6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -4 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -6 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -12 hours ago

Inverters ...

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on

Ek weet nie op watter draad ek dit moet sit nie en besluit ek maak een want dié onderwerp is al paarkeer bespreek.

Inligting van "fb" gekry.

New 12V/24V Pure Sine Inverters with build in Charger & UPS in stock now!!
12V 2000W R2650
12V 3000W R3900
12V 4000W R5400
12V 5000W R6000
24V 2000W R2650
24V 4000W R5400

All prices excl courier fees!

Courier Nationwide.
Order Online: https://xenononline.co.z…
Contact: 0784687885
Email: sales@xenonimports.com

https://m.facebook.com/s…

Middelburg

Noel

Sat, 17/08/2019 - 11:45

Johann, dit is baie nice inverter wat jy het. Baie nuuskierig om te weet hoe lank loop die yskas met die inverter met 1x105Ah battery en hoeveel het die inverter gekos ?

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 17/08/2019 - 18:04

Kyk, neef weet nie veel van krag nie, maar verstaan dit so. ñ 105amp/uur battery kan 105 amp vir 1 uur lewer. Weet nie hoe ver dit dan ontlaai is nie, maar. Nou op skool is gesê jy maal die volts met die amps om watts te kry. 105x12=1260 watts.

Kyk wat trek jou yskas bv 200watt. 1260÷200= 6, 3 uur. Verder werk ñ invertor seker net so 90% effektief wat tyd verder verminder na 5, 6 uur. ( Kompressor loop tyd)

My 60l Engel yskassie loop n 105a/uur battery moeg in een dag, as die dit effe warm is. Dit trek so 60watt.

 

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 18/08/2019 - 06:27

Neef, die yskas se kompressor het ook 'n diens siklus, want hy loop nie heeltyd nie.  Dit kan seker geskat word op 50% ?   My Groot yskas by huis se kompressor gebruik maar 155 Watt en my 60L kampyskas 50 watt.   Die Battery kan nie heeltemaal ontlaai word nie en moet ook bereken word op ongeveer 50% - so 'n 105 ah battery gaan net 55 ah kan lewer voor hy weer moet laai, anders gaan hy nie hou nie -  batterye moet beskerm word daarteen en gewoonlik moet 'n battery beheerder hom ontkoppel of 'n alarm laat afgaan wanneer dit te laag gaan.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 18/08/2019 - 07:47

Ja Voorie, ek besef dat die kompressor nie heeltyd loop nie. Bedoeling was eintlik  om te sê hoeveel uur die kompressor aanmekaar kan loop. Op n warm dag in die motor, loop my kampyskas kompressor sonder ophou, dus is die diens-siklus nie n vaste % of gegewe nie.

Johann se dat dit n paar dae gaan loop op battery klink net effe optimisties vir neef. Dalk hier by ons in die winter frown

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 18/08/2019 - 14:43

Herman,  ek sal more oggend die krag af skakel en dan kyk hoe lank die inverter loop, as ek 6 ure kry, sal ek meer as tevrede wees. Die krag gaan selde langer as dit af.

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 18/08/2019 - 15:26

Skuus, wou nog sê, my yskas trek 69 watt, maw, op startups trek dit 3 x 69 watt, so 207 watt. Daarom dat ek met 'n 300 watt begin het, en tie 'n 500 watt, maar ek vermoed die bedrading was baie te din om voldoende krag na die inverter te neem? 

0

Neem ook in ag dat die yskas onder normale omstandighede met 'n "vrag" gaan loop, en dus gereeld oop en toe gemaak gaan word deur die loop van 'n normale dag. Hierdie gereelde oop en toemaak van die yskas plaas die grootste las op die battery. Soos Herman tereg hierbo genoem het, beïnvloed die omgewings temperatuur ook die uiteindelike krag verbruik en gaan die kas uiteraard op 'n warm dag baie harder moet werk.

Jou 6 ure vereiste met 'n 105Ah battery, behoort egter heel haalbaar te wees indien jy met 'n vol gelaaide battery begin. 'n Battery hou nie daarvan om gereeld te diep ontlaai te word nie en ek sou dus aanbeveel dat jy 'n battery monitor aanskaf om die toestand van die battery te kan monitor. Die buitelewe winkels verkoop feitlik almal 'n National Luna monitor met 'n ingeboude alarm. Hy gaan jou nie 'n arm en been kos nie en jy kan hom iewers monteer waar hy maklik sigbaar is. Op die lang duur gaan hy jou dalk die koste van 'n battery spaar.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 19/08/2019 - 12:44

Dankie vir die goeie advies aan almal, die batery is vier jaar oud, permanent op krag (behalwe natuutlik tydens sleep) gewone loodsuur batery. Voor ek krag af gesit het, het ek die volts gelees en 12.80 gekry, nou na 5.5 uur is die batery steeds op 12.80, en ek maak die yskas elke uur oop om 'n similasie  ("start ups") te vorm / verhoog.

Ek is 100% tevrede, maar gaan aan met die toets lopie tot die batety onder 12 volt gaan, of vir twaalf ure, wat ook eerste kom,  as ek 7 uur vannaand steeds oor 12.00 volts kry, sit ek die krag aan, en ontspan my boude, dan gaan ek geensins verder bekommer nie.

Weereens, dankie vir al die raad en voorstelle, ek waardeer dit baie.👍

Baie dankie ook aan Hennie vir die advies per whats app👍

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 19/08/2019 - 12:44

Johann, hoe gaan 6 ure jou help in 'n off-grid kampterrein, wat gebeur met die yskas na 6 ure ?  Ek aanvaar jy hou ook daarmee rekening dat die yskas voortdurend "start up" soos wat die termostaat aan en af skakel.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 19/08/2019 - 12:50

Herman, ja ek dink ook baie oor optimisties, maar dan weer ons krag gaan nooit, of bitter min, vir meer as 3 ure af nie, en die bedoeling is vir oorde soos bv wildtuin, waar die krag soms onder 150 volt gaan,  en dan sal die laaier steeds die batery stadig laailaugh

Johann se dat dit n paar dae gaan loop op battery klink net effe optimisties vir neef. Dalk hier by ons in die winter frown

Jy het my in elk geval reg gehelp en op die regte spoor gesit👍

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 19/08/2019 - 12:53

Len, jy met die Pathfinder het lankal reeds daai toets vir ons gedoen, sou dit nodig wees, sal ek my kar ook in span soos wat jy lank reeds doen.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 19/08/2019 - 14:04

Willem jy is in 'n mate reg, met ons toer kaap toe het ek nie probleme ervaar nie,  ons het nooit langer as 5 uur gesleep nie, maar ondervinding in die wildtuin het my geleer om maar die yskas dop te hou,  wil nie kos mors nie. Sommige oorde se krag is ook verdag, en ek wil nie 'n yskas koop nie.

My gedagte is om die yskas op die inverter te sit van ons by die huis weg trek,  tot ons terug is,  met genoeg krag in die batery om die skuiwers nog te werk by bestemmings.

Gelukkig het ek tussen die lyne gelees dat 'n ses uur toets, nie genoegsame inligting gaan gee nie,  en besluit om 'n twaalf uur toets te doen, sou ek vannaand egter sien dat die batety nog bo 12 volt lees, sal ek maar kans vat en los tot more oggend, net bang die batery gaan dood deur die nag? 

0
Pretoria

Slowstrike

Mon, 19/08/2019 - 14:16

Johann 

Moenie die battery ontlaai tot hy heeltemal pap is nie jy gaan skade kry. Ek sien jy noem dat hy al 4 jaar oud is dus is meer as die helfte van sy leeftyd reeds verby. Dit is nooit `n goeie idee om `n battery meer as 50% te ontlaai nie. 

Iemand het ook genoem van die battery monitor. Hulle is goedkoop en dan hoef jy nie te raai hoe ver die battery ontlaai is nie.

Groetnis

 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 19/08/2019 - 19:22

Danie, en Noel, dankie👍

Goed, die batery het 17:00 11.65 volt gelees,  en ek het besluit om die storie te stop voor die batery skade kry, krag terug gesit en die yskas ook terug op die 220 volt van die toevoer. Dit beteken,  met redelike sekerheid vir my, dat ek die inverter vir vier uur kan gebruik sonder om te laai, dit is goed genoeg vir my.  'n Totaal van so agt ure dan gaan die batery te laag.

Noel, die inverter was R1500.00 by ACDC in Centurion.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 27/08/2019 - 15:38

Stoffel die geld is nou skraps, sal nie nou 'n son paneel kan by bring nie frown

Ek het sedert Vrydag tot vanoggend aan die lappa gewerk, dak 150mm laat lig,  en nou klaar alles terug gepak. Die braaier se boonste twee lae stene (die onderste rye bokant die braai opening) vandag uit gesny en eers laat klaar gekry, pensioen tyd gewerk, dus kon ek eers vandag die V/A meter finaal in sit na 'n gesoek na 'n geskikte plek.

In die Penta se onderste vent van die yskas, het ek vroeër 'n stuk PVC strook in gesit vir kontak punte vir 12v LED ligte ens, gelukkig genoeg plek om ook die meter daar in te sit. 

AV Merer
Gerieflik om van buite die batery se lading te lees. Die amp gedeel sal maar op zero bly.

Moet nog skoon maak, maar dit kan tot alles klaar is wag.

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 20/05/2021 - 13:15

Vanoggend ry ek apteek toe vir ons medikasie en langs die apteek is 'n "Pawn Shop" uit nuuskurigheid stap ek daar in en sien 'n 2000 / 4000w pure sine inverter vir R500.00.

Nou ja, ek kon nie anders om dit te vat nie, elektroniese toestelle hou glo nie van modified sine waves nie.

Ek het dus weer 'n projekie om myself mee besig te hou. Enigste "draw back" is, die inverter het 'n I tipe 220 volt prop, die sal ek moet verander na ons SA tipe prop toe voor ek dit installeer in die wa.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus