Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bome omwaai November 2026 Geert -4 hours ago
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -17 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -18 hours ago
Hael November 2026 Geert -18 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -18 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -23 hours ago

Toeriste en agteruitgang

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on

Om nie Chris Boucher se toer draad te gebruik om agteruitgang te bespreek nie, begin ek sommer 'n nuwe gesprek waar ons kan klippe gooi soos ons wil.

Na my mening, en dit is maar met leke politieke kennis, glo ek nie daar gaan verbeterings in eninge staats instellings gebeur nie, wat ons nou in Kruger sien, sien ons oral in elke munisipale oord al vir dekades, en ook in die res van Afrika oor alle sfere.

Gaan brief wisseling tussen ons (die verloorders) en die regering, (die sakkerollers) enige verskil maak, ek sien dit nie gebeur nie.

Ja, ek klink negatief, is so, maar, ek 'n realis.

Pos Kontoor is bangkrot, SAL is bangkrot, ESKOM is bangkrot, noem maar op, elke instansie in Afrika se winste is in persoonlike bank rekeninge van die "elite"

 

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 08/05/2021 - 11:33

Ons het gister terug gekom vanaf KNP. Ons kampeerders by Satara het darem nog mooi uitsig as mens kyk na wat kyk die rondawel bewoners op uit.......die grootste klomp kakiebos en onkruid "tuine" in die middel van sirkels.  Laas naweek het ons vir 5x nagte in Lower Sabie gebly....ons het ons boeglam geskrik toe daar n groot hyena deur ons staanplek loop. Toe hy in die bosse oorkant ons in harloop, het ek na kamp bestuur gegaan en aangemeld. Dis blykbaar al n geruime tyd se probleem. Hulle sê hul kry nie die hyenas nie. Ek sê toe hulle moet nou kom, want hy is in die bosse. Hulle sou toe ranger en ander personeel vanaf Sukuza kry. Later daag daar n werker op {weet nie of dit die ranger was nie} , maar hy het nie eers n behoorlike flits nie......hy skyn met sy selfoon se liggie in die bosse en hoop hy sien die hyena. Weet nie wat hy sou maak as hy hom gesien het nie, want hy het niks anders by hom gehad nie. Laaste aand moes ons sien dat daar 2x hyenas verby ons stap. 

Al wat dit lekker maak van in die wildtuin kamp is omdat dit in die wildtuin is. As daai selfde kampe buite wildtuin was met dieselfde tipe staanplekke en ablusies, sou hulle bittermin belangstelling gekry het.

Ander plek wat deur munisipaliteit beheer word wat op eens n top oord was en nou n seer op die oog en hart is, is Castle Rock oorkant Merry Pebbles in Sabie. Ek het op n tyd belang gestel om die oord as n geheel by munisipaliteit te huur en dan as besigheid te verhuur aan kampeerders, want ek twyfel of daar enige winste tans is, maar ongelukkig stel hulle nie belang in my aanbod nie.

Mens kan seker maar sê kyk liewer na die half vol beker as die halwe leë beker......maar deesdae voel dit of die half vol beker ook besig is om leeg te loop

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sat, 08/05/2021 - 12:33

Middag wildtuin vriende

Gebruik asb die draad om julle klagtes en waarnemings van verval, indien moontlik met foto's te plaas.

Ek het 'n kontak, wat korrek geplaas is om dit hopenlik aan te spreek, aangemoedig om die insette op die forum te volg. Op die stadium wil en kan ek egter nie meer detail bekendmaak nie. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 08/05/2021 - 14:54

Ek het onlangs op een van KNP se FB-forum gelees van wat 'n moderator (lid van die publiek) te sê gehad het en dit het my diep getref.  Daar is 'n groepie hardwerkende KNP-personeel wat sê hulle verlaat eerder die betrokke FB-groep want dit is uiters neerdrukkend om van al die negatiewe en beledigende kommentare van toeriste te lees.  Vir hulle wat regtig hard werk om 'n verskil te maak, veral om die infrastruktuur versorging en instandhouding wat vir bykans 'n jaar tot stilstand gekom het, weer opdreef te bring, is dit pynigend om te moet verneem hoe toeriste onder mekaar feitlik net die negatiewe bespreek.  Dit voeg geen waarde toe nie omdat dit nie die regte plek is om klagtes te bespreek nie  -  dit jaag net emosies op.

Hierdie klompie onderbetaalde KNP-werknemers swoeg om met alewige finansiële probleme en sommige onwillige onderdane (netssos in baie ander bedrywe in Suid-Afrika), die basiese dinge reg gedoen te kry.  Om dan belang te stel om met Wildtuin-liefhebbers geselsies aan te knoop op sosiale media en jou vas te loop in net 'n klaery tussen toeriste, maak jou moedeloos dat jy sommer wil loop.  Iets anders wat my op sosiale media opgeval het, is die absolute teenstrydige berigte  -  die een groep praat van die onvriendelike personeel by ontvangs van 'n kamp en die ander groep praat van die buitengewone vriendelike personeel by dieselfde kamp !  Ander sê weer hoe vuil 'n hut of ablusie was en dan weer 'n groep wat die teenoorgestelde rapporteer.

Nou het ek genoeg hieroor keel skoongemaak.

 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sat, 08/05/2021 - 15:55

Middag Len

Ek glo almal van ons het 'n groot dank teenoor die KNP personeel wat hulle kant, en meer bring.

Ek dink dit is juis 'n goeie ding as die dank en kritiek genoem word. Wel, dit kan nie skade doen nie. Stilbly was nog nooit 'n oplossing vir 'n probleem nie.

As dit sal help, moet mens die kampbestuurder nader, dan kan elke ou vir hom op 'n staptog begelei, en die swak onderhoud uitwys. Ek kan jou wed, jy gaan sukkel om hom te kry om saam te stap.

Laastens, Covid is nie 'n verskoning meer nie. So 'n stil periode is juis die mees aangewese tyd om instanthouding en versorging, sonder inmenging van toeriste, te doen.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 08/05/2021 - 16:56

Laastens, Covid is nie 'n verskoning meer nie. So 'n stil periode is juis die mees aangewese tyd om instanthouding en versorging, sonder inmenging van toeriste, te doen.

Wessel, in hierdie geval, moet ek van jou verskil.  Die personeel is oor die Covid-tydperk huis toe gestuur en instandhouding het vir amper 'n jaar tot stilstand gekom.  Net 'n paar kritiese personeel is behou, maar nie naby genoeg om die normale instandhouding te doen nie. 

Ek is in geen opsigte 'n ou vir stilbly nie, maar aanspreek en opvolg van die probleem by die regte persoon/kanaal is die korrekte prosedure.  Om egter by mede toeriste te k@k en kerm gaan beslis geen positiewe gevolge hê nie, dit gaan net mede-toeriste ondertoe aftrek en niks meer nie.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 08/05/2021 - 17:58

Ek het bogenoemde met kamp bestuur opgeneem. Ek was 30 Aoril 3x by bestuur se kantoor en later die aand nog in telefoniese verbinding....is nie dat ek net onder toeriste kla nie. Ander forum lid het laat weet dat hy dieselfde saak met hyena reeds laasjaar September ervaar het en ook by bestuur aangemeld het. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sun, 09/05/2021 - 07:17

Môre Len

Glo my, komende uit die staatsdiens, het ek baie blootstelling aan die werkinge, of gebrek daaraan,  die afgelope jaar gehad. Of ek noodwendig daarmee saamstem, is iets anders.

Die vraag is---- wat is die regte kanaal vir klagtes rakende swak diens. In die geval in die SANPARKE, of dan KNP. As jy daai kanaal kan vind, deel dit met ons, en almal sal dit met graagte gebruik.

Sodra ek toestemming kry, sal ek myne deel, maar  ek wag op bevestiging of dit wel 'n kanaal kan wees. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 09/05/2021 - 09:37

Die privaat sektor het goed herstel (in ag genome) na die ergste van die pandemie, die staat het mos meer as genoeg tyd om ook hul saak te kan reg stel. Om die flagskip van jou land se toeriste bedryf te verwaarloos, is na my opinie, pateties om die minste te sê.

Sou die antwoord wees, "Fondse ontbreek", is die antwoord voor die handliggend, hoekom gaan dinge in Karoo Nationaal so goed? Antwoord = Belangstelling / Betrokke bestuur. 

Klagtes gaan bes moonlik op dowe ore val, hier hang dit af van die laagste bestuur. (die oord se bestuur.) 

Die toeriste bedryf wat besef wat hul afhankikheid van toeriste is,  het skouer aan wiel gesit en pluk reeds die vrugte.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 09/05/2021 - 10:16

Jy kan maar saamstem of nie my 2c oor die onderwerp : Die kop (regering) is korrup dan vrot die stert later want die voorbeeld wat gegee word ons maak soos ons wil en niks gebeur nie net praatjies van almal gaan ondersoek word , die jeug wil net afbreek en nie bydra tot land nie kyk na betogings meeste jonk klomp neem deel , die beloftes van werk huise vir almal het ons nie gemaak nie maar die regering wat nou die land bestuur daar is geen wet en orde nie kyk hoeveel mense word vermoor op grubare maniere wat kom van dit nie veel dokets raak weg die wat moet getuig word so laastig gevaal en gedryg dat hulle maar op gee en sake terug trek so kan ek aan en aan gaan maar genoeg gese (Die kop vrot en stert volg later)

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 09/05/2021 - 11:40

Daar is nog nie juis buielandse toerisme om van te praat nie. Hulle is die groot "spenders" in ons parke, duur verblyf etc,etc. Ons kampeerders dra maar min by tot die Park se koffers, ek meen ons dra ons vleis, drank, hout als saam van die huis af, en kamp op oumenstyd afslag. Wie gaan op n wildrit saam die rangers, bitter min, is te duur.

So die dat daar n staanplek is met n ablusie is vir my gebruik is ek voor dankbaar.Al  moet ek dan self die vloer uitvee, sal ek doen as dit my pla. Buk om n paar papiere op te tel is ook olraait. Die vuil ablusie en rommel kom elk geval van my mede kampeerders af.

Ek weet nie van privaat sektor wat in Oudshoorn herstel nie.  Grotte se begroting klop nie, bitter min besoekers, geen toerbusse kom ons dorp in nie. Gastehuise is leeg, die mense baie bekommerd.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sun, 09/05/2021 - 16:43

Middag vriende

Ek het nounet terugvoer van my kontak gekry.

Die aanbeveling bly steeds om ons klagtes direk met die betrokke kampbestuurder op te neem. Die persoon het weens sy amp baie insig in SANPARKE, asook die bestuur en administrasie daarvan. Volgens hom is die huidige situasie bloot toe te skryf aan Covid, verminderde personeel [slegs 30% by die werk], en natuurlike fondse wat totaal ontbreek.

As dinge dan onaanvaarbaar is, laat ons dan die betrokke kampbestuur gas gee. Of dit gaan help, kom ons hoop so.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 09/05/2021 - 18:30

Dankie Wessel  -  dit is presies in ooreenstemming met my kommentare hierbo.  Ek is bly dit is bevestig dat dit die enigste oplossing is, maar ek sal dit nog skriftelik opvolg met die betrokke kampbestuurder met 'n afskrif aan Sanparke Hoofkantoor.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 10/05/2021 - 08:58

afskrif aan Sanparke Hoofkantoor

Ek het na ons besoek aan Satara ‘n paar jaar gelede deur SANPARKE se webwerf terugvoer gegee oor my kwessies en erkenning ontvang. Daar is belowe dat dit met die kampbestuur opgeneem sal word en dat terugvoer voorsien sal word. Daar het dadels van gekom. 
 

Ek is ook nie vol vertroue dat dit resultate sal oplewer indien direk by kampbestuur gekla word nie. Teen die tyd dat onderhoud so ver agter geraak het, raak dit ‘n kwessie van (die ergste) vure doodslaan. Gegewe die gevolge van Covid (personeeltekort en gebrek aan inkomste) is dit nie realisties om binne die openbare sektor wonderwerke te verwag nie. Weens misbruik, wanbesteding en korrupsie het voorsieningskanaalprosesse (lekker lang woord) in die openbare sektor baie omslagtig geraak. Vra my, ek het in 2014 uit die privaat sektor geskuif na die openbare sektor. Jy tel nie net ‘n foon op, kry ‘n kwotasie en skryf ‘n rekwisisie uit en dan lewer jou verskaffer af nie. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 10/05/2021 - 09:24

Wat  Wildehont skryf is heeltemal in die kol.

So week gelede gesels ek met die bestuurder van die Swartberg reservaat/wildernis gebied. Ek noem aan hom dat daar vreeslik baie dennebome opkom in die berg en al saad gooi, die kom tot hier by my op. Se Kagiso vir my dat hulle bitter min geld kry by die regering, hy sukkel vreeslik. Hy kan werklik nie dink waneer hy eendag daarby gaan uitkom nie. In die verlede het hulle so elke 3 jaar die indringers op die berg uitgehaal, en selfs helikopters gebruik op die moeilike plekke.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 11/05/2021 - 06:21

Ek was 3 weke gelede by Wits Universiteit se planetarium om kursus materiaal te kry, net 'n klompie paiere en sterrekaarte.  Ek was nie verbaas toe ek hoor dat die dame verandwoordelik vir die gedeelte siek is nie, want die res van die storie daar is maar hartseer -  so met die instap kry 'n mens sommer dadelik die gevoel van agteruitgang en dat daar nie omgegee word oor die plek nie.  Daar is niks nie!   Net mense met jobs ....

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Tue, 11/05/2021 - 10:43

As enige kamp in Kruger wil sien hoe n' kamp bedryf moet word, gaan kyk na Krokodil Brug. As hulle dit kan doen dan is daar mos geen verskoning vir die res nie.

Maar maak nie saak nie, ons sal weer terug gaan Wildtuin toe want dit bly n' onverkoore plek. n' Ander wêreld.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus