrou nie daardie verwyderbare sleephaak nie. Ek weet feitlik all nuwe voertuie kom standaard daarmee uit, maar gelukkig het my Pathfinder nog die outydse Bosal trekstang wat permanent vas is. Maar selfs hierdie trekstasnge is met boute aan die onderstel geheg en verg gereelde inspeksies om seker te maak 'n bout of sy moer het nie verloor nie.
My seun het 'n Honda Accord gehad met so 'n verwyderbare hak. Die sluitpen word met 'n stewige knip (geheg aan 'n kettinkie) in plek gehou, maar selfs dit maak my bang.
Ons het so lekker gekuier,…
Ons het so lekker gekuier, dat tyd my verlaat het😂 Saterdag vra ek my vrou om vir "more" vir ons van die oorbly braai vleis op toebroodjies te sit, en sommer stukkies wors saam te pak, dan kan ons by Afsaal lekker gaan sit en koffie met heerlike broodjies geniet.
Nou dit is toe waar die ontnugtering in kom, sy vra my, nou watter pad gaan ons terug huis toe ry😢
Wow....
Wow Johann, sommer 'n windgat lig wat jy daar het ! Is dit 'n 12v of 220v lig ? Jy het dus geen verskoning om die vleis en braaibroodjies te verbrand nie !
Die kleingoed interesseer my altyd in die Wildtuin. As die gery tot 'n einde kom, speel hulle heerlik in daardie sand/stof !
Is jy tevrede met die herstelwerk aan jou wa - kon jy van iets agterkom wat fout is ?
Het julle...
Johann, het julle iets interessants gesien in die paadjie om die Shabeni-koppie (op die S3) en wat van die Fayi-omrit, onder-om P/Kop ? Net na die hervestiging van renosters in die Kruger Wildtuin in 1960 (toe ek in st.6 was), het ek my eerste renoster op die Fayi-omrit gesien. Die boma waar hulle destyds eers in kwarantyn gehou is, is nou nog sigbaar aan die regterkant op die Voortrekkerpad Afsaal toe.
Ek wil nie Johann se draad…
Ek wil nie Johann se draad kaap nie maar begin wonder oor staanplek volgende winter skool vakansie, miskien moet el dit deel met ATKV Eiland Spa ? Gaan dié jaar Letaba toe en wil graag Noord bly, weg van die koue ? Dink aan Satara ?
Nog fotos
Willem, Satara en Singwedzi…
Willem, Satara en Singwedzi is my gunstelinge, ek kon nie plek kry die jaar nie. My naam was van Januarie af op 'n wag lys vir enige kamp, en nee, jy kaap niks, dit is deel van gesprek voering👍
Willem...
Willem, Satara is 'n goeie keuse ná Eiland Spa - dis 122km vanaf Phalaborwa-hek. Satara is 'n baie populêre kamp met baie wild in die omgewing en wild-besigtiging paaie in 360º om die kamp. Ongelukkig is die kampeerterrein iewat stowwerig en die kragpunte is swak versprei. Maar ons het nog altyd heerlik daar gekamp. Jy sal egter baie betyds moet bespreek.
Ai Johann...
...............baie dankie, dit was 'n heerlike kyk. (Ek hoop daar is nog - het jy nog so 'n ietsie van julle kampopset ?)
Len, ek moet erken, dit is…
Len, ek moet erken, dit is iets wat ek baie slap op was, nl daai verwyderbare haak, maar dit is nou 'n hoë prioriteit. Hierdie neiging van verwyderbare sleepstang staan my ook glad nie aan nie, rn veral nou, nog minder.
Om die kopie het ons net zebra, kudu, duikers, rooibok en klipspringers gekry, daar was spoor van 'n luiperd, maar met al ons soeke het, sy ons ontwyk.
Die lig is 220v 10w LED, ek is besig om vir my 'n soort gelyke lig van 12v LED te maak, het reeds die driepoot staander waarvan ek die 220v lig af gehaal het. Dit was een van daai wat so verstelbaar was, van kleur en ook vaste wit, maar dit was maar swak vir buite gebruik.
Ons kleinkinders het ons verbaas, Adriaantjie is darem gewoont aan wild, maar Armand, nou twee en 'n half, het ons voete onder ons uit geslaan, hy ken selfs die verskil (nadat oupa so twee keer verduidelik het), die verskil tussen 'n kudu, rooibok en selfs duikers. Ek vermoed, hy aard na sy oupa
, al wat hy op tv kyk, is diere, toe gegee, in die stadium nog net animasie, maar dit is al waarna hy kyk.
Nog so foto of twee.
Dankie Johann, Len …
Dankie Johann, Len
stowwerig en die kragpunte is swak
Die stof pla my nie maar daai kragpunte wel. Aan die anderkant kan Letaba ook weer doen ?
In die aande, wanneer ons om…
In die aande, wanneer ons om die vuur sit, kon die tweetjies nie uit gepraat raak oor wat hulle vandag gesien het nie, Armand het een aand sy ouma se bril so ewe af gehaal, en op genoem wat hy alles gesien het, so as of hy wil sê "ouma se bril druk haar ore toe😂"
Tyd vir fotos by die kamp self was min, ons het elke aand eers die kleinkinders na die winkel gevat vir 'n roomys en koeldrankie, dsn word daar vuur gemaak, en gekuier.





Dit was, behalwe vir die…
Dit was, behalwe vir die nare ervaring bo genoem, 'n wonderlike kamp, as dit nie reeds vol was nie, het ek langer gebly. Ons het alle behalwe cheetah gesien.
Verby kom was onmoontlik, die petalje het hom op 'n drie rigting kruising af gespeel, met buffels wat al drie paaie geblok het, met bedonderde gesigs uitdrukkings die voertuie weg gehou het. 'n Trop van so dertig plus,het wag gehou rondom die kawers wat gerus het, absoluut wonderlik om te ervaar.
Olifante was redelik volop, maar dit hly 'n belewenis om te asnskou.