6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -7 hours ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -9 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -11 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -16 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -17 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -17 hours ago

Klipbeskerming

Brits
Submitted by wessels on
Middag alle grondpad slepers Ek oorweeg dit om Witsand-Noordkaap om te kuier oppad Twee Rivieren toe. Nou wonder ek; wat is die beste manier om klippe te keer om op te spat teen die wa, en selfs terug te skiet na die bakkie se agterkant en kappieruit. Hang mens iets swaar onder bakkie se agterbuffer, of blykbaar word 'n paar lae skadunet ook hoog aanbeveel. Wat beveel julle gesoute mense aan.doen Groete
Vaalpark

Johann L

Fri, 28/02/2020 - 14:08

Middag Wessel, weereens nie my terein nie,  maar wat van stukke "conveyer" belt wat jy net weer kan los maak wanneer jy terug is? (Dit is nou soos gewone "mud flaps" net groter. 

Ek hoop maar ander mense ksn jou beter advies gee.

0

Middag Johann

Ek het lank gelede 'n foto gesien waar iemand juis dit opgehang het aan sy bakkie se agterkant. Die persoon het Botswana en Namibie plat getoer en geen skade gehad nie.

Toevallig in so ruk terug se Wegsleep/Ry 'n beriggie gelees hoe die persoon sy agterruit verloor het, en alles natuurlik agterop die bakkie onder die stof.

Ek hoop die hardebaard grondpad slepers kan goeie raad gee.

Groete

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 29/02/2020 - 13:58

Wessel, ek kan natuurlik nie met ondervinding oor hierdie onderwerp saampraat nie.  Maar een van my kamppêlle wat 'n Bushlapa Baobab sleep met sy Land Cruiser, het soos volg tewerk gegaan :  Hy het onder die LC, dwars oor die hele voertuig, van links na regs 'n endjie agter die agteras, los conveyer belde laat hang wat permanent daar hang.  Dit bestaan uit vier of vyf los stukke en keer dat klippe van onder die LC opskiet teen die BL en dan weer terug na die LC se agterruit. Die feit dat dit los stukke is wat kan swaai, keer dat windweerstand nie brandstofverbruik nadelig beïnvloed nie en ook dit kan nie vashaak aan middelmannetjies nie.

As hulle grondpad ry, span hy ook 'n skadunet oor die BL se disselboom en voorkant om opslag klippe se wegspat te versag.

0

Môre Len

Dankie vir jou moeite en die raad.

Ek gaan dit in gedagte hou, en ek is seker ander ouens gaan ook dit beproef.

Groete

 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 13/10/2020 - 21:31

Wessel

Dankie dat jy my in die rigting van die draad gewys het. Nou wonder ek waar koop mens vervoerbande. Die 4x4community forum reken Builders hou dit aan, maar ek het nog nie so iets in Worcester se Builders Express gesien nie. Ek sal kers opsteek by my tentmaker, hy is nogal 'n man met 'n plan. Ek was juis gisteraand daar om finale afmetings te neem en die wa gaan dan die laaste naweek van die maand na hom toe om die tent klaar te maak.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 09/11/2020 - 09:48

Ek het ‘n redelike goedkoop oplossing gemaak vir ons toer Kgalagadi toe oor presies ‘n maand. Die draad wat ek geskep het voordat Wessel my na hierdie een verwys het, het foto’s en ‘n beskrywing van wat ek gedoen het. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus