TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74400 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Reis vir ontspanning is nou wettig! Red Ons Kampeerbedryf Wildehont -8 hours ago
Braai (ers)… Huis se binnebraai Willem Brits -10 hours ago
Addo se Web-Cam Foto Addo se Web-Cam Foto's Willem Brits -11 hours ago
Nossob se Web-Cam Foto Nossob se Web-Cam Foto's Willem Brits -11 hours ago
Braai Huis se binnebraai Harry Du Randt -10 hours ago
Satara se Web-Cam Foto Satara se Web-Cam Foto's Willem Brits -11 hours ago
Orpen se Web-Cam Foto Orpen se Web-Cam Foto's Willem Brits -11 hours ago

c

Skop my alie

Submitted by janwillem on Mon, 29/06/2020 - 09:53
Forums

Vrydag oggend word ons wakker en daar is geen water nie. Ons vind toe uit dat so 'n paar strate van ons af die pyp gebars het. Soos mens maar maak, sit die prop in en maak die kraan weer  oop en probreer die laaste paar druppels uit die pyp melk, was my gesig en kook toe water vir skeer. Besluit toe maar die elektriese skeermes gaan beter wees. Vergeet skoon om die kraan toe te draai en die prop uit te trek. Kom die middag by die huis en hoor net die lawaai in die huis, toe weet ek hier is nou groot marakas aan die gang. My hele huis onder water. So as ons ooit die geleentheid kry om saam te kamp, sal ek buk vir (gatskop) vir my eie onoselheid.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 29/06/2020 - 10:07

Toe ek die water buite toe gedraai het om die nodige koneksie te doen het dit amper ook met my gebeur.

Die geyser soos ek gesê het loop leeg deur die warm en koue kraan.  Na als klaar was maak ek die water oop maar die warm kraan blaas nie eers nie, los hom oop en gaan buite aan.  Later sê Surette die bad is al vol kan sy maar die kraan toe maak, ek wsd deutmekaar en vra hoekom.

As sy dit nie gesien het nie wad die huis ook seker onder water gewees sad

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 29/06/2020 - 10:30

Janwillem, ek het nou omwillikeurig lekker gelag,  sorry.

So jaar of wat terug met my ook gebeur. Om te voorkom dat die solar geyser oor kook,  (die druk kraan spuit dan klomp kook water op my gras) maak ek bedags, wanneer die temp meter op 94° kom, die bad se kraan oop om vir my vrou solank bad water in te tap.

Die betrokke dag vergeet ek ook van die bad en gaan aan in die tuin. Die gang en een slaap kamer se matte moes vervang word, dankie vir versekering, hulle het teels in die gang gelê en die skaap kamer mat vervang.

Sterkte, hoop jou versekering dek die skade.

Vereeniging

Harry Du Randt

Mon, 29/06/2020 - 10:56

 

Ek het n geval raak gelees van n gesin wat die elektiese stoof aan gesit het en toe agtergekom het dat die krag af is.

Hulle weet hulle het back-up met n Cadac gas bottel met "burner" op. Hulle sit hom sommer op die plaat op die stoof, het mos nie baie spasie in die kombuis nie. Kook die water vir koffie, met die gas en doen al hulle ander dinge voor hulle werk toe vertrek.
Gas bottel is op stoof gelos en stoof is toe nooit afgesit nie. Krag onderbreking is deur die dag herstel en plaat kom aan met gasbottel nog op die plaat. Die gevolge was glo van selfsprekend !!

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 29/06/2020 - 13:43

Stoffel, dit is nou daar waar die bokke van die skape geskei word😂

Harry, dit moes 'n "gelukkige" ongeluk gewees het, gelukkig in die sin van die huis mense was weg werk toe.surprise