Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk Springbok rugby Geert -43 minutes ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -8 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -8 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -9 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -10 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -12 hours ago

Nuwe generasie Jurgens

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Kom ons deel hier enige nuwe Jurgens karavane met mekaar.

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 30/08/2021 - 13:43

Ek was nie by die saam kamp met die bekendstelling van die nuwe Exclusive by Klein Paradys in Brids nie.  Maar het van die foto's op fb gesien en een van die kamp vriende het paar foto's gedeel op WhatsApp.

.

.

.

.

.

.

Die hoof bed is na agter geskuif, weet nie hoekom nie ? 🤷‍♂️

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 30/08/2021 - 13:47

Middag Willem

Hoe moet ons die uitnodiging vertolk? Wil jy weet;

1] wie het wat se Jurgens nuwe gekoop

2] wie het 'n gebruikte wa gekoop

3] of watter nuwe modelle is beskikbaar bby die fabriek.

Ek sal dalk weer na 'n Jurgens kyk sodra hulle die Palma terug bring. Nou hoe moet die ouens voel wat ook nuwe waens aangeskaf het, maar dit is nie 'n Jurgens nie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 30/08/2021 - 13:51

Dan is daar die badkamer wat in die middel sit.  Dit is vir my en baie ander 'n groot stap (of dan 'n moerse sprong) agteruit.

.

.

Eestens daai stort se pyp is voor aan die wasbak se kraan en dan sit hy ook nog aan die anderkant waar die stort kop teen die muur is, dom.  Die pyp is heeltyd in die wasbak.

Dan die anderding is die stort is nie meer apart in sy eie hokie nie, jy sal elke keer die stort moet droog maak voor die volgende een die badkamer gebruik.

My komentaar op fb aan Ina was, hoekom praat hulle nie met die kampers nie ?

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 30/08/2021 - 13:53

As jy n wa bou hoor wat se ander van jou idee daar is baie goeie praktiese idees ek wonder wat hulle pryse gaan wees 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 30/08/2021 - 13:54

Nou hoe moet die ouens voel wat ook nuwe waens aangeskaf het, maar dit is nie 'n Jurgens nie.

Sal graag wil hê ander moet ook 'n draad begin sou hulle weet van 'n nuwe model / maak wat op die mark gekom het.

Ek het die Jurgens Exclusive begin wat ek weet hie is 'n paar op dié Kampforum wat wel ouer modelle het.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 30/08/2021 - 14:28

Hello Willem

Het Jurgens enigsins gedink oor die badkamer verandering? Ons het juis weens daai uitleg NOOIT gestort in ons Palma nie, alles sou nat wees.

Ek dink min mense gaan van die nuwe hou, onge-ag al die ander veranderinge.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 30/08/2021 - 14:57

Beslis, die res lyk ok maar daai badkamer 🤷‍♂️☹😫🤐

Sal vir Ina van Jurgens hierdie skakel stuur.

0

So sien ek nou al lank uit na die nuew Exclusive. Sien die prenties op FB van buiste en raak al hoe meer opgewonde, en toe die badkamer, groot was my teleurstelling.

Nou vra ek myself, is die mense by Jurgens nie kampers nie, of gebruik hulle maar net nie die badkamer nie., en as jy nou wil doen wat die ander vervaardigers doen, doen dit behoorlik.

Nee Jurgens, en teen die genoemde prys lyk die opesisie baie meer aanloklik.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 30/08/2021 - 15:21

Ek het die skakel van hierdié draad vir Ina gestuur en haar antwoord was ... (Ina het vir my dié update gestuur)

Dankie Willem.  

Goeie dag Willem.  Baie dankie vir die skakel.  Ons neem kennis van die inhoud daarvan en ek wil graag die volgende met julle deel.  Ons luister wel na die publiek en dis juis op grond daarvan dat die wa op die spesifieke manier ontwerp is.  Ons het baie versoeke ontvang vir n gesinsvriendelike Exclusive (4 slaper).  Nie alleen is die voorste bed nou geskik om 2 meer lywe te akkomodeer nie, maar die mamma kan nou in genoeg spasie toesien dat die kleingoed skoon kom, sonder om in die beknopte storthokkie te sit.  Ons het ook verskeie versoeke van mense wat n bietjie "groter" van lyf is ontvang wat nie die huidige badkamer tenvolle kan benut nie. Ek wil graag n versoek rig dat die wa eers besigtig sal word alvorens negatiewe kommentaar (waarop enige iemand geregtig is) net lukraak uitgedeel word. KAMPGROETE. Ina

Die terugvoering is nie vir my so positief soos wat ek op fb gesien het nie. 

0

Toe die prototipe in 2019 by die Beeld skou was het ek baie mense hoor kla oor die een vertrek stort-toilet.

Maar nou ja, hoe sal ons die verbruiker nou weet.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 30/08/2021 - 15:29

Miskien suur druiwe, maar ek hou glad niks van die nuwe Exclusive nie :-

  • Vensters is hopeloos te klein
  • 'n Vol badkamer met afsonderlike storthokkie en toilet word prysgegee vir 'n reuse eethoek. 99,9% kampeerders sê jy slaap net in jou wa en kuier buite in die tent of by die vuur.  Nou waarvoor hierdie groot kuier-vertrek ?
  • Daardie pyp-storie in die handewasbak is 'n hoegenaamd nie goed deurdinkte konsep nie.
  • Hierdie Palma/Sensation inmekaar gedrukte "badkamer" is nie vir my nie, dankie.

Ek is teleurgesteld  -  is dit werklik die beste waarmee Jurgens vorendag kon kom ?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 30/08/2021 - 15:46

As ek in elke kampterrein waar ek kom Exclusives sien, is dit by verre meer die ouer mense, of afgetredenes of ouers met kinders/tieners wat buite in tente slaap.  Daar is bitter min mense met klein kindertjies wat Exclusives sal besit net om vir die kleintjies slaapplek en wasgeriewe te hê. Buitendien, my kleinkinders word heerlik deur hulle mammas in my Exclusive gestort deur buite die storthokkie maar binne-in die badkamer te staan.

Ek twyfel baie sterk of die duur en na my mening onpraktiese Exclusive hul enigste teikenmark, jong ouers met klein kindertjies, gaan tref.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 30/08/2021 - 15:53

Len, op jou terugvoering oor die reuse eethoek is dit glo 'n groot bed.  Dit is vir my nie prakties as jy 'n seun en dogter het nie, dan eerder bunk beddens.

  • 'n Vol badkamer met afsonderlike storthokkie en toilet word prysgegee vir 'n reuse eethoek. 99,9% kampeerders sê jy slaap net in jou wa en kuier buite in die tent of by die vuur.  Nou waarvoor hierdie groot kuier-vertrek ?
0

Ek will net byvoeg, dat behalwe vir die badkamer hou ek baie van wat ek sien. Die Bed/sitkamer is baie soos die Elegance en ons het dit baie as gesin gebruik as die weer buite onaangenaam was.

Ek hoop van harte die wa is nie so neus swaar soos wat die Elgance was nie en dan ook onderstel  oterker.

Miskien is die Quantum 'n wenner met die bunk beds en 'n vol badkamer.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 30/08/2021 - 16:08

Volgens my het die Quantum 'n beter opsie vir meer slaap plek vir kinders.

Quantum bou twee met bunk beddens, die Infinity en dan die Oasis.  Klik op die naam om na die web te gaan.

Infinity

.

Oasis

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 30/08/2021 - 16:13

JaquesK

Ek stem, dit is net daai badkamer wat my afsit.

Wat ek nie van die Quantum hou nie is die bed wat dwars sit, lyk vir my net nie reg nie. (dalk te kort ?)

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus