Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -2 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -2 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -3 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -4 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -6 hours ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -9 hours ago

Lekker Hoender Kerrie - met fotos

Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem
Submitted by Josef Willem on
Forums

Na Voortrekker se lekker hoender potjie het ek toe maar besluit om ook een te maak van my beroemde Hoender Kerrie.

Foto 1

.

Ek gebruik sommer hoender fillette, 1 kg is genoeg vir 6 porsies

Foto 2

.

Sny 2 uie net lekker op, nie te groot of te fyn nie, ek geniet dit net n lekker grootte gesny.

Foto 3

.

Meng 1 koppie koekmeel met 2 teelepels masala, 1 teelepel sout, en 1 teelepel wit peper en 1 teelepel paprika, meng alles saam, sny die hoender fillette in repe en gooi in die meel mengsel en maak seker alles is gedek.

Foto 4

.

Braai die hoender in n swaarboom pot in genoeg olie totdat hulle lekker bruin is, dit vat so ongeveer 10-15 minute, daarna haal die hoender uit en sit eenkant. 

F0to 5

.

So die hoender is uit, plaas die volgende in, Uie, 1 teelepel komyn, 2 teelepels borrie, 2 teelepels knoffel, roer lekker deur, kan nog n bietjie olie insit dat dit lekker kan braai. na so 5 minute sit n ¼ koppie Tamatiesous, ek gebruik Allgold. roer lekker deur en laat prut vir nog 3 minute.

Foto 6

.

Die keuse volgende is julle sin, ek sny 1 Jalapeno fyn op en voeg dit by, julle kan rissies ook insny.

Saam met dit voeg ek n ½ teelepel cayenne peper by en roer lekker deur.

Foto 7

.

Voeg n ½ koppie water by sodat jou sous so kan lyk.

Foto 8

.

Voeg die hoender by saam met 2 lekker groot aartappels wat in groot blokkies gesny is en laat prut oor lae hitte vir 30 minute.

Foto 9

.

Sodra die aartappels sag is, voeg n 250ml plain yoghurt by, roer lekker deur en laat prut vir 5 minute. Skep op en geniet!

Foto 10

.

Daar is hy manne, het sommer bruin rys gekook en Patats in die Waaier- Braaier gaar gemaak met n bietjie olyf olie en gemengde kruie.

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 25/08/2021 - 16:53

....daai pot van Josef;

1] dit bevat hoender

2] daar is kerrie in oorvloed by

3]en dan nog gemengde kruie.

Ouens soos ek wat diensplig gedoen het, het 'n sekere negatiewe persepsie van enige vleisdis wat sterk gekerrie is.

Dis maar my siening, en heel moontlik is Josef se dis uit die boonste rakke.  

 

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Thu, 26/08/2021 - 08:32

Oom,

Ek kan oom belowe dat die kerrie pot nie warm is nie, dit is nie nodig om n rol toilet papier in die vrieskas te sit agv n holbrand niesad, ek self hou nie van n kerrie wat jou laat sweet nie, my neef se seun van 4 eet ook lekker aan die pot.

Daar is baie gemengde kruie in en as jou maag sensitief is vir kruie, dan sal ek eerder nie die kerrie probeer maak nie, maar ek kry hom in sonder om die toilet na 10 minute ernstig op te soek nie.

Ek sal die naweek die selfde resep gebruik en net beesvleis gebruik en terugvoering gee oor hoe hy gesmaak het!

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 26/08/2021 - 08:42

Môre Josef

Onthou net, ek het nie, en kan ook nie jou kerrie-dis kritiseer nie.

Ek het eintlik maar net my persoonlike  aversie uitgespreek teen enige, selfs my vrou se disse [kerrie en kruie].

Ek eet nie eers in restaurante enige souse wat oor steak bedien word nie. Die sous MOET apart in bakkie bedien word, en ek sal besluit of ek die vleissmaak daarmee wil opfoeter. 

  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 26/08/2021 - 15:11

Alhoewel dit nou nie Josef se resep gaan wees nie, bestaan vanaand se spyskaart ook uit kerrie-hoender om die Kaapse koue vanaand die hoof te bied. Voorafgegaan deur 'n glasie OBS, opgevolg met 'n lekker glasie (of 2) Sauvignon Blanc.

Ek en Ralie hou nogal van kerrie met 'n bietjie skop. Dit was nooit so nie, totdat ek eenkeer die fout by Durban se Indiërmark gemaak het deur te vra vir 'n medium kerriemengsel i.p.v. 'n "mild" mengsel. As hulle medium só sterk is wil ek nie weet hoe proe hulle "Mother-in-law's Exterminator" nie. Nietemin, ons het met 500g daarvan gesit en stelselmatig het ons, ons kerriedisse al hoe sterker gemaak.

Ek het gister 'n blikkie "Holbrandkerrie" by Veldskoen Padstal gekoop. Dit moét vanaand getraai word.

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Thu, 26/08/2021 - 15:14

Ek het ook 2 blikkies van daai holbrand kerrie gekoop by veldskoen padstal, hy is lekker, jy kan hom maar gooi, ek vind hom so effens aan die swak kant maar die geur bly lekker!!!

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 26/08/2021 - 16:07

Nou maak julle my lus, dalk oor die naweek as die koue hier toeslaan volgens die weervoorspelling.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 30/08/2021 - 09:39

Ek het die hele naweek my tande geslyp vir die kerrie, maar eers gisteraand so 20:30 daarby uitgekom om dit te maak. Ek het die aanwysings gevolg, maar ek moes heelwat meer as ‘n half koppie water byvoeg voor dit kon prut nadat ek die hoender en aartappels in die sous gesit het. Op die ou end het ek die jogurt ook bygevoeg ten einde genoeg vog te hê om die aartappels sag te kry. Ek wou nie die mengsel met nog water verdun nie. Die aartappels was eers teen 23:15 sag genoeg, maar ek het vir my ‘n porsie ingepak vir middagete. Ek sien uit daarna om dit te proe!

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 30/08/2021 - 09:52

dit is nie nodig om n rol toilet papier in die vrieskas te sit agv n holbrand nie

Jare gelede nooi ons vriende vir ete, en besluit om kerrie te maak. Ons klop toe aan by ‘n Indiese spesery winkel in die Jakaranda sentrum in Pretoria. Die tannie het haar eie resepteboek geskryf. Ons verduidelik toe vir haar wat ons plan is, en sy stap saam met ons deur om te wys wat ons alles moet koop. Toe ons by die masala kom vra sy of ons vriende gewoond is aan warm kos sodat sy die regte masala kan aanbeveel. Tot op daardie tydstip was ek maar net ‘n stertjie wat agter haar en Salomien aan gedrentel het. Toe sy dit vra antwoord ek dat ons almal van warm kos hou, so sy kan maar haar warmste masala gee. Toe vererg sy haar vieslik, draai na my en sê; Indian cooking is not about seeing how hot you can make the food, it’s about a beautiful marriage of flavours! Ek het verder stil gebly. Salomien het vir omtrent ses ure lank gekook daardie Saterdag maar ek moet sê; dit was van die lekkerste kerries wat ek nog ooit geëet het. As jy lief is vir kerrie (soos ek) kyk gerus of julle ‘n Moksh restaurant kan besoek wanneer julle weer in die Kaap is. Nog ‘n plek wat ‘n paradys is, is Jaipur Palace in Durban. 

0

Ek maak weer hoender kerrie met Denny se "Mild Malay" kerrie met net aartappels en wortels in.

Ek gebruik oog hoeder dykies en boudjies vir die dis en die kinders eet hulle vingers af aan die dis want dit is nie te warm nie, geurig.

Word bedien met rys.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus