Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lig my laphoedjie.... 2025 Wonderland 45 Wessel Strydom -5 hours ago
wapen lisensie My nuwe voertuig Wessel Strydom -5 hours ago
Pragtige fotos 2025 Wonderland 45 Geert -5 hours ago
Dapper pa! 2025 Wonderland 45 Rona du Plessis -5 hours ago
Goeie Hout Nog lekker hoender resepte Rona du Plessis -6 hours ago
Raai wat's vir aandete vanaand. Nog lekker hoender resepte Goeie Hout -6 hours ago

Julie 2019 - Koffiekroeg

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on
Forums

c

Koffie enigiemand? 

Centurion

Voortrekker

Mon, 08/07/2019 - 07:47

Sit ek nou al 'n geruime tyd en dink aan julle en wonder hoe gaan dit ?   Jy is baie stil Slowstrike.  Het julle al mooi herstel en hoe lyk die vooruitsigte om weer te kamp?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 08/07/2019 - 09:38

Ek sal 'n bietjie later kom groet  -  probeer om die vroeg-oggend groetery te versprei oor die dag.  'n Mens kan tog nie 'n Koffiekroeg heeldag oophou en niemand kom gesels nie.

Maar, soos die statistiek weer eens (twee woorde) sal bewys, nie een van die ouens wat reeds gegroet het, sal weer hier kom loer nie.  Kom ons kyk.

0
Pretoria

Slowstrike

Mon, 08/07/2019 - 12:29

Danie - hoe gaan dit?

Dag Anton...en al die anner kamp vrinne

Ek lees maar so nou en dan. Is vreeslik besig met werk en het `n reuse projek wat moet klaarkom. Ek het darm `n nuwe sleepding gekoop. Ford Ranger 2.2 Kon nie `n nuwe Mazda 3.2 bekostig nie en wou nie skuld maak nie dus was die Ford maar die enigste uitweg.

Wat die gesondheid aanbetref is dit maar `n treurmare. My vrou het genadiglik volkome herstel behalwe vir die kaal kol op haar kop waar die hare nou nie meer wil groei nie smiley maar ek sukkel nog so effe. Het weer `n operasie aan die gewrig gehad wat hopelik meer suksesvol was as die eerste twee en die skouer is op vir  vervanging. Voor dit gebeur moet ek eers die fight wat ek aangeknoop het met die groot K afhandel. 

Ek is nou so mooi maer die vrou se vriendinne wil almal weet watter dieët ek volg. 

Ons is nog elke dag ons Skepper dankbaar dat ons nog hier is en glo dat ek heeltemal sal herstel. Ons word geseën in oorvloed en het geen klagtes nie.

Kamp sal ek seker maar eers weer in die somer. Moet sê ek mis my lekker winterkamp die jaar.

Groetnis

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 08/07/2019 - 14:12

Goeie middag Kampforum !

Stil, koue Maandag tot dusver, maar tog ook lekker !

Geniet die res van die dag.

Danie, sterk staan  -  met so 'n mooi Ranger (nogal van die skaars wittes !) hoe dan anders ?  Mooi loop.

Arie  -  het jy vergeet om ons ander ou spulletjie te groet ?

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Mon, 08/07/2019 - 20:38

Deon (Segekok) se GMW bakkie se "cambelt" het gebreek, gelukkig vir hom sonder skade en dit het my laat dink aan my bakkie se "cambelt"

Was vandag gou by Toyota oor my HiLux se "cam belt"

My bakkie se "cam belt" moet vervang word elke 150,000 km. My bakkie het nou slegs 94,000 km op na 13 jaar. Ek het iewers raak gelees dat "cam belt" moet 150,000 km OF elke 5 jaar vervang word. 

Dit het my toe laat besef volgens dit moes ek hom al 8 jaar terug geruil het.

Was by Toyota om dit te bevestig en dit is blykbaar so. Het hom "gebook" vir Donderdag. Volgens hulle hoef ek nie die "tensioner" nou te vervang nie, maar wel op 150,000 km. (gaan dan weer belt ruil)

Koste by Toyota is R 1500 arbeid en R 1100 vir die belt.

 

0
Centurion

Dusty

Tue, 09/07/2019 - 04:37

Goeie môre almal.

Geniet ook die Dinsdag in alles wat jy doen.die groot K afhandel.

die groot K afhandel

Danie, sterkte met die groot K. Ek glo dat jy met die Vader se hulp dit sal oorwin.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 09/07/2019 - 07:01

Goeiemôre almal!  smiley

Harry ek het sommer my volksie se 180 000km cambelt op 170 000 laat doen, want dit was 5 jaar - moes die hele gedoente met tensioner en waterpomp doen.  VW wou my amper R14 000 vra, maar ek het dit op die ou einde laat doen vir R 8K -  sal volgende maand seker vir die outjie nuwe skokbrekers moet laat opsit ...

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus