6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -3 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -12 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -12 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -14 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 hours ago

Ondersteuning aan Kampforum Lede

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek begin hierdie gesprek om ondersteuning aan ons lede op te dra. 🙏

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 15/03/2022 - 19:09

Hier is die laaste wat ek van Len gehoor het.

Baie dankie, ek weet julle gee om en waardeer dit baie. Ek bly nog tot Saterdag in die hospitaal met nog antibiotika. My dokters stem saam dat nog 'n deel van my dikderm verwyder moet word maar dit kan eers gedoen word as die infeksie 100% opgelos is. Ek moet dus nog maar vasbyt. Groete aan almal.

Sterkte Len, ons glo die infeksie klaar spoedig op. 🙏🏻

ons vertrou dat ons Almagtige Geneesheer se hand oor jou is, en dat volkome gesondheid oppad is.

Worcester

Wildehont

Wed, 16/03/2022 - 08:12

Oom Len, ek en baie ander wat hier lees bid die Here se ingryping af en glo dat Sy hand oor julle is vir suksesvolle mediese behandeling en ‘n spoedige herstel. Ons dien ‘n almagtige God. 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 16/03/2022 - 12:23

Hallo Willem, Herman en Chris en ander,

My twee dokters sê my Wildtuin planne oor 'n maand moet voortgaan en hulle doen die operasie eers ons terugkom. Tussen nou en ons vertrek sal hulle help om moontlike infeksie te voorkom sodat ek nie weer in die hospitaal beland nie. Groete  Len

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 17/03/2022 - 08:09

. 

Goeie môre !  Gespit en gepolish 5vm - hoop om die naweek huis toe te gaan - die wildtuin wag.  Dit kan mos net beter gaan met so 'n kaartjie van Gr. 1 kleindogter.

.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 18/03/2022 - 07:26

Boodskap van Len. 

Goeie môre vrinne ! Hier sit ek gestort, ingepak, al 14 chroniese pille wat my aan die lewe hou gedrink en wag nou net vir die laaste behandeling want dis vandag ontslaan en huis toe gaan tyd. Lekker dag vir almal  - myne gaan beslis baie lekker wees!

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 18/03/2022 - 13:27

..................hierdie gesprekslyn gee my hoendervleis !  Baie, baie dankie aan almal vir gebede en gesond-word-wense, dis die goed wat 'n mens gesondmaak !  

Ek is nou al twee ure by die huis en alles lyk vir my skielik pragtig, baie beter as die vier mure van 'n hospitaalkamer, siek mense, dokters en verpleegsters.  Dit lyk amper so mooi soos in n nuut-herboude turbo !  My twee chirurge doen baie moeite om my in die Wildtuin te kry en daarvoor het ek net soveel waardering.  Met die terugkomslag sal ons hier iewers in Junie die groot operasie aanpak om daardie die deel van die kolon wat aanmekaar lol, te verwyder.  Genoeg hiervan, ek skakel nou oor na kamp-"mode" en moet nou bedink hoe ek my mede-mini-kampeerders daar in Beaufort-wes gaan beïndruk  !  Ek kan tog nie soos 'n ou kranklike daar aankom nie.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 18/03/2022 - 13:40

ek skakel nou oor na kamp-"mode" en moet nou bedink hoe ek my mede-mini-kampeerders daar in Beaufort-wes gaan beïndruk  !  Ek kan tog nie soos 'n ou kranklike daar aankom nie.

 .... kranklik daar aankom nie. En ons sal jou sagkens behandel. Kom net!

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 18/03/2022 - 18:23

Nou... is ek lus vir die kuier, en ons ou ballies gaan groot gaan. Ek het hier  tuisgestookte witblits wat in n sjerrievaatjie verouder het. Wil nie bragg nie, maar dit is uitstekend, en bring dit saam net sodat ons karakter kan kry.

Sal my gat in rat moet kry, Jurgie het 2 jaar se bosduifmis op die dak.

Môre vriende

Enige persoon oppad KrugerNP toe met 'n halwe woonstel op sleeptou, kan nie geklassifiseer word as kranklik nie.

Ek sien Herman verwys na witblits uit 'n vaatjie, wonder of ons dit moet proe of by die diesel moet gooi vir beter verbruik. Daai witblits kan twee uitkomste lewer---karakter kry, of naam weggooi.laugh

Dalk moet iemand tog die KarooNP betyds waarsku dat 'n bende "ou ballies" en hulle gades 'n inval loods van epidermiese proporsies.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 19/03/2022 - 07:13

.... Wessel gaan hoeka deel van die 'crowd' wees. Ek dink hy's voorsitter van die byeenkoms.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 19/03/2022 - 08:22

Vanoggend net na 02:00 het Harty die boodskap op Kampforum se WhatsApp groep geplaas.

Yvonne is vroeg van oggend oorlede. Vermoedelik 'n beroerte.

Innige simpatie 🙏🏻 en baie Sterkte daar.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus