Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Padlangs en ander nuwe lede Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -54 minutes ago
Pannetjie braai Kuier maaltyd Geert -1 hour ago
Moet wees Geert Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Moenie uitstel nie, Wessel Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Warm Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Gewaarborgde koelte boom.... Kruger 2026 Wessel Strydom -2 hours ago

Julie 2019 - Koffiekroeg

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on
Forums

c

Koffie enigiemand? 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 01/07/2019 - 19:13

Dit is goeie nuus aan die eenkant, sterkte daar.

Ja die wind het ook goed geblaas hier in Pretoria, het skoon gedink dit is al Augustus.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 01/07/2019 - 20:32

Herman, bly 'n knievervanging is nie nodig nie.  Hoop die ongemak verdwyn eersdaags  -  die koue weer help ook seker nie.

0
Centurion

Dusty

Tue, 02/07/2019 - 05:13

Goeie môre.

Tee is lekker hier op die koue dag. sien die temperatuur was vanoggend vanaf die N1 tot by my kantoor hier in Kempton 2°.

Lekker dag en trek maar warm aan

0
Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 02/07/2019 - 06:04

Môre al die mense van onse kampforum, dit bly darem 'n mooi gesig as iemand met sy kombibasie al net na 5 in die oggend op die N12 rigting oos ry en vol gepak is. Hulle gaan seker iewerste lekker kamp. Glo hulle sal veilig ry en julle moet die koffie en die Dinsdag lekker geniet waar ook al julle is.

0
Pretoria

leeu

Tue, 02/07/2019 - 07:03

Goeie môre almal, dit is lekker koud hier in Johannesburg. Darem nie te erg nie, ek dink na die winter kamp saam met Kampforum is ek nou gewoond aan die koue, so te sê ge-klimatiseer.

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 02/07/2019 - 07:11

Ons het gister aanhoudende reën gehad vir 'n paar ure.   Dit is koud vanoggend.

Ek hoop almal geniet hul dag en bly warm.

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 02/07/2019 - 07:26

Ja dis lekke koud drink maar daai lekke koppie koffie of tee vanoggend lekke dag vir almal

0
Middelburg

Noel

Tue, 02/07/2019 - 07:37

Goeie more almal. Lekker koud vandat ek in middeljarige is waardeer ek winter meer as wat ek jonger was. Leeu en Dusty, julle is welkom om by Wilsur saamtrek te kamp in Okt. Hoop ons sien julle daar.  Lekker dag vir almal laugh

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 02/07/2019 - 07:46

Goeie môre kampforum, ja hier is dit ook ordentlik koud vanoggend, ek sien my gras is wit van die ryp,  die meeste nog die winter.

Geniet jul dag vol uit, die somer is op pad.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 02/07/2019 - 08:29

Goeiemôre almal!  smiley

My aarde, maar dit is koud en winderig hier by ons.  Ek dink die winter is nou hier.

Lekker dag vir almal en moet asseblief nie stout wees nie!

Ek gaan vandag my Macbook se HDD clone en dan vir hom 'n 1TB  SSD installeer - ek hoop ek kry die job gedoen. frown

 

Groete!

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 02/07/2019 - 09:18

Goeie môre Suid-Afrika !

Dit was heerlik om vanoggend Die Burger by die voordeur op te tel en 'n positiewe hoofopskrif te lees : "Die boere kan maar saai met dié reën".  Die afgelope maande was dit net negatiewe beriggewing.

Ons vrek ook maar van die koue hier in die Weskaap en die lastige wind maak dit net erger.  Maar ons verdra dit want daarmee saam kom die reën.  Ons het gister 'n blaaskans gehad (vanoggend 1mm uit die reënmeter gegooi), maar alle aanduidings is dit gaan nog tot en met Donderdag nog reën.

Geniet jou Woensdag, waar jy ookal mag wees.

Voorie, ek hoop jy kom reg met die installering en kloning van die DDT op jou rekenaar.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 02/07/2019 - 13:13

......dit was môre se boodskap, maar jy en die ander kan dan maar vandag ook geniet.

Ouderdom is nie vir sissies nie !

0
Centurion

Dusty

Wed, 03/07/2019 - 03:50

Goeie more.

Tee is lekker en die koffie masjien is aan die gang.

Vanoggend darem so 'n paar grade warmer as gisteroogend.

Lekker weekbreker vir elkeen

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 03/07/2019 - 07:05

Goeie môre Stoffel en almal wat wat nog gaan kom groet, julle moet 'n great dag geniet.

Hier voel dit ook warmer as gister, maar tog was my bad kamer kraan se water vir 'n paar sekondes stadig.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus