TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

61824 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Spoggerig! Is die plan om… Amateur kan Wildehont -7 minutes ago
Sitplekke en deurpanele in… Amateur kan neef Herman -1 hour ago
Katalisators Katalisators Willem Brits -1 hour ago
Wessle:

Die "controller"…
Froggy Bederf Harry Du Randt -1 hour ago
Nou dis juis as mens die… Jongensfontein hier kom ons Wildehont -2 hours ago
Sonpanele terugvloei Froggy Bederf wessels -3 hours ago
Skuiwe Katalisators wessels -3 hours ago

WilSur se 2011 Exclusive Kamera

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Thu, 04/07/2019 - 20:58
Forums

Ek gaan die draad begin en baie van die ander forum se inligting van my draad daar oor bring.

Hier is die inligting van die een wat ek opgesit het.

Ek het ‘n fout gemaak en gedink die wireless sal goed werk maar in en om die stede is daar te veel storings toe haal ek die transmitter uit en koppel die kamera regstreeks na die monitor toe en daar is al my probleme opgelos. Ek het die 7” skerm gevat want ek wil nie sukkel om te sien nie. Ek het ook die spaar draad op die plug gebruik vir krag na agter vir die karavaan se kamera. Ek sal graag 'n 2de kamera wil opsit wat vêrder kan sien (met so 60-90° hoek) Die koppelings wat ek gebruik is die gewone RCA koppelings, ek het 'n 10m RCA draad gekoop (twin) dikkerig en hulle van mekaar los getrek, een van die kamera tot voor en dan een van agter die kar tor voor by die monitor.

Ek het met Nicole gedeel rearviewcam@gmail.com 

R282.00 Slimline low lux day/night car camera Can be used for any of the LCDs for rearview or normal view
R694.00 7" LCD 
R100.00 vir 10m RCA draad wat ek gesplit het een onder die karavaan en een vir die kar.

TOP CCTV - Security & Surveillance 
No.2, Builder's Warehouse Centre, 
Nobel Street, The Interchange, 
Somerset West, 
Cape Town. 
Tel: 021-851 0353, 021-852 6680, 083-691 3188 
Fax: 021-852 6680 
Email: sales@topcctv.co.za 
Website: www.topcctv.co.za

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 04/07/2019 - 21:27

Ek hou nie van die " met daai lyne wat jou help as jy terugstoot" nie, daarom het ek 'n "Rearview" gesoek en nie 'n "Reversing" kamera nie. Daai lyne gaan my pla as dit die heelpad aan is.

.
Dit is my skerm.
.
Net om hom beter in perspektief te sien.
.
Dit is die wye hoek 170°
.
My eerste koppeling vir die kamera.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 04/07/2019 - 21:37

Ek het baie gesoek na verskillende kameras en koppelings.

.
Hierdie foto het ek op die web gekry maar kry niemand wat dit vir my kan kry nie ?

Hierdie is die een wat ek baie graag wil hê want dit is 'n wye hoek en een met 'n baie klein hoek.  Maar kan nie dit hier kry nie maar wel in Australia en iemand sou dit vir my kon kry maar die koste sad.

.
Hoekom kry ons dit nie hier nie ?

Wens die woonwa bouers wil die kamera standaard maak met die regte goed.

Pretoria

leeu

Fri, 05/07/2019 - 07:21

Dankie vir die deel, Willem. Ek weet jy is al lank besig om te vervolmaak.

Op die wa is dit seker nie 'n probleem met die drade onderdeur nie, maar op die voertuig is dit moeiliker om in die kajuit te kom, maar nie onmoontlik nie. Het jy die plaat waarop die weerkaatsende "tape" op is gesny om die kamera vas te sit, en is hy nie bietjie te laag nie?

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 05/07/2019 - 07:26

Nico, nee die plaat is standaard so.  As jy mooi kyk sal jy sien die veselglas het so buldjie daar, weet nie wat was die bedoeling van dit by Jurgens nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 05/07/2019 - 18:35

In my geval sit my kamera op presies dieselfde plek as Willem s'n, maar ek vind die beeld nie van die beste nie.  Ek oorweeg nog om dit iewers 'n bietjie hoër te monteer, maar ongelukkig is my lugversorger agter, in die middel gemonteer.  Ek het 'n nuwe kamera uit China ingevoer, maar toe dit hier opdaag was dit weer met 'n 170º hoek lens.  Ek is skrikkerig om dit op die lugversorger se raam te monteer, want miskien is daar 'n effense vibrasie.

Ek het die kamera bloot met 'n tweede sok en prop gedoen wat uitstekend werk.

.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 05/07/2019 - 18:51

Len, na die insident met my Penta, toe ek die wa gaan haal het, het ek die een 4 punt sok (ek het die ding af geknip omdat ek bang was dit verdwyn 😕) by die huis vergeet, gelukkig onthou ek toe van jou koppelings,  en net daar koop ek toe twee aluminium koppel stukke en verander myne ook soos joune.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 05/07/2019 - 19:53

Willem, ek hou van jou monitor wat kan weg vou,  ek moet nog een of ander tyd myne ook so verander. Het destyds nie helder gedink nie,  maar die bakkie lê nog hier,  kry net nie tyd nie, of is te lui.

Alberton

Tuinslang

Sun, 07/07/2019 - 11:45

 

 

Huidige plug by towbar en binne. Beide kameras, bakkie en wa, pug daar in

Huidige plug by towbar

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 07/07/2019 - 14:23

Soos die tyd aan gestap het het ek gevind die wye hoek kamera is handig in die dorp maar dit werk nie vir my op die oop pad nie want maak nie saak of jy die kamera laag of hoog sit nie hy kan net sover sien.

Ek het toe vir eers 'n huis kamera gekoop want dit is al wat 'n kleiner hoek het wat ek kon opspoor.  Die ou by wie ek hom gekoop het het ook die lens verander om beter ver te kan sien, maar die probleem was dat die kamera vorentoe moet kyk is die links nie meer links as hy agter toe kyk nie.  Gelukkig kan my monitor die beeld "flip".  Die ander probleem was om hom vas te sit en omdat ek agter die opwas doen moet hy bo die "C" strook wees en daar wil en nie gate in maak nie.  Ek het toe 'n ander plan beraam.

.
Hy hak net in en dan trek ek hom styf met een van daai rekke.
.
Hy hak mooi in.

 

Middelburg

Noel

Mon, 08/07/2019 - 08:13

Ek het eers onverstelbare kamera gehad en kon net sien indien voertuie naby karavaan is en beeld was meer grys. Die huidige kamera kan verstel en beeld is meer kleur. Ek plak die kamera vas met silikon sonder om gate te boor.

Ek het ook vir my kamera op gesit maar vind vir my werk spiels beter ek voel kamera is net n geld mors sal nie weer dit doen nie. ek oorweeg om my kamera te skuif onder wa in om dalk wiele dop te hou maar glad nie n aanwins agter op my wa nie volgens my

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 08/07/2019 - 13:45

Nico, ek hoor jou, (lees jou😂),  maar ek sal weer nooit weer sonder my kamera sleep nie,  ek sien 'n voertuig in die monitor tot langs my, dan is dit reeds in die kant spieël, voor dit uit die kamera se beeld verdwyn. Ek het nou twee kameras op die Penta, 1 x 170 ° korter afstant vir beboude gebiede , en 1 x 90° lang afstant, vir lang pad. 

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 08/07/2019 - 16:48

Ok, ek het laas gesê van die huis kamera.

Ek het steeds rond gesoek en toe eendag terwyl ek rondloop in Communica sien ek die een.

XY REARVIEW CAM 600MI

SPECIFICATION

  • Signal System : PAL
  • Sensor CCD : 1/3” Sony CCD
  • Pixel Effective : 752(H) X 582(V)
  • Horizontal resolution : 600 TV Lines
  • Lens : 3.6 mm
  • Minimum Illumination : 0.5 Lux(IR Off); 0 LUX (IR ON)
  • S/N Ratio : > 52 dB
  • Distance: 15m
  • View Angle: 62.1°
  • LED Wave Length : 18 units: 840 nM
  • Average life : 20000 hours
  • Electronics shutter : 1/50~1/10000, Auto
  • BLC : Off
  • AGC : Auto
  • White balance : ATW
  • Water Resistance : 1P65
  • Video Output : 1Vp-p 75Ω Y/C Separated
  • Connector video : BNC
  • Operating Temperature : -20°C to +50°C
  • Supplied Power : 12VDC (+/-10%):

.Ek gesluit toe om hom te probeer want sy hoek is klein en behoort dan lekker na agter te kan sien.  Ek besluit toe om hom soos die huis kamera ook vas te sit.

.
Hy hak ook soos die ander een.
.
En hy is lekker hoog om oor die naaste voertuig te kyk.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 08/07/2019 - 16:55

Die koppel stukke het ek die Hi-Fi koppel stukke probeer maar daar is te veel soldeer werk en die spasie is te klein.

Toe kom Oom slot (Johann) tot die redding met daai 4 punt een wat jy die drade vas skroef en nie soldeer nie.  Ek soldeer altyd die punte met al die drade.

.
So lyk dit.

Jy kry die "male & female" end koppe maar ek kon net die een kry wat op die een van die woonwa pas.

.
Op hierdie een gebruik ek 'n gewone pyp se "end-cap"