Geen probleme met myne nie…
Geen probleme met myne nie Wessels. Als loop mooi maar myne is in die mark.
Hi Wessel, ek weet jy het…
Hi Wessel, ek weet jy het genoem dis eintlik net vir Kavango eienaars. Ontlaai die batterye nie deur die nag na die sonpanele nie, ek glo dat daar 'n diode inlyn is en sal keer dat dit nie kan gebeur nie. Hoekom toets jy dit nie deur die sonpanele te ontkoppel deur die nag en kyk wat dan gebeur?
Wat maak jy as jou druk skakelaar nie werk op jou pompie nie, ek dink dit gebeur baie keer met ons pad karavane se pompies ook?
Kavango probleme
Môre Vriende
Leeu: Dankie, enige raad is baie welkom. Ek het met 'n skok agtergekom dat padwaens se beheerpanele anders werk as die in my Kavango. Ek het nog nooit die sonpanele oornag gekoppel gehou nie. Op die oomblik gebruik ek die panele bloot om deur die dag die batterye te laai, en as die stelsel toon dat die batterye gelaai is, ontkoppel ek alles.
Van my kollegas [elektrisiens] is daar 'n elektroniese bordjie in die beheerpaneel waar mens die bo-limiet kan verstel, en hy vermoed myne is te lag gestel op 12.7V.
Ek het maar nog elke keer die druk skakelaar vervang. Blykbaar kan mens dit uitbrug en dan sal die pomp werk, maar nadat jy water getap het, moet jy die brug uithaal.
Pierre: Ek het gesien joune word nog adverteer. Dalk moet ek net jou beheerpaneel koop
Ek ken 'n paar mense wat geen probleem het nie, maar daar is nie aan hulle panele gepeuter nie.
Johann: Ek was netso verbaas toe ek na 'n jaar uitvind wat die doel van die ekstra skakelaar op die beheerpaneel is. Jy is heeltemal reg, batterye kan plate buig is mens teen te groot stroom hulle laai.
Tussen ECHO en die firma HCDP in Silverton, wat die panele bou vir ECHO, sal ek die stelsel laatterug verander na "stock standard". As laaste uitweg kan ek ook die Pieter Barnard van PBE in Eldoraigne nader.
Wat ek mis is 'n goeie handleiding en opleiding, dit ontbreek as mens 2de hands koop.
Groete
Wessel...............
Wessel, my aanbeveling is om sommer dadelik vir Pieter Barnard by PBE te vra om te help. Sy kennis en diens is onverbeterlik.
Beheerpanele
Môre Len
Dit is verstommend dat selfs jy doer onder in die wynland kan getuig van PBE se diens. Dit wys net---'n goeie naam loop mens vooruit.!!!
Ek is mos ouskool; ek sal Echo 'n kans gee, en dan PBE. Soos jy ook jou voertuie na die agent neem, voel ek ook oor die Kavango gatslag.
Ek loer klaar na die Jurgens produkte, Explorer want dit is op my dorp beskikbaar. Eintlik rerig my buurman se besigheid, daarom was my vorige waens 'n Fleetline en 'n Palma. Die groot voordeel is, diens is in die dorp, om die hoek beskikbaar en ek hoef nie perd op te saal Pretoria toe nie.
Groete
Môre julle, ek kan ook…
Môre julle, ek kan ook getuig van Pieter Barnard se diens en kennis, het al uitgebrande waens gesien wat hulle na hom toe stuur om oor te bedraad en sy beheer panele in te sit. Ek self het vir 12 jaar 'n Brakhah Ingonyama gehad met sy toerusting in en het foutloos gewerk. Pieter en ek dink sy sy seun is immers Elektroniese Ingenieurs, dit sê baie.
Ek sou egter eers vir HCDP en Echo nader, dis jou goedkoper opsie. Ek "hoor" die mense kry ook goeie diens vanaf HCDP af. Die enigste probleem wat jy het, Wessel is om die wa by hulle te kry, maar dis nou darem nou nie 5 ure se ry nie, dis eintlik net in die volgende dorp, van jou af.
PBE versus HCDP
Middag Leeu en ander
Ek het sopas met 'n Barnard dame gepraat oor my probleem. Hulle het werkwinkels in Ninapark en in Eldoraigne, Pretoria. Ek is baie bemoedig en is oortuig dat hulle my sal kan help.
My probleem is die volgende; ek weet nie of dit die batterye is, of die beheerpaneel nie. Indien dit die batterye is, wil ek graag onder waarborg 2 nuwes kry by Echo waar ek dit gekoop het. Indien Echo nie kans sien om aan die paneel te werk nie , indien nodig, gaan ek beslis my wa na Pieter Barnard Enterprises neem.
Ek wil my probleem opgelos kry, maar ook gemoedsrus.
Ek sal julle ophoogte hou van my probleemoplossing.
Groete
Sover werk my stelsel en die…
Sover werk my stelsel en die batterye (2 nuwe 105Ah wat ek ingesit het na ek die wa gekoop het) hou hulle lading. Het hulle beide vol gelaai voor ek hulle ingesit het en toe vir 'n week die yskas heeltyd laat loop en net die sonpaneel laat laai - sommer plat op die dak. Kapasiteit volgens die kragpaneel het afgegaan na 38% en lading na 11,4V. Toe prop ek die blou kragprop in by 220V en laat die ingeboude laaier vir 3 dae loop. Kapasiteit het net tot 98% opgegaan en lading tot by 13,2V (na 1,5 dae op die laaier en toe dieselfde gebly). Van toe af was die paneel en alles in die wa vir 'n week af en het die lesing steeds dieselfde gebly. Ek moet dit nog behoorlik toets wanneer ons 11 Oktober by Doringlaagte buite Montagu gaan staan vir 2 aande .
Ek hoop jy kry jou stelsel reg en dat dit net die vorige eienaar se getorring was wat die probleem veroorsaak het.
Wildehont stelsel
Middag Chris
Dankie vir die "brag" oor jou werkende stelsel![]()
Ek vermoed omdat jy die yskas heeltyd[24h/d] laat loop het en die sonpanele slegs ongeveer 8ure per dag gelaai het, het veroorsaak dat jou kapasiteit gedaal het tot 38%. Jy moet dalk oorweeg om in aand jou yskas af tesit, dan sal die sonpaneel kan byhou.
Dan ook, indien jy jou wa langer op 220v gelos het, sou jy moontlik meer as 13.2V kon laai. Die stelsel verlaag die stroom geweldig soos jou batterye se kapasiteit 100% nader.
Dus juis die d....erse rede waarom die vorige eienaar die paneel gaan aanpas het.
Geniet jou werkende wa
Ek moet myne nog toets met …
Ek moet myne nog toets met 'n kamp waartydens die yskas oopgemaak word, ligte gebruik word en die inverter gebruik word vir fone laai maar ek hou duim vas. Ek sal oor twee weke terugvoer gee.
My sonpaneel was nie opgelig nie (plat op die dak) en is eers so van 11:00 af in die son. Ek hoop regtig jy kry jou stelsel reg en dat dit nie te duur gaan wees nie.
Wessel.....
Wessel, Pieter Barnard het vir my 'n Voltage Sensitive Relay gebou wat die krag in my Pathfinder na my vrieskassie afsluit sodra die battery-krag te naby aan die punt kom om die voertuig se aansitter te draai. Dit het ook 'n ingeboude sekering wat afskakel as daar iewers 'n kortsluiting is en outomaties weer aanskakel as die kortsluiting uit die weggeruim is. Dis moontlik om die afsnypunt self te verstel om aan jou voertuig se behoefte te voldoen. Dis per koerier hier by my afgelewer en ek het die installasie sommer self gedoen. Dis nou al drie jaar gelede en werk nog foutvry.
Ek aanvaar die buurman waarna jy verwys is die eienaar van Brits Woonwaens. Hulle het 'n uitstekende diens-naam en selfs ek het ook al by hulle laat werk op my vorige Penta.
sou jy moontlik meer as 13…
sou jy moontlik meer as 13.2V kon laai
Toe ek vanmiddag die krag paneel aanskakel wys dit steeds 98% maar 14,6V en die sonpaneel laai dit mos nie as die krag paneel af is nie?
Laai spanning vs kapasiteit spanning
Môre Chris
Onthou daar is 'n verskil in laaispanning [as stelsel gekoppel is aan 220v] en spanning van stelsel [ontkoppel van 220 of sonpaneel]. 'n Volgelaaide battery se spanning val onmiddelik sodra jy dit aan jou wa se bedradingstelsel , wat ligte, koelkas ensovoorts bedien. Byvoorbeeld jou 13.8v kan val na 13.2 weens interne verliese
Dit is moontlik dat jou stelsel kan laai solank as wat die sonpaneel gekoppel is. Die beheerpaneel behoort egter te verhoed dat die batterye meer as ~13.8v laai.
Wat sê jou handleiding oor die behherpaneel.? Muy panel het 'n skakelaar "battery isolator", waar mens alle toevoer vanaf die battery kan afsny, maar dalk kan die laai-kant steeds werk.
Groete
Wessel, ek sal die…
Wessel, ek sal die handleiding raadpleeg vanmiddag na werk en kyk. Dankie
Wessel, is jou laaistelsel…
Wessel, is jou laaistelsel al uitgesorteer? Ek hoop so!
Kavango beheerstelsel
Môre Chris en ander
Nee, ek wag vir 'n afspraak en diens-opening by PBE [Pieter Barnard Enterprises].
Ek sal heel moontlik 'n totaal nuwe stelsel laat bou by hulle, en telefonies klink dit of die huidige 'nuwe" Duratec batterye ook nie heeltemal die korrekte tipe vir die gebruik is nie.
Ek gaan maar alles saamneem--die elektriese neuswiel, die sonpaneel ensovoorts [soos my beursie] en dit professioneel laat regmaak.
Hopenlik as dit reg is, sal die waterpomp gesukkel ook regkom, dalk is die spanning na die pomp nie reg nie, of wisselvallig.
Groete
Sterkte Wessel, dit klink of…
Sterkte Wessel, dit klink of jou beursie 'n kleiner knop in jou broeksak gaan maak na afloop van die oefening ![]()
Moet dalk bietjie by Eddie…
Moet dalk bietjie by Eddie Laing hoor watse tipe stelsel hy ingesit het?
Is jy nou geholpe Wessel?…
Is jy nou geholpe Wessel? Terloops, watse BTU is die wa se lugversorger en waar sit die buitenste eenheid?





Wessel, ek is nie skerp met…
Wessel, ek is nie skerp met batery nie, en kan dus nie raad gee nie, maar, ek glo baterye moet juis stadig laai ?