As julle gelukkig was by n sekere oord, gaan julle oor-en-oor na dieselfde oord, of verkies julle om elke keer n ander oord te besoek?
Bekende oorde
Ons het sekere areas waar ons gaan kamp en in elke area het ons ons gunstelinge. Maar ons hou ook daarvan om na ander oorde te gaan. Ons vergelyk dit egter altyd met ons gunsteling en besluit dan of ons weer sal gaan of nie. Byvoorbeeld, in Plettenbergbaai hou ons van die Forever Resort en wil nie regtig na 'n ander een in daardie area gaan nie.
Naweek nuwe oorde
Ek bespreek gewoonlik lang vakansies by oorde wat ek weet ek gelukkig gaan by wees. Ek sal nuwe oorde meer op naweke uitprobeer
Dylan, ja ons gaan deesdae…
Dylan, ja ons gaan deesdae gereeld terug na plekke waar ons was, ons loop dan maar weer ou vriende daar raak en kuier lekker. Probeer ook maar om tussen in nuwe plekke te besoek.
Met die permanent kamp is ons nogal redelik beperk, nie alle oorde wil jou vir 'n maand of meer laat staan nie, en dan soek ons natuurlik ook plekke wat vir ons bilike pryse in vakansie tye gee. Ons kan nie bekostig om tussen R15000 tot R21000 vir Desembermaand te betaal nie.
Daar is oorde waar ons vir R2500 vir desember kan staan, maar dan moet ons vir drie maande staan.
Hoekom gaan ons terug
Ek se nou die aand vir Berdien ons was vir soveel jare elke jaar by Natalia hoekom doen ons dit en dis eenvoudig as jy so daar aan dink dis n oord wat onder jou vel in klim en waar jy se kyk kamp is koning maar nou gaan ek en Berdien ander plekke ook besoek
Ons sal dieselfde oord oor…
Ons sal dieselfde oord oor en oor besoek as ons daarvan hou. Maar ek moet bysê, ons maak seker ons besoek gereeld nuwe oorde ook, jy weet nooit watse ander lekker plekke wag vir jou nie!
Ons volg ook die beleid.
Ek gaan terug
Sekere oorde gaan ek terug omdat die oord net n plesier is om te wees waar jy n hond uit n bos kamp waar jy vriende maak en ja sulke oorde is soos ATKV Eiland / Natalia ,De Voetpadkloof , Koro Koro ek en Berdien besoek wel ander oorde wat lekke is maar nie daai kom weer terug gevoel nie dalk word ek oud daar is n paar oorde wat ons oplyn vir 2020 wat ons nog nie by was nie
Gaan bv elke jaar terug…
Gaan bv elke jaar terug Scottburgh toe in Junie/Julie. eerstens omdat ons van die oord hou, tweedens het ons elke jaar dieselfde staanplek reg op die strand. En dan natuurlik meestal ook elke jaar dieselfde kamp bure en ander mense wat daar kamp. Dis amper soos 'n groot familie byeenkoms as mens elke jaar daar intrek....lekker om tydens die afry soontoe te wonder of so en so weer daar is, en of die en daai die jaar gesond genoeg is om weer daar te kamp. Selfs die sekerheids mense by die hek ken ons en groet ons soos familie as ons arriveer :)





Ons sal dieselfde oord oor…
Ons sal dieselfde oord oor en oor besoek as ons daarvan hou. Maar ek moet bysê, ons maak seker ons besoek gereeld nuwe oorde ook, jy weet nooit watse ander lekker plekke wag vir jou nie!