Twee Rivieren
Naand vriende
Sommer 2fotos om te wys ons is in die Kalahari, 1ste dag sommer leeus en cheetah
Wessel, jy is gelukkig om…
Wessel, jy is gelukkig om die mooiste dier op aarde te sien.
Natuurlik die Cheatah, soos my avatar tereg uitwys![]()
Lekker staanplek
Jou wa staan mooi in die skadu en dit lyk nie of julle teen die teerpad se kant staan nie. Die kamp lyk egter redelik vol. Julle is ook gelukkig met die wild, doen so voort!
Kalahari ...
Wessel dit lyk nou lekker en rustig, geniet dit voluit. 🏕👍
Twee rivieren -dag 2
Naand vriende
Die sein bly vrot. Ons het reeds luiperd, leeus, en cheetahs gesien. ek vind die park en karavaan park heerlik.
Ons het boom gegryp net soos mens indraai links, in middel ry voor ablusieblok.
Ek sal meer breedvoerig verslag doen as tuis is.
Wessel, hel julle is…
Wessel, hel julle is gelukkig.
Poog tog om ons op hoogte hou met swak sein en al, ek geniet die reise so saam met die gelukkige kampeerders![]()
gelukkig ???
Ek dink dit is meer as net geluk om
reeds luiperd, leeus, en cheetahs gesien
dit is eerder 'n groot SPOG !
Julle moet verder spog, hou ons asb. ophoogte al is dit net met iets kleins.
Bespreek solank
ek vind die park en karavaan park heerlik.
Maak solank besprekings vir julle volgende besoek. Ek glo teen die tyd weet jy dat jou kombinasie sonder probleme na Nossob en Mata-Mata ook sal kan sleep. Eersgenoemde veral sal jy gate uit geniet as jy van Twee Rivieren hou.
Lekker Wessel. Ek sien nou…
Lekker Wessel. Ek sien nou uit om te hoor wat jy voorstel as ek my eerste Kgalagadi beplan... ![]()
Julle moet die Kgalagadi…
Julle moet die Kgalagadi geniet. Ons was nog net een keer daar vir 8 dae en die plek is weer op my emmerlys.
Tweerivieren Oktober 2018.
Vryburg kaskanades
Middag vriende
Ons is veilig tuis. Ek moet julle vertel van my Vryburg ervaring gister. Oppad soheentoe stop ek langs die pad om my pistool uit wa te haal en by my voete te sit. So vergeet ek om my deur te sluit. So oppad uit Vryburg sukkel ek om verkeersligte groen te kry, en kruip in 1ste rat deur straat. Staan stil en wag vir groenlig, sien ek die knaap op my trokkie afstorm. Gelukkig het ek die wa se handrem vasgeketting, en kappie is gesluit. Pluk die man mos my deur oop, en kyk vas in die pistool, hy het vinnig deur gelos,en gehol. Mens skrik jou eintlik boeglam. Ons het ook seker gemaak dat daar niks op agtersitplek was nie.
So stop ons in Sannieshof om petrol in te gooi, en voor ek kan keer, tap die blanke bestuurder sommer 20 liter diesel in. Nodeloos om te se, daar staan ek 2 ure sodat hulle die tenk kan leeg pomp, deur die pypie na die enjin. Die ou moes toe maar 80liter petrol intap, waarvan ek net 40l betaal het.
Die fotos sal met verdrag kom, hou net moed.
Augrabies
Middag vriende
Soos genoem was ons 2 aande by Augrabies voordat ons Kalaghadi toe was. Ek heg so paar fotos aan vir bewys. Enige hulp met die uitken van die slang sal waardeer word.
Ek los toe my trokkie se ruit oop en binne 5 minute sit aap se kind en vreet nartjies op my sitplek. Wat 'n gesukkel om hom uit te kry.
Die landskap is BAR. Mens moet rondry in park om die impak van die rivier skeur te beleef.
Vir 'n lekkerder koelte staanplek kon ek nie gehoop het nie.
Kalaghadi diere
Middag vriende
Ek plaas so paar fotos van die wild wat ons raakgeskiet het. Die pad van Augrabies, via Upington oor Askham is in 'n puik toestand. Dit is egter nie plat nie en eseltjie het gebrul oor die sandduine.
Stilhouplekke is beskikbaar waar mens kan stop om innerlike te versterk. Nee---ek het nie die stoeltjie raakgery nie!!!
Twee Rivieren se kampeerterrein is toe nie soos ek dit voorgestel het nie. Dis klein, sanderig tot klippers en van die plekke is erg skuins. Die "sonder krag" staanplekke is veral skuins. Ek kon 'n boom annekseer, bloot omdat ek 'n lang elektriese koord, tuinslang, braaier en eie asblik saamry. Ablusieblok is netjies, en alles werk. Lekker wasmasjien en tuimeldroer om klere te was.
Die staanplekke is swak gemerk en mens weet nie presies waar die grense is nie. Krane is effe versprei tussen die staanplekke.
Die winkel voorsien in basiese behoeftes, maar tipies SANPARKE baie duur.
Wessel ek het ge-google, dit…
Wessel ek het ge-google, dit lyk na 'n swart gras slang?
Ek is geen kenner van slange nie, maar verkies 'n dooie slang![]()
Daai stoeltjie is darem baie…
Daai stoeltjie is darem baie naby daai esseltjie se linker voor wiel, kan ons miskien so fototjie van links voor sien![]()
Paaie en wild
Middag vriende
Ek moet noem dat die paaie heel rybaar was. Veral die gedeeltes vanaf Twee Rivieren was amper elke 2de dag gesleep met bande om die sinkplaat uit te vee. Blykbaar is die pad van Melkvlei op na Nossob eintlik sleg, want die Nossob manne vee nie so ywerig hulle pad gedeelte nie. Dit help beslis om jou bande af te blaas na 1.6bar.
Die park was toegegroei onder gras, mens kon amper geen rooiduin sien nie. Die wild kom meestal in die rivier lope, waar mens ry, voor.
Terwyl ons daar was het 'n luiperd in die mans toilet by Melkvlei. Die hek het van sy spoor gewees en die knaap is toe vasgekeer. Gelukkig was dit op 'n dag wat ons nie daar aangedoen het nie.
Hierdie fotos was dit werd…
Hierdie fotos was dit werd om voor te wag, dankie, dit is regtig mooi.
Swart spoegkobra
Enige hulp met die uitken van die slang sal waardeer word.
Dit lyk vir my na die outjie hier onder. Die gevleulde nek sê vir my dis ‘n kobra en die area en die habitat stem ooreen.

Ryk aan voëllewe
Middag vriende
Ek moet erken, ek het nie so baie roofvoëls, en ander tipes verwag nie. Arende en valke is volop, selfs 'n uil in die kampeerterrein raakgeloop. 'n oggend oppad ablusie toe.





Nice, baie nice. Dankie vir…
Nice, baie nice. Dankie vir die deel Wessel. Geniet elke oomblik van jul vakansie.