Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie nuus Verskoning Rona du Plessis -23 minutes ago
Vir Maurits Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -35 minutes ago
Dankie......... Verskoning Len Loader -1 hour ago
Maurits... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Montagu Oktober 2026 saam gesels maurits1 -1 hour ago
Dankie Wessel. Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -2 hours ago

Kruger Wildtuin roetes.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Almal plaas hul gunsteling roetes en kampeer plekke in die wildtuin op hul gespreks lyne, wat ook reg is, maar ek sal graag op een plek wil sien wat wie verkies, en hoekom.

Dit kan dinge net baie makliker maak vir almal wat so iets wil beplan, sonder om so baie deur te blaai n te lees?

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 17/01/2022 - 12:57

Ek lees so pas op Maroela Media dat talle buitelandse toeriste hul voorgenome besoeke na die Krugerwildtuin gekanselleer het na die skietvoorval buite Numbihek. Die Laevelse Sakekamer (of is dit die Laeveldse Toerisme-organisasie) reken dit beteken verliese van miljoene Rande vir die streek.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 17/01/2022 - 13:14

Uit SanParke se oogpunt is dit 'n groot verlies want hulle het die inkomste broodnodig.  Maar vanuit my eie (iewat selfsugtige) perspektief wat die suide van die Wildtuin hierdie jaar in Mei gaan aanpak, beteken dit minder mense en veral minder toergids-voertuie wat wild-besigtigings toestorm.

Maar, op 'n meer ernstige noot, dis tragies dat roof-aanvalle in Suid-Afrika die wêreld se toeriste moet afskrik van die wonderlike vakansie-plekke in ons land.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 17/01/2022 - 15:24

Middag vriende

Ek is werklik bly oor die nuusberig. Ek hoop net dit haal die regte gehoor op plaaslike en nasionale vlak. Ek twyfel egter of die minister van toerisme dit sal bevestig;

1] omdat sy nie ingelig is oor die voorval en die effek nie

2] omdat dit darem sleg sal lyk as sy moet laat blyk dat van misdaad wel oorsee kennis geneem word.  

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Wed, 19/01/2022 - 13:09

Ons het begin Januarie terugekom van n' reis om Suid Afrika. Eers Wes na Kagalagadi toe Wes kus toe by Port Nolloth, toe aff met die Wes kus tot in Kaap Stad (Melkbos). Nuwe jaar Oos waards na Montagu en aan tot Oudshoorn, Hartenbos en to terug Pletenberg Baai toe. Toe na Storms Rivier, Addo Elephant Park, Cradock, Gariep en terug in Pretoria die 12de Januarie. Ons het net Melkbos (Ouskip) bespreek. Die langste afstand per dag was 410Km en die kortste was 96Km. As ons van n' plek hou dan bly ons eenvoudig langer. In die Kalagadi het ons die Jurgens Exclusive woonwa in Twee Rivieren gelos en in hutte in die park gebly.

Van die 27ste Januarie gaan ons vir 6 weeke Kruger Wildtuin toe. Dit is met hulle "long stay" 50% afslag promosie. Ons begin in die noorde en werk aff na die suide en dan weer noord. Die enigste kampe wat ons nie gaan oornag nie is Onder Sabie, Pretorius Kop, Malelane en Crocodil Brug. Ons gunsteling bly maar die Wildtuin. Die beste roetes bly maar langs die water/riviere. Elke kamp het sy eie sharme. Ons verkies die kleiner kampies want hulle is rustiger. Dus is Tsendze, Balule en Maroela ons gunsteling. Maar ons langste bly is in Satara.

Ons kan nie wag om terug te gaan na die ander wereld. 

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Wed, 19/01/2022 - 13:46

Naby Hartenbos. Auteniqua Caravaan Park

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Wed, 19/01/2022 - 13:47

Strandfontein. Die horseshoe.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Wed, 19/01/2022 - 14:12

Gariep. Langs Oranje Rivier. Washbank River Lodge. Uitsteekend!!

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Wed, 19/01/2022 - 14:14

Sanctuary Guest Farm. Net buite Cradock.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 19/01/2022 - 14:54

Satara Nov 2021

Ek dink ek weet waar daardie staanplek is. As mens in die kampterrein in ry van ontvangs af tot by die pad teen die heining en links draai sit dit aan die onderpunt van die pad net voor dit weer na links draai. Ek kan egter nie onthou dat dit geplavei was nie (of dalk dink ek nie aan die regte een nie).

Maggies maar julle pas afgelope toer klink lekker, en dan het julle nog ‘n lekker een om na uit te sien. Laat my wens ek was al afgetree! Dankie vir die mededeling en foto’s. 

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Wed, 19/01/2022 - 15:24

Ek is jammer om die fotos onder Kruger Wildtuin roetes te plaas maar Kruger en die bosveld bly ons absolute gunsteling.

Ons het ook soos Anton Louw by Die Punt, in Keimoes gebly. Uitsteekende plek. En R150 per nag!

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 19/01/2022 - 15:24

Dit klink nou lekker, maar ek persoonlik hou nie van sulke kort stoppe nie.  Dit kan verseker (nie versekering nie 😉) lekker wees die roete en dan nog die vooruitsing van die Kruger N/Park wat voorlê.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 19/01/2022 - 15:36

Middag Paul

..... spesifieke kampplekke---- Doringlaagte by Montagu, Washbank by Gariep.

Ek het gou gaan loer op die internet en beide is werklik indrukwekkend.

Jy het seker die tent gelos by Stormsrivier, weens die wind, of hoe.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Wed, 19/01/2022 - 15:46

Dankie Willem. Ons het op n' plek gebly so lank as wat ons will. Party was een nag en ander was 2 of 3 of 4 nagte. Twee nagte is eintelik die minimum wat mens nodig het om die plek n' bietjie te verken. Daar was ook gevalle wat ons by aankoms vir 3 nagte betaal het en nie van die plek gehou het nie en maar net na die eerste of tweede nag aan beweeg het. Mens moet ook die ryery beperk tot niks meer as 400Km per dag nie. Dan kom jy so 12H00 by jou volgende plek aan en jy kan rustig vir die res van die dag rond kyk.

Anyway, Kruger is my gunsteling rustige plek. Alles is stadig, kampe is nie ver uit mekaar nie, paaie is goed, kampe is rustig (groot staanpleke), mense is bedaart en still, almal is daar om net still en rustig te wees.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Wed, 19/01/2022 - 16:21

Die beste kamp plekke wat ons besoek het was Washbank by Gariep (splinter nuut en pragtig) en Die Punt by Keimoes. Storms Rivier was die mees aangrypenste...die rowe see op jou stoep!!!

Ons trip was so 5000Km oor 35 dae. Heelwat ryery maar ons was nooit onder druk gewees nie. We did it on the wing. Ons gemidelde afstand tussen kampe was so 200Km. Lekker!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus