TO
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

 nuwe onderwerp graderings

89429 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die niks doen van Chris en… Karoo Nasionale park Lapskag -4 hours ago
Donkiemedisyne Vriendelike debat voering. Len Loader -6 hours ago
Nou kan ek bewys ek lees… Vriendelike debat voering. Johann L -6 hours ago
Willem... Vriendelike debat voering. Len Loader -6 hours ago
Arie, dalk so bietjie vroeg… Vriendelike debat voering. Johann L -6 hours ago
Chris daai berg kwaggas is… Karoo Nasionale park Johann L -6 hours ago

Koordlose mover

Durbanville
Submitted byJeanne Jones onTue, 27/07/2021 - 08:05
Forums

More almal. Wat is die beste mover en is dit die geld werd. Koste min of meer. Kan dit die karavaan teen skuinste stoot. Dankie

Vaalpark

Johann L

Tue, 27/07/2021 - 10:11

Jeanne so ver ek weet is die Ewicks die goedkoopste, en ja hy kan enige tyd dieselfde skuinstes aandurf as enige ander. Ek het myne by Comet laat installeer vir R11 000.00 met koordlose beheer,,maar ditmismlank terug.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 27/07/2021 - 10:13

Jeanne,

Die goed is nogals geprys.  Watter karavaan het julle ?

Vir 'n enkel as is die goedkoopste die lokale een maar vir die dubbel as karavaan is daar ingevoerdes wat ontwerp is vir dit.

Sal kyk of ek die web skakel kan kry en dit hier plaas.

Middag Len

Help tog jou naas bure in die verband met raad en moontlike instansies wat 'n skuiwer vir hulle kan installeer.smiley

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 27/07/2021 - 12:18

Kontak gerus vir Pine, hier is die skakel waar Ilse dit geplaas het. (klik net op die skakel)

Die ouens soos Willem Brits en Len Loader sal weet ek is Pine se anderhelfte (wat maar oor die algemeen baie skaars is).

 

Pine het in 2008 al begin met die caravan movers te installer in die Kaap en is welbekend in karavaan kringe.  Oor die jare het sy besigheid baie uit gebrei van die aanvanklike PowrTouch movers na Ewiks Movers, Steadies, Tru Kameras en nog baie ander dienste.  Julle is welkom om hom te volg op Facebook op WC caravan Movers of die website (www.wccm.co.za - alhoewel ek nog bietjie werk daar het).  Ek prober om gereeld video's op te sit van verskillende stelsel op verskillende waens maar as daar enige vrae is kontak asb vir Pine op 0828245126

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 27/07/2021 - 12:44

Jeanne, ek ken vir Pine al 'n klompie jare en hy is sonder twyfel jou betroubaarste installeerder van "movers".  Hy ken die onderskeie produkte en installeer hulle almal.  Hy het my PowrTouch op my Exclusive geïnstalleer.  Sy werkplek is in Joostenbergvlakte, 'n entjie verby Cape Garden Centre.

Pretoria

Geert

Thu, 29/07/2021 - 00:33

Ek het Powrtouch gehad en dit het my in die steek gelaat voor n lang naweek kamp. Geen agente was toe meer in Pretoria beskikbaar gewees nie. Die invoerders het verwag dat ek my karavaan na Villiers toe moes sleep vir waarborg diens. Dis die tipe diens wat ek gekry het vanaf hulle na n R29,000 se instalasie wat nog onder waarborg was. Al meer klagtes oor Villiers se manne gehoor. Het intussen Ewiks opgesit, by my huis en naverkoop kom hulle ook na my huis....sover baie happy

Vaalpark

Johann L

Thu, 29/07/2021 - 07:22

Môre Geert, Ewiks se na verkoop diens is absoluut puik. Na my een motor se rat gestrip het, het Kyle vir my dadelik twee nuwe rate gekoerier (ek kan gelukkig self die dingetjies doen).

Hy het nou baie meer agente oor SA, en bly steeds 'n puik sakeman, tipies Duitserwink

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 29/07/2021 - 09:48

PowrTouch : Gelukkig is myne na 6 jaar nog in 'n piekfyn, werkende toestand en ek is gelukkig om Pine net om die draai te hê sou ek 'n probleem hê.

PowrTouch se hoofagent en invoerder in Villiers se naverkoopdiens staan my ook glad nie aan nie.  Veral Willem Brits se drama om behoorlike diens uit hulle te kry (nadat hy van Pretoria Villiers toe moes sleep) laat veel te wense oor.

As ek nie nodig gehad het om 4 Ewiks motors vir my Exclusive aan te skaf nie en hulle het destyds 'n koordlose produk gehad, sou ek ook eerder die Suid-Afrikaanse Ewiks aangeskaf het.