Ek weet nie op watter draad ek dit moet sit nie en besluit ek maak een want dié onderwerp is al paarkeer bespreek.
Inligting van "fb" gekry.
New 12V/24V Pure Sine Inverters with build in Charger & UPS in stock now!!
12V 2000W R2650
12V 3000W R3900
12V 4000W R5400
12V 5000W R6000
24V 2000W R2650
24V 4000W R5400
All prices excl courier fees!
Courier Nationwide.
Order Online: https://xenononline.co.z…
Contact: 0784687885
Email: sales@xenonimports.com
Hier is wat ek in die Penta…
Hier is wat ek in die Penta gedoen het, vir R799.00.
Drade direk van batery na die kassie onder die yskas deur getrek, dit direk op die inverter gekoppel.
Penta Inverter ...
Johann, het jy al gekyk hoelank hy op die battery kan loop ?
Willem, nee ek het dit so…
Willem, nee ek het dit so drie weke terug in gesit, maar ek vermoed die "modified" gaan nie vir my werk nie. Die alarm op die ding begin skree na so 4 -5 ure, batery nog vol?
Inverter ...
Johann, ek het die een vir my gekoop maar nog nie regtig gebruik nie.

Ek dink soms moet 'n mens ook net beter kyk soos dié een wat sê wat is sy normale gebruik en die Max.
Ghost Inverter
Hi Almal,
Ek het vir my `n Pure Sine wave inverter vanaf China bestel deur middel van Aliexpress. Shipping was gratis met EMS Couriers. Dit het so twee weke gevat om hier aan te kom.
Die prys was 295 dollar.
Dit is `n 4000/8000 Watt Pure Sine Wave Inverter.
Die 4000 is waarteen hy konstant kan loop en die 8000 is waarteen hy slegs vir n` paar minute kan loop (peak). Dit is nogal n belangrike aspek om na te kyk. Mens kan dink jy koop `n 4000 watt inverter en dan is dit eintlik net `n 2000 watt inverter watt kan peak teen 4000 watt.
Ek gebruik die invertor daagliks vir `n projek. Hy werk vanaf batterye 12 volt (450a/h) wat deur tien son panele gecharge word (350 watt per panel).
Loop nog mooi vanaf Junie maand en trek op die oomblik konstant 2200 watt. Soos dinge aangaan sal dit verhoog na so 2800 watt.
Dit was egter nie net smooth sailing van die begin af nie. Toe ek hom nuut gekry het, het hy net so 10 minute gewerk met daai load en toe afgeskakel asgevolg van hoe temperatuur. Hy het agter so twee 70 mm poefter fans ingehad wat `n swak windjie geblaas het. Ek poep harder as wat daai twee goedjies geblaas het.
Modifiseer toe die backplate. Haal die twee fans uit, Sny `n groot vierkantige gat, waar ek toe een BAIE kragtige 12 volt 120 mm fan insit. Dit klink of `n vliegtuig opstart as daai fan aankom.
Het ook `n relay opgesit sodat die fan direk werk van die 12 volt input pole. Die relay word in werking gestel vanaf die ou fans se input sodra die aansit hitte bereik work.
Sjoe, dit nou eers genoeg, sal later praat oor die LVM (Low Voltage Module) modifikasie wat ek gedoen het.
Ek wonder, bedoel oom Wilsur…
Ek wonder, bedoel oom Wilsur dalk met die draad Invertors wat klaar ander goed by het soos die batterye asook die charger daarvoor? Meer dan `n UPS?
Inverters ...
Gees, die doel is om ander wat dalk so iets wil doen te help om die regte keuse te maak met inligting van die wat weet.
My yskas se plakker wys die…
My yskas se plakker wys die watts aan as "69 watt", die eerste inverter wat ek probeer het was ''n 300 watt", het mooi gewerk tot 'n punt, daarna kom dit glad nie aan sodra ek die yskas in prop nie.
Die nuutste is 'n 500 watt Trialbos, ook 'n modified sinewave, het gewerk tot (ek vermoed) yskas se "start up", dan gaan die alarmpie aan, en die inverter sit aan en af. 'n Goeie bron het my laat weet dat die "start up" kapasiteit van die yskas dalk te hoog is vir die 500 watt, hy gebruik 'n 740 watt met sukses.
Willem, ek het na daai MQ…
Willem, ek het na daai MQ 7649 se foto op B/W se katalogis gekyk, al wat my bekommer, is die drie punt prop, lyk anders as ons normale 16a proppe?
Ek het....
Ek het die Moto Quip 7649 en gebruik dit probleemvry by krag-afwesige plekke vir my laptop-, kameras en selfone se batterye om te laai. Die Engelse drie-punt sok het ek met 'n"adaptor" omgeskakel na die SA-driepunt sok.

Ek was toe vanoggend by…
Ek was toe vanoggend by Builders Warehouse, hulle het nie wat ek soek nie, net UPS'e, ek stel nie daarin belang nie.
Fout bo genoem, Hennie se inverter is 1440 watt, nie 'n 740 watt soos ek genoem het nie.
het my laat weet dat die "start up" kapasiteit van die yskas dalk te hoog is vir die 500 watt, hy gegtuik 'n 740 watt met sukses.
Het by B/W, Makro, Game, Midas en nog ander hardeware winkels plaaslik, gesoek, maar kry nie wat ek wil hê nie.
Ons gaan die naweek Midrand toe, ek sal daar gaan soek.
Ek het toe by ACDC in…
Ek het toe by ACDC in Centurion 'n 1000 watt inverter gekry.
By Midas dik drade, (12 volt hoë amps - starter draad) gaan kry, en van die batery af, tot onder die yskas deur getrek, met lux aan alle punte.
Yskas Saterdag oggend af gesit, en oop gelos.
Vanoggend alles gekoppel, en als loop soos stroop, geen probleme met yskas se "start up" nie, en dit loop nou al agt ure sonder probleme direk van batery af, en yskas is yskoud.
Sal môre foto van die inverter op laai.
Ek kan dus nou van die grit af kamp sonder probleme.
Len, die inverter het 2 x…
Len, die inverter het 2 x 16a proppe en 'n usb poort vir fone ens. ek is heel in my skik met die opset soos dit nou is
Vir die wat belangstel, so…
Vir die wat belangstel, so paar fotos. Ek het intussen die hele bedrading onder die yskas verander en netjies gemaak, dit was baie slordig.

Johann, Hoe lank loop hy op…
Johann,
Hoe lank loop hy op die battery voor hy pap is sonder om hom te laai ?
Willem, ek het nog nie…
Willem, ek het nog nie getoets nie, wou net seker maak dat die "start up" genoeg oemf het vir die yskas, sal volgende week kyk, maar ek vermoed dit sal paar dae wees?
Die 105 amp per uur batery behoort lank te vat.
Ons ry more oggend…
Ons ry more oggend Bronkhorstspruit toe en kom Sondag terug, dan sal ek die krag af sit en kyk.





Dankie Willem. Geskuif na…
Dankie Willem.
Geskuif na Allerlei Kamptoerusting.