Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -1 hour ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -2 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -2 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -3 hours ago

Kavango raad

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums
Môre vriende Die draad is nou eintlik vir die persone wat ook Echo Kavango's besit. Bloot omdat ons dieselfede probleme mag ondervind, en hopenlik mekaar van raad kan bedien. Ek wil graag weet of julle ook al gesukkel het met 1] julle waterpompe en die gepaardgaande "pressure switches". Vir een of ander rede pak myne baie gereeld op, dis nou die drukskakelaar, darem nie die pomp nie. 2] ek moes April 2019 my twee 105Amp.h batterye vervang, en in Augustus weer. Die ene het sy poeier by die pole uitgestoot/kook. Die' twee batterye is alweer daarmee heen. Dit behou nie lading nie. Ek kry dit nie met die sonpaneel of vanaf 220V volgelaai [> 12.9v] nie. Oornag, sonder dat iets krag verbruik, val die spanning na 11.8v. 3] Het julle [Chris, Pierre] al probleme ondervind met julle elektriese behaarpaneel? Ek begin wonder of myne korrek funksioneer, en of ek net ongelukkig is met die Duratec batterye. Ek het my 2016 Kavango Extreme 2de hands gekoop, en die vorige eienaar het baie ekstras laat aanbring, soos water-reguleerders , ekstra pype en selfs die beheerpaneel laat verander sodat die batterye vinniger kan laai. Dit wil voorkom dat al die veranderinge my nou dalk inhaal. Groete
Brits

Wessel Strydom

Mon, 06/02/2023 - 12:35

Middag vriende,

Vanoggend ou Grompie vir 'n uitstappie geneem, Foam factory toe. Draai mos toe te gou en beland amper op Swartkops resiebaan. Seg die ouens vir my---- oom ons wil nie vandag kompetisie hê nielaugh

Wel, ek het huidige matrasse by hulle gelos, nou kan hulle mooi sny, oortrek en velgro op die regte plekke sit. Hulle het so 'n 3-laag kombinasie matras, met hoë digtheid en bo 'n geheue-spons. Die derde laag is vir gryskoppe, iets gemompel van "waterdig" laugh

Ek is nogal verbaas, totale koste beloop R3700. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 06/02/2023 - 14:48

Ek is nogal verbaas, totale koste beloop R3700. 

Is die verbasing oor hoe goedkoop of hoe duur dit kos? As mens met ‘n petrol Prado sleep kry jy nuwe perspektief, want dis omtrent wat dit tans kos om die kar vol te maak.  

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 06/02/2023 - 17:56

Middag Chris S

Ek dink dis billik, weet nie of dit goedkoop of duur is nie. 

Ek het nie kwotasies by verskillende plekke aangevra nie, ek het tevore al van die firma gebruik gemaak. Hulle lewer goeie diens. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 06/02/2023 - 18:25

Billik is dit nie Wessel, dit is spotgoedkoop. My matras by die huis, is 4 keer die bedrag gewees 10 jaar gelede! Ek dink jy koop n ding wat sommer oormore gaan platval. Beter nie te veel gaan kamp nie devil

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 06/02/2023 - 19:36

Naand Herman

.... kommentaar. Ek sal jou laat weet hoe die matras hom gedra. Gelukkig kampeer mens mos nie 365dae/jaar nie. 

Teen 36dae/jr, sal die matras darem eers oor 10 jaar, en diens gelewer het wat vergelyk met 'n jaar diens in  'n woning.

Afgetredenes lê mos stil en slaap, of boek lees. laugh 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 13/02/2023 - 14:07

....afhaal en uittoets.

Vanoggend ingelig dat Foam factory klaar is met ons nuwe matras. Ons gaan dit môreoggend haal. Sien uit daarna om die finale produk te aanskou, en uit te probeer. Dalk moet eerste toetsrit maar in die sitkamer wees, nie lus om wa oop te maak daarvoor nie. 

Ek sal die ou matras opsny en dele gebruik as skokbreker onder die sonpanele tydens ritte, waar dit agter op Grompie vervoer word.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 13/02/2023 - 14:46

Oppas vir daai "uit toets" Wessel, op jou gevorderde jare mag jy permanente skade opdoen! Veral as jy nie die matras soos 'n nuwe enjin eers behoorlik te laat inloop nie...devillaugh

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 13/02/2023 - 15:29

Oppas, jy trap maklik in die strik. 🤫😉

....net lê en TV kyk, kan mos nie skade aanrig niedevil

Jy mag dalk vir die begin stil lê. 🤔🤫😂

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/03/2023 - 06:43

Môre vriende

aangesien Len so bekommerd is oor deelname/insette op die forum, sal ek nou maar uit die slaapkwartiere rapporteer.

Die afgelope week by Marakele was die vuurdoop van die nuwe matras. Enkele punte wat gedeel kan word op 'n openbare forum is;

1] dit was die geld werd.

2] ek was bekommerd dat die dikker matras die toemaak van die voorste klap sal bemoeilik. Gelukkig nie, my beterhelfte moes net harder druk tot ek die knippe kan hak wat dit toehou.

3] uiteraard maak die hoër digtheid dat die matras heelwat swaarder is. Chris S sal dadelik weet dat dit die insit en uithaal effe bemoeilik. Die een helfte word op die agterste bed geplaas tydens ritte, wel dis hoe ek dit doen. 

4] dit slaap soos 'n droom, en my ou gebeendere/skelet is nie seer na 'n slaapsessie nie.   

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 18/03/2023 - 07:13

Wessel, dit klink definitief asof dit ‘n goeie kopie was! Het jy net die voorste bed se matras laat oordoen? Ek het al oorweeg om van daardie eierdop matras te kry om los oor myne te sit (voor en agter, want ons slaap op beide beddens). Ek het egter nog nie daarby uitgekom nie, en slaap nog redelik gemaklik. Vir Salomien het ek een van daardie opvou matrasse wat so in drie gedeel is gekoop om op die Kavango se matras te sit so sy is gelukkig. 
 

Terloops, daardie toemaak van die voorste bed se klap het al vir ‘n besering gesorg by ons. Ek en Salomien het dit aanvanklik saam aangepak, want ek wil nie hê die klap moet die tent vasknyp nie. Die voue materiaal moet dus met die vingers ingedruk word terwyl mens die klap toemaak. So staan ons een keer weerskante van die neus, en agv miskommunikasie maak ek die klap die laaste 15cm toe net toe Salomien haar hand weer indruk om ‘n stukkie materiaal terug te druk. Nodeloos om te sê was ek nie gewild nie. Van toe af loop ek maar om van die een kant na die ander en druk self die tent se seil terug. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 24/06/2023 - 07:39

Môre vriende

Ek het nou lank loop en dink, na die Tsendze kampering. Met die wat ek so gesukkel het met min sonure, 'n  bewolkte dag, loer ek toe na die batterye om seker te maak alles is wel. My verstand begin my toe wysmaak dat die batterye foutief is, en nie lading wil neem, of behou  nie.

Die min sonure, die bewolkte weer en die 2 kaste wat hard werk, kon die panele net nie die batterye herlaai kry tot by 14V nie. Dan sodra die panele se uitset stop, het die spanning redelik vinnig geval, soos die kaste bly loop. 

So let ek op dat die 1 battery se sigglasie helder is,  blykbaar beteken dit moertoe. Ek meet toe die batterye se spanning, nadat ek dit van mekaar ontkoppel het. Beide meet toe 12.4v, op daardie oomblik. My woonwa-handelaar vriend seg toe vir my, dat die sigglasie indikasie nie noodwendig beteken die battery kaput is nie.

Met Berg&Dal se 220v het dit nogal lank geneem [etlike ure] om batterye herlaai te kry totdat dit 14V bereik het. Ek vermoed dat ek maar die 2 batterye moet vervang voor die Namakwa trip. Ek is bekommerd dat 'n foutiewe battery kan "ontplof", of tot ander skade kan lei.

Dan klink dit of my waterpomp na 7 jaar nie meer lekker is nie. Dit lawaai meer as waaraan ek gewoond is, maar dit pomp nog.  

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 24/06/2023 - 08:24

Môre Chris, jy lees my soos 'n oop boek. As ek net weet dat die mark vir gebruikte waens  volhoubaar is, dan doen ek dit. Bedoelende, as ek weet dat ek die "belegging" oor 5 jaar sal kan herwin, met 'n verkoop, dan doen ek dit. Ongelukkig kan niemand die toekoms korrek voorspel nie, veral nie in hierdie land nie.  

Op ernstige noot, die waterpomp is omtrent soos sy baas.laugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 24/06/2023 - 08:35

Ek weet dis ‘n pyn om die batterye uit te haal maar doen dit, laai albei vol (tot 12,7V is genoeg) en laat toets hulle by ‘n Battery Centre of soortgelyk. 
 

Ons eerste stel batterye vir die huis se omsetter (wat ook diens gedoen het in die Kavango) het nie gelyk die gees gegee nie. Een het nog lading gehou. My vriend bh Diesel Electric waar ek teen afslag koop, sê hulle sien dit altyd. Mense bring twee ou batterye in om te vervang en een werk nog. 
 

Uiteraard word mens afgeraai om ‘n ou en nuwe battery saam te gebruik, maar dis tog sleg dat mens ‘n werkende battery moet vervang. Hoe dit ookal sy, laat toets eers die batterye voor jy hulle vervang. 
 

Wat die waterpomp betref, is jou stelsel ook konstant onder druk soos myne? Maw jou krane het nie drukskakelaars in nie?

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 24/06/2023 - 08:51

Môre Chris S

My krane het geen skakelaars nie. Sodra die kraan oopgaan, val die druk en pomp begin werk. As kraan effe drup, kan mens hoor dat pomp inskop om druk te herstel. Daarom sit ek dit af gedurende die nag.

In my geval is dit 'n verskriklike moeisame taak. Daardie voorste grot, 1ste ene regs by deur is vol. Die PBE beheerstelsel is groot, dan 2 batterye, die inverter, en die laaier, plus al die gepaardgaande bedrading. Met my uitgebreide beheerpaneel is sy rugkant ook dieper in die kas.

Ek wil nie al daardie komponente beskadig met 'n battery wat begin lek en/of ontplof nie. Eintlik sal dit fantasties wees as mens jou batterye op 'n afgesonderde plek kon plaas, weg van enige ander sensitiewe komponente. Op die beste van dae is 'n battery maar 'n potensieel morsige ding.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 24/06/2023 - 08:55

...jy kan maar gerus spot. As mens nie self iets kan regmaak nie, dan lei dit tot bekommernis.

Ek hou net nie van sukkel nie, seker maar vol bollielaugh 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 24/06/2023 - 09:26

Sover ek weet is dit meestal net oorlaai (overcharge) of teen te hoë spanning laai (eintlik maar dieselfde ding) wat kan lei daartoe dat ‘n battery ontplof. Jou PBE laaier behoort dit nie te doen nie. Dit kan in elk geval met ‘n nuwe battery ook gebeur as dit oorlaai word. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 24/06/2023 - 09:58

Ek dink ook Wessel is reg; dit hang af wat trek stroom terwyl die kar staan. Wat my ook al oorgekom het, is dat die kinders ‘n dak liggie aangelos het wat ek nie gesien het nie toe trek dit die battery heeltemal pap. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus