TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

61925 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morne Desember 2019 Planne. Willem Brits -2 hours ago
Conradb Caravan Movers Willem Brits -2 hours ago
Andersins ook bekend as 'n … Verkeerde Raad Grootwind -2 hours ago
Baie welkom... Desember 2019 Planne. Len Loader -3 hours ago
Eiland Spa 2019 Desember Desember 2019 Planne. Morne -4 hours ago
Sleep nou, Baie dankie vir… Caravan Movers Conradb -5 hours ago
Hi Willem Brits, 

Baie…
Caravan Movers Conradb -5 hours ago

Stormnette/bande

Worcester
Submitted by Wildehont on Wed, 06/11/2019 - 12:32
Forums

Die wind laat loop vandag behoorlik hier by ons en sover was daar min windstil dae die somer. Ons gaan oor bietjie meer as twee weke Jongensfontein toe en daar lyk dit vir die volgende 10 dae se voorspelling nog erger as wat dit vandag hier waai. 
Met my Venter Bushbaby het ek ‘n stormnet gebruik vir die daktent en ‘n stormband vir die ekstra canvas dome tent wat ek opgeslaan het. Nou is my vraag, het ek ‘n stormnet nodig vir my Kavango se tent op sy neus wat vas is aan die klap wat hom oopvou en waarop hy rus? As sy vensters toegerits is, is dit net sy stormseil wat kan wind skep en ‘n stormband gaan nodig hê. 
Die afdak aan die kant is ‘n windvanger so hy sal vir seker ‘n stormband moet kry. Wat sê die ervare manne?

Middag Chris

Ek het gelukkig nognie nodig gehad om hieraan te dink nie, maar my opinie;

1] tentafdak:-- 'n lekker windvanger. Ek het tot dusvêr sommer net 'n stormband oorgesit. Ek weet net nie waar dit die meeste effek het nie, naby die 3 voorste pale, of in die middel oor.

2] My ervaring is dat die stormseil oor voorste bed verbasend wind ongevoelig is. Dalk omdat dit skuins en styf span. Wat ek sal doen, is om vanaf die voorste 2 veerstaal paaltjies, en die ene aan die regter-rugkant bloot net toue te span grond toe. Die stormseil span mos lekker oor die nok en die voorkant van die tent.

Beproef jy dit, en laat hoor van jou.

 

Worcester

Wildehont

Wed, 06/11/2019 - 14:02

Wessel, julle kry gelukkig nie die wind wat ons kry nie!

Ek sal vir seker ‘n stormband oor die afdak sit. Ek het ook gewonder waar dit die beste sou werk. Dalk halfpad tussen die pale en wa in kombinasie met Maxcon tipe penne sodat die pale bietjie speling op het in sterk wind. 
Dalk help die veerstaal paaltjies van die stormseil ook om dit bietjie speling te gee. Ek oorweeg dit om ‘n  stormband tussen die voorste en agterste paaltjies oor te sit. 
Stem jy saam die neustent self behoort veilig te wees solank die vensters toegerits is?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 06/11/2019 - 16:30

Middag Chris, ek het geen ondervinding van jou opset nie,  maar het ondervinding van die kaapse wind, my voorstel is, sit voorsorg in eerder as na sorg.

Waar my wa staan

Arie

Thu, 07/11/2019 - 08:04

Ek gebruik maar die outydse 7 penne.

Geen storm bande of nette nie. Slaan net die penne so na as moontlik aan die paal, teen die regte hoek in.

Maak al die vensters oop as daar n sterk wind is, sodat daar geen vakuum in die tent opbou nie. Nog nooit ń probleem gehad nie, alhoewel ek bessef daar is altyd ń eerste keer.

Onthou tent werk net soos ń huis se dak. Die skuinste van die dak werk soos ń vliegtuig vlerk, daar vorm ń lug leegte en doe dak word eintlik af "gesuig". Dit is hoekom mens gewoonlik sien dat plat dakke makliker afwaai as staan dakke. So plat dak met baie min val of helling werk presies soos n vlerk, lug leegte bou op bo die dak en dan lig die dak. 

Met ń huis is dit ook belangrik om die vensters oop te hou met sterk wind, dit balanseer die druk binne en buite.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 07/11/2019 - 09:08

Ai tog, die winde hier by ons in die Kaap kan soms 'n vakansie-bederwer wees, veral van November tot Januarie, in die regte vakansietyd !  Daarom, my see-vakansie in die Kaap (by Hartenbos) verkies ek maar eerder middel Februarie, maar ek weet dis net beskore vir ouens buite skoolvakansies.

G'n wonder ek is gek oor 'n Wildtuin-vakansie in Meimaand nie, lekker kortbroek-weer terwyl die res van die land bibber, geen wind nie en ook net ná die afgelope reënseisoen.

Nes Arie is ek ook nie juis 'n stormtou fên nie en slaan my tent se outydse veer-penne (7) ook regaf grond toe om die tent op die grond te hou.  Maar wees maar eerder bang-jan as dooie-jan en tref maar voorsorg, veral omdat die Kavango meer tent-seile het as 'n konvensionele karavaan.

 

Middag oom Arie

Verduidelik asb jou stelling " so na as moontlik aan die paal, en teen die regte hoek". Wat is naby genoeg?

Nog beter, hoe lyk dit met 'n foto ter illustrasie. Ek "loop" gewoonlik nog my tou ook om die paal, so 150mm[ou 6 duim] van bo af. 

Groete

 

Middag Willem

Dankie, het gou daar gaan loer.

Lyk darem of ek nog nie my slag verloor het nie. Ek verkies om maar 2 toue/paal op te sit. Kavango het mos 'n klein tent, maar met geen tentlatte [paalstruktuur]nie, net 4 pote grond toe. 

Ek dog net Arie het weer iets tegnologies innoverend bedink en beproef.

Groete

Waar my wa staan

Arie

Thu, 07/11/2019 - 14:27

Nee wat niks inoverend nie net jare lange siviele ingeneurs praktyd.

So naby as moontlik aan die paal beteken net dit -  so naby as moontlik maw tou moet omtrent loodreg af gaan.

Regte hoek is die pen moet op die regte hoek ingeslaan word. Die gedeelte van die pen waar die tou aan vas kom moet paralel met die grond wees..

Onthou my raad is slegas vir tente wat alleen staan, mew staan op sy eie, die toue is slegs daar om die tent te anker.

Baie belangrik is ook dat elke lussie onder die kant seile ń pen moet kry om die tent op die grond te hou