Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -7 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -8 hours ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -8 hours ago
Sterkte Verskoning Geert -9 hours ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 hours ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -10 hours ago

Strydoms in Kalaghadi

Brits
Submitted by wessels on
Forums
Middag vriende , binnekort[10 Mei] vertrek ons vir ons 1ste besoek aan die park. Dit is nogal 'n vreemde ervaring omrede dit 'n totale onbekende omgewing en park vir ons is. Ons bly 2 aande oor by Red Sands, dan skuif ons aan Augrabies toe ook vir 2 aande, en dan beweeg ons Twee Rivieren toe. Ons daar bespreek vir 6 aande, en dan weer die langpad terug huistoe. Dit onderbreek ons weer met 'n enkele aand se oorslaap by Red Sands. Het enige van julle onlangs die N14 oor Vryburg en Kuruman gery? Almal praat my bang vir steel van goedere by verkeersligte, deure word dlo sommer oopgepluk ensovoorts. Sommiges bevel aan dat mens gladnie daar moet stop nie. Ongelukkig moet mens stop vir brandstof.

Middag Chris S

Dankie, daai bakkop het my laat besef dis nie sommer mens se maat nie.

Sal ek weer die langpad aanpak Kalaghadi toe, ek dink so.  Dit is anders as die Kruger, en mens moet vrede maak met;

1] die effe min tipe wild

2] die tekort aan paaie. Mens raak effe moeg om dieselfde paaie te ry.

3] dat dele van die paaie erg sinkplaat is.

Tog, as ek baie tyd op hande het, soos 'n pensioenaris, sal ek geld afknyp om weer te gaan. Ek sal egter my tyd verdeel tussen die kampe, en nie weer heeltyd in Twee Rivieren kamp nie.

0

Middag vriende

Ek moet darem nog die fotos laai. Ons het sit en kyk hoe 'n sekretaris voel paar, 'n jakkels rondjaag. Nou wonder ek of hulle eiers op die grond gelê word, en hulle dit beskerm het.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 23/05/2021 - 21:53

... Wessel. Netjiese foto's. En daardie slang is sonder twyfel die swart spoegkobra. Het jy hom self afgeneem?

0
Worcester

Wildehont

Mon, 24/05/2021 - 08:09

Pluk die man mos my deur oop, en kyk vas in die pistool, hy het vinnig deur gelos,en gehol. Mens skrik jou eintlik boeglam.

Ek wonder wie het die grootste geskrik. Dis darem baie sleg dat wetteloosheid so ongestraf voortgaan daar. Ek sou dink die besighede in die dorp sou druk plaas op politici en die polisie, want hulle ly sekerlik daaronder dat mense net deur Vryburg probeer kom en nie daar wil stilhou vir brandstof ens nie.  
 

om petrol in te gooi, en voor ek kan keer, tap die blanke bestuurder sommer 20 liter diesel in.

Gelukkig het jy dit agtergekom. Gelukkig met diesel vra ek altyd vir 50PPM so hulle sal nie per ongeluk vir my petrol ingooi nie. Die bestuurder het seker aangeneem dis ‘n diesel omdat die oorgrootte meerderheid bakkies deesdae diesel enjins het. 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 24/05/2021 - 08:25

Tog, as ek baie tyd op hande het, soos 'n pensioenaris, sal ek geld afknyp om weer te gaan. Ek sal egter my tyd verdeel tussen die kampe, en nie weer heeltyd in Twee Rivieren kamp nie.

Dis juis ‘n groot voordeel om pensionaris te wees en te kan besoek buite seisoen. Binne seisoen is dit bitter moeilik om plek te kry. 
 

Ek het gedink jy sal eerder die ander kampe ook wou besoek nadat jy daar was. Dis nie heeltemal ‘n akkurate vergelyking nie, maar Twee Rivieren is soort van soos die Skukuza van Kgalagadi. Vir my is dit net ‘n oornag stop omdat Kgalagadi so ver is. Ek glo nie ek sal ooit weer meer as een aand daar staan nie. Die boonste deel van die kamp waar die hutte is, is heel skaflik. Die kampterrein staan my egter nie aan nie. Die gebrek aan skaduwee en die feit dat dit ingedruk is langs die toegangspad is regtig nie vir my lekker nie. Ons het wel ook al mooi wild gesien in die omgewing van die kamp, maar die gebrek aan verskillende roetes pla meer as by bv Nossob. Daar is nie noodwendig soveel meer roetes by Nossob nie, en in my ondervinding is veral die paaie Noord van die kamp erg sinkplaat. Die watergat en skuiling in die kamp bied egter puik wildbesigtiging en mens kan natuurlik saans ook daar gaan sit. 
 

Ek kan dink dat die roete vanaf Gauteng en omstreke mens afsit, veral met Vryburg wat so gemors is tans. Vir ons is Kgalagadi heelwat nader as die Kruger wildtuin, en die roete na eersgenoemde is in puik toestand en die paaie lekker stil oor die algemeen. 

0

Môre Chris B

Jip, ek het die meneer self afgeneem, maar darem vanuit die hoogte. Ons het uitgery na "Echo corner" en Oranje kom, waar ons op die hout uitkykpunte gestaan het. Die gifgat het so 3m onder ons op die rotse gepronk.

 

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 26/05/2021 - 07:44

Dis nou een plek waar ek in my element sal wees dankie vir deel Wessel en mooi fotos

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 15/12/2023 - 17:04

...om te dink/droom oor die Kgalaghadi. Ek seg vir die beterhelfte, ons moet dalk nog 'n keer soheentoe gaan. Bloot omdat ons die tyd en gesondheid het. O ja, en Grompie sleep mos lig aan die Kavango, veral in vergelyk met Eseltjie vantevore.

Die keer wil ek sommer aldrie kampe, bereikbaar met 'n 4x2 trokkie besoek. Begin in Twee rivieren, dan Nossob, af na Mata Mata en weer laaste slaap in 2 Rivieren.

Dit lyk vir my dat die enigste opsie vir my en Grompie is om van Nossob via Dikbaardskolk en Urikaruus na Mata Mata te sleep. Dink julle ouens dit is moontlik met 'n 4x2 en Kavango op sleeptou.

Die toer is vir 2025, volgende jaar is sommer die Sanparke tussen ons en OosKaap.   

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 15/12/2023 - 17:58

Klink na ń lekker trip Wessel.

Dit is n harde pad. Jy sal nie probleme kry nie. Maak net seker dat jou boute en moere styf gedraai is, die pad se onderhoud was effe afgeskeep en die sinkplaat van die hoogste rangorde, met ons besoek vroeër die jaar. Maar dit verander in ń dag as dit gesleep word. 

Sellers gaan ook nog n trip maak Kgalagadi toe. Jy moet tog probeer om vir afwisseling jou karavaan te parkeer en van die wilderniskampe vir n aand te kry. Daar is heelwat wat met n 2x4 beryk kan word.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 16/12/2023 - 07:29

Herman, ek onthou die boodskap wat jy gestuur het, al wat mens hoor was die geskud en rammel. Ek wonder of my sagte Hilux en veselglas wa dit sal kan oorleef.

Gelukkig is daar baie tyd om te bedink

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 16/12/2023 - 10:20

............wildpark en ek sou graag meer kere daar wou gaan kamp  -  ook omdat van ons af is dit nader as KNP.  Maar die toestand van daardie paaie plaas 'n helse demper op my vir so 'n besoek.  Dis maar 'n persoonlike storie want my kinders en ons vriende reken dit bly altyd die moeite werd om daar te gaan kamp.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 16/12/2023 - 10:41

Len, is jy bekommerd om die paaie met Padvinder te ry, of om woonwa daaroor te sleep.

Ons het verlede keer net tot Twee riviere gesleep, en die hele week net daar gekamp. Die paaie opsies is maar net min en dus ry mens elke dag omtrent dieselfde roetes.

Daarom wil ek volgende keer waaghalsig wees, en op die "gebaande" sandpaaie dit waag tot by Nossob en dalk Mata Mata. Die vorige keer het ek die sand-rivier paaie redelik getref, en sag op die lyf.  Ek dink dat ek die wa gesleep kan kry tot by Nossob. 

Ek is egter nie so seker of ek wa en trokkie, en my tande stukkend wil skud op die harde,  kort pad tussen Mata Mata en Nossob nie.

Die demper vir ons is die afstand. KrugerNP is net mooi die helfte nader, met die waarborg van diere en vele wildpaadjies. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 16/12/2023 - 13:33

Maak soos baie slepers wat sukkel met die geskud. Moet nie met die hekke oopmaak, oggend stormloop, vertrek nie. Wag tot so 10-11 uur waneer die wild skaduwee soek, en die kampers terug is vir brekfis maak.

Dan  druk jy jou lap hoedjie styf vas, en trap vir grompie se effe bokant die spoedbeperking. Jy seil sommer gemaklik oor die sinkplaat. Gelukkig kan ander die stofwolke van ver sien aankon en gee dan pad. En ek praat nie n groot lieg nie, hulle ry werklik so.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 16/12/2023 - 17:11

wat seg julle ervare manne, die Kalagadi aanbeveling is om trokkie se bande af te blaas na 1.6bar en woonwa na 2 bar. dis goed en wel vir die sand/gruis paaie tussen Twee rivieren, Nossob en Mata Mata.

Wat nou  van daai pad Dikbaardskolkpad na Urikaruus toe, ry mens dit ook met sulke pap bande, of nie. Ek het laas keer die Tierkop-KijKij roete so pap gery sonder skade aan die trokkie se bande.   

0
Worcester

Wildehont

Sun, 17/12/2023 - 17:37

1,6 is nie regtig so pap teen Kgalagadi spoed nie. Jy gaan sagter ry en minder sinkplaat veroorsaak. 
 

Wat die Kavango betref hoef jy nie te bekommer nie. Des 2020 het ons die sinkplaat oral getref. Elke keer wat ek die wa oopgemaak het as ons stop het ek chaos verwag. Een keer het ‘n kassie opgegaan in die ry en ‘n handdoek het uitgeval. Verder was die enigste skade ‘n split pin van die een hoekstut se opwenbout wat verloor het. Ek het dit self vervang na die toer. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 17/12/2023 - 20:13

Naand Chris, ek bekommer my nie of ek sinkplaat veroorsaak nie.laughEk is bekommerd oor die veselglas waentjie. Vir een of ander rede het ek my vertroue in die ding se uithouvermoe, of dan grondpad gehardheid verloor.

Volgende jaar is dit ons en die grondpad Mokala toe. Grompie se agterwielflappe is redelik laag, en ek het die opgestopte neuskombers altyd aan die Kavango. Ek is dus nie te bekommerd oor klip spatsel teen die wa nie. Egter meer bekommerd oor klippers wat regop bly, vir die wa se wiele om in te trap. Gelukkig is Ritchie darem naby, indien ek 'n papwiel kry, en ek het 2 spaarwiele tot my beskikking.   

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 17/12/2023 - 22:38

..............die Exclusive kom nie naby Kgalagadi se grondpaaie nie.  Ons kamp ook net by Twee Rivieren en ry sover as moontlik die grondpaaie in Twee Rivieren se omgewing.

Ek kan die toestand van die paaie nie verdra om met my Pathfinder daarop te ry nie, afgeblaasde bande of te nie.  Ek glo die P/F kan dit maklik vat, maar nie ek nie.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 18/12/2023 - 06:41

As jy dit sleg tref soos Oom Neef vanjaar is dit klippe kou. Ons het dit al sleg getref, en toe met bladvere gery ook. April vanjaar het ons dit egter baie mooi gekry. Ek het al vertel hoe ons gereeld kon sien ons maak die eerste spore op ‘n vars geskraapde pad. Ons het boonop met die Prado gery.
 

Oom Len, Desember 2020 het ‘n kennis van ons ‘n oom met ‘n Eksklusief by Mata Mata gesien. Ek weet nie hoe hy dit reggekry het nie. Die pad tussen Twee Rivieren en Mata Mata was baie sleg toe ons hom daarna gery het. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus