Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58551 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte Voorie. Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -3 hours ago
Jors se Kampstories op fb ... Jors se Kampstories op fb ... Willem Brits -3 hours ago
Ek moet seker nou maar my… Augustus 2019 Koffiekroeg Voortrekker -4 hours ago
Alles is nog nie verlore nie… Koebaai pensioen.. Wildehont -5 hours ago
Hi Len.

Julle moet julle…
Lennie en Addo Olifantpark,… Koos Mol -5 hours ago
Môre sê Kampforum

Geniet…
Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -8 hours ago
Die batteryboks kan agter… Batterye en dinge Noel -9 hours ago

Koelhouers

Brits
Submitted by wessels on Fri, 19/07/2019 - 10:46
Forums

Middag vriende Ek wil sommer kersopsteek en hoor watter tipe koelhouers julle gebruik, en sal aanbeveel. Ek wil nie noodwendig nog 'n 12v/220 tipe kas koop nie. Ek dink eerder in die rigting van die nuwer goed ge-isoleerde houers, soos bv die Coleman. Blykbaar is daar houers wat tot 7 dae items gevries kan hou. Moet my nou net nie 'n koue skouer gee nie Wessel

Centurion

Voortrekker

Fri, 19/07/2019 - 11:28

Ek persoonlik gebruik partykeer my Coleman Xtreme5 wat ek  baie jare terug by Makro gekoop het, maar glo nie hy sal goed gevries hou vir 7 dae nie .... behalwe as ek by die noordpool gaan kamp (-:

 

c

Middag Voortrekker

Dankie vir die info. Ek het ook nog die drie in een Coleman stel, van sekerlik 1995 af. Ek belowe jou, dit gaan nie goed werk or lang tyd nie, veral nie as mens nie ys het om by te sit elke dag nie.

Daai staalkas kan moontlik werk, al is dit om agter wiel van Hilux te sit op ongelyk staanplek.

Wessel

Pretoria

leeu

Fri, 19/07/2019 - 12:26

Dit hang af van wat jou budget is, en dan die grootte van die boks. Ek het nou al vir baie jare twee Coleman (die blou bokse) wat ek so nou en dan gebruik. Ek glo nie hulle sal 7 dae lank items gevries hou nie, miskien met droë ys.

As ek nou weer moet koop, sal ek die Romer coolers koop. Pioneer Plastic maak ook 'n soortgelyke box vir baie bilike prys.

Romer Cooler

https://www.takealot.com…

Pioneer Plastics Cooler

https://www.takealot.com…

Ek het ook verskeie groottes en hou spesifiek van die een groot Coleman Extreme wat ook blybaar 5 dae goed gevries hou laugh 

Ek gebruik hom maar as ons kamp vir al die drinkgoed en gooi net ys by elke dag.  Hy het natuurlik 'n uitlaat waar ek elke oggend al die water kan laat uitloop sonder te veel moeite.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 19/07/2019 - 13:20

Wessel, dit hang seker presies af wat jou behoefte is.  My behoefte is is om ALTYD vries-kapasiteit te hê, waar ons ookal kamp, by ATKV Hartenbos waar krag beskikbaar is of in die Kruger Wildtuin waar krag soms nie beskikbaar is nie of selfs tydens ons lang ritte tussen die Kaap en die noorde van Suid-Afrika.  Die storie van koelbokse met ys of droë ys is vir my 'n "shlep" en nie 'n oplossing nie.

Dus, die yskas met vrieshokkie in ons Exclusive werk met 220V of gas en as ons langpad reis, reis ons nie langer as 500km nie tot by 'n oorslaapplek -  die vrieshokkie met gevriesde vleis het dan nog in geen opsig begin ontvries nie.

Wat ons groter voorraad vleis betref, gebruik ons 'n 42 liter "3-way" vrieskassie wat gevries gehou word in die Pathfinder via 12V.  By ons oorslaapplek koppel ek dit met 220V en ook by ons bestemming.  As ons in die Wildtuin is en krag is nie beskikbaar nie, gebruik ons gas om die vrieskassie van energie te voorsien en so ook die Exclusive se yskas.  Op hierdie manier kan ons enige tydperke sonder 220V klaarkom.

Ons vrieskassie is 35 jaar gelede gekoop en werk vandag nog foutvry.

My aanbeveling : Moenie tweekeer dink nie, koop vir jou 'n afsonderlike vrieskas en kry klaar. Op die lang duur is dit geld goed gespandeer.

(Ek hoop Chris Boucher lees ook hier.  Hy het ook lank gewonder hieroor en koop toe op die ou einde 'n afsonderlike Snowmaster vrieskassie en is baie in sy skik).

Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 19/07/2019 - 17:09

Jy het nog n yster van n klein vrieskassie.

Het hom in Hartenbos by jou gesien.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 19/07/2019 - 17:44

Jy's reg Harry, jy onthou goed !  -  hier's hy :-

Kyk hoe spierwit is daardie binne-pypie gevries :

.

.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 19/07/2019 - 17:51

Wessel, ek luister nou hier in die agtergrond en ek hoor Amoré Bekker vra op RSG as jy goed hierdie naweek koop, koop asseblief Suid-Afrikaans !  As jy 'n vrieskassie gaan koop, koop 'n Snowmaster of 'n National Luna  -  albei is in Suid-Afrika vervaardig met uitstekende naverkoopdiens.  My ou Edesatjie is ook destyds in Edenvale vervaardig, maar die firma is al jare terug bankrot.

Gaan kyk gou more oggend by Obaro in Spoorweg straat.

Hierdie rooi cooler werk lekker vir my kan ys so 2-3 dae hou afhangende hoe jy hom hanteer.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 20/07/2019 - 11:44

Ek gebruik 'n Coleman koelhouer (al vir baie jare). Ek ry nie met enige inhoud in my karavaan se yskas nie (wel in die vrieskas). Ek pak maar elke keer die koue goed in die Coleman en pak weer uit by ons bestemming. My wa se dubbeldeur ys/vrieskas is uitsluitlik 220 V. Ek kan dit dus nie gebruik wanneer ons sonder krag kamp nie.

Vir laasgenoemde doel het ek vir my 'n 82.5 liter Snomaster gekoop. Dit beskik oor twee kompartemente. Jy kan beide as vrieskas of yskas gebruik, of een kompartement as yskas en die ander as vrieskas.

Wanneer ons sonder krag kamp (soos bv Tsendze) in die wildtuin, bly die Snomaster agter in my bakkie waar dit op die bakkie se battery loop. Die Snomaster het verstellings vir bv "high protection" vir jou battery. Op laasgenoemde skakel die kas af sodra jou voertuig se battery onder 11.8 V daal. 11.8 V is voldoende om jou voertuig sonder moeite te "start". Ek stel die Snomaster op -10°C. Indien dit in die nag afskakel, is dit in die oggend nog steeds op -4 of -5° C.

Sodra ons gaan ry op wildbesigtigings 'trips' laai die battery weer tot sy volle kapasiteit. Ek vries 'ice bricks' in die vrieskas wat ek elke oggend en aand omruil om die koue goed in die Coleman koud te hou.

Daar is waarskynlik beter koelhouers as 'n Coleman, maar vir my doeleindes werk laasgenoemde meer as voldoende.

Ek en Channel het probeer onthou ek dink ons het te veel betaal.

Was R1800.00 en die link hier bo wys Takealot het die selfde Romer coolers vir R1299.00 hy het dan nie die glaas houer soos obaro cooler lyk my Romer het vir obaro Die coolers spesiaal so gemaak.

Môre vriende

Dankie vir al die insette en idees.

Ek gaan eers die aanskaf van ekstra koelhouer/vrieskas op ys plaas totdat ek dit benodig. Ek hou van die koelhouers wat volgens spesifikasie blykbaar tot 7 dae goed gevries kan hou. Ek wil nie nou ekstra bedrading ensovoorts aan my trokkie maak nie, want mens weet nooit. 

Mens is bederf met byvoorbeeld Balule waar daar gemeenskaplike gas vrieskaste is. Ek sal die idees opvolg volgende jaar voordat ek Kalaghadi toe gaan.

Groete