Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie nuus Verskoning Rona du Plessis -25 minutes ago
Vir Maurits Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -37 minutes ago
Dankie......... Verskoning Len Loader -1 hour ago
Maurits... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Montagu Oktober 2026 saam gesels maurits1 -1 hour ago
Dankie Wessel. Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -2 hours ago

Kruger Wildtuin roetes.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Almal plaas hul gunsteling roetes en kampeer plekke in die wildtuin op hul gespreks lyne, wat ook reg is, maar ek sal graag op een plek wil sien wat wie verkies, en hoekom.

Dit kan dinge net baie makliker maak vir almal wat so iets wil beplan, sonder om so baie deur te blaai n te lees?

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 10/09/2021 - 16:20

Ek sal weer gaan, maar my vrou hou nie van die donker ablusie nie.

Wessel, jy behoort die lig in haar lewe te wees (al is jy nou afgetree).  Hoekom voorsien jy nie die lig wat sy soek nie ? 

0
pretoria

pieterc

Sat, 11/09/2021 - 10:07

Ons kom te min in die Wildtuin om n gunsteling roete, kamp of ingangshek te hê dus is enige een vir my n "bargain" Wat ons wel met ons laaste besoek in Mei geniet het was om vroegoggend met n fles koffie en beskuit na die Mathekenyane koppie te ry en daar in stilte die sonsopkoms te geniet. Ons was beide kere alleen daar wat dit nogal ekstra spesiaal gemaak het. Die mis lyk amper soos n dam water.

Soos elders genoem is ons vir die week net buite Witrivier en sal ons sekerlik ten minste een dagbesoek doen. Net vir afwisseling oorweeg ek dit om via Numbi hek na Pretoriuskop te ry vir n Wimpy ontbyt en dan van daar na Skukuza en terug na Witrivier deur Phabeni hek.

Ongeveer 200 km dagrit wat baie is vergeleke met wanneer n mens in die wildtuin self bly.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 11/09/2021 - 10:11

Alombekend as die beste area om roofdiere te sien. Maar daar is 'n rede voor - algemene wild, m.a.w. prooi, is volop. Dus is dit 'n lekker omgewing om te verken, maar die kampeerterrein (en ablusies) is nie vergelykbaar met bv. Shingwedzi en Krokodilbrug nie.

Danksy die goeie wildwaarnemings, gee ek Satara baie moeilik 'n "skip" as ek wildtuin toe gaan. Die meeste paaie rondom Satara is goeie roetes, maar daar is tog enkeles wat uitstaan. Ek wil sommer dadelik sê dat die beroemde S100, wat al langs die N'wanetsispruit loop, is na my mening die mees "exaggerated" pad in die wildtuin. Steeds ry ek dit gereeld om by ander gunstelingplekke uit te kom, bv Gudzanidam en die Gudzanipad (S41) tussen die S100 en S90. Die S41 is meermale 'n uitstekende roete.

Die H7 (Orpenpad) tot en met die S12-aansluiting, veral by die Nsemanidam, is ook 'n baie goeie roete. Die S12 (veral by Girivana suiping) is meestal 'n lonende pad om te ry.

Een van die beste areas om luiperds te sien is op die H1-3, suid van Satara. Die gedeelte tussen die brug oor die N'wanetsispruit en die H6 (teerpad na N'wanetsi piekniekplek) ry ek gereeld met "bekruipspoed" - in 1ste rat met die enjin wat slegs luier. Ons het al uitstekende luiperd "sightings" hier gehad - luiperds langs die water, in die bome en in die pad.

Die Sweni suiping op die S126 (bekend as die Swenipad) was eens 'n uitstekende plek, maar ongelukkig gaan daar nou weinig aan sedert die suiping nie meer in werking is nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 11/09/2021 - 12:28

Inderwaarheid is Maroeka eintlik maar Orpen se kampeerplek. 'n Kampie met 'n redelik unieke atmosfeer. Ek is lief vir die omgewing - 'n goeie wildarea, maar jy is beperk wat toeristepaaie aanbetref.

Jare gelede was die Rabelaisdam ongetwyfeld die grootste trekpleister, maar sedert die wal in 2000 se vloed gebreek het en daar besluit is om dit nie te herbou nie, is die S106 nie juis 'n goeie opsie vir wildbesigtiging nie. Alhoewel ek een van my enigste twee tierboskat "sightings" naby die Rabelais-hut gesien het nadat die dam se bestaan tot 'n einde gekom het.

Na my mening is die beste roete om te ry die H7 tot by Bobbejaankraans uitkykpunt en terug. Dié pad volg vir etlike kilometer die suidelike oewer van die Timbavatirivier, wat plek-plek amper parkagtig mooi vertoon. Jy mag jou voertuig verlaat by Bobbejaankrans. Daar's selfs 'n lekker bank om op te sit en te tuur na die laer oorkantste oewer en omliggende area - terwyl jy lekker aan jou koffie teug en dalk ietsie eet. As daar egter een plek in die wildtuin is waar 'n toiletfasiliteit verskaf kan word, is dit by Bobbejaankrans. Dit is 'n seer-oog om die vele stukkies toiletpapier te sien rondlê wat die damesgeslag daar agterlaat.

Mense wat nie omgee om lang afstande te ry nie kan deurdruk op die H7 tot by die Nsemanidam of selfs tot Satara. Vir ons is sulke afstande egter te ver vir 'n dagreis as jy nog weer moet terugkeer na Maroela.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sat, 11/09/2021 - 16:31

Middag vriende

....vir Satara, al is die ablusie nie meer splinternuut nie.  Die kampeer gedeelte lyk nou nie so mooi soos Tzendse op die oog nie, maar ek mis ook moeilik Satara.

Ek dink dit is omdat daar soveel wildspaaie om Satara is. Mens kan amper elke dag 'n "nuwe" roete volg, soos die S100. Almal van ons gaan skud ons gebeendere en wat nog los daar, met die hoop om katte te sien. Ons was al so gelukkig om by die halfpad suiping 8 leeus te kry. 

'n Rit met die S126 tot by Muzandzeni piekniekplek bly 'n moet vir ons. Die plekkie het so 'n nostalgiese atmosfeer, mens "sien" nog die vure om kole vir almal te maak, om ontbyt/braaivleis te maak. Gewoonlik is dit ook nie so besig as Timbavati nie. 

'n Ander "moet" roete is die S39 tot by Timbavati. Ons het al die mooiste arende daar gekry.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 04/01/2022 - 11:19

Môre vriende

Ek sien nou op die senior kampers 'n waarskuwing. Die gesin was oppad uit by Numbi hek, erens moes hy stadig ry oor 'n spoedhobbel, en daar begin die plaaslikes op hulle skiet. Twaalf skote deur sy voertuig en bande, sy dogter deur die been geskiet, maar hulle het weggekom.

Ek bly by my standpunt---vermy die Witrivier -Numbihek pad.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 04/01/2022 - 12:08

... ek stem 100% saam. Ek gebruik al vir jare nie meer Numbi-hek nie. En ek vermy Krugerhek ook.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 04/01/2022 - 12:37

Ek het ook besluit om Punda Mariahek ten alle koste te vermy na my ervaring afgelope Mei toe daar chaos was op die pad na Louis Trichardt. Die hekwag het ons uitgelaat omdat dit nog vroeg in die oggend was en die amokmakers nog geslaap het. Maar ons is aangeraai om terug te keer via Pafurihek, wat ons wel gedoen het.

Vroegoggend op pad Louis Trichardt het ons gesien watse k@k hulle die vorige dag in die klein "villages" gemaak het. Bome is afgesaag en oor die pad gesleep, groot klippe is oor die pad gepak, grondwalle is oor die pad gegooi en sommige plekke was die teerpad opgekap en slote dwarsoor die pad gegrawe.

In Thohoyandou moes ons 'n lang ompad gebruik wat deur die woongebiede gegaan het.

Dus - Punda Mariahek is voortaan ook 'n "no-no" vir my.

Ek begin selfs "jittery" voel om sommige roetes in die wildtuin te gebruik. Twee jaar gelede het ons onsself tussen Krokodilbrug en Onder-Sabie so te sê midde-in die renosterstropers bevind. Jy voel ongemaklik as jy met die S130 (Gomondwane-ompad) ry en skielik die teenstropings-personeel met bloedhonde langs die pad kry - en meegedeel word dat die stropers daar in die digte bosse skuil.

So lief soos wat ek vir die wildtuin is, word my lus vir hierdie wonderlike plek 'n bietjie geblus a.g.v. "probleme". Kgalagadi en Karoo Nas Park lyk vir my ál hoe meer aantrekliker gesien vanuit 'n veiligheidsoogpunt.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 04/01/2022 - 12:44

Vier jaar gelede kon ons die voetspore van mense wat onwettig deur die wildtuin loop tussen Punda Maria en Klopperfontein duidelik sien. Wanneer keer die donners jou nie voor wanneer jy niksvermoedend daar ry nie?

Noem my maar 'n banggat of onnodig skepties. Ek glo die personeel is nog grootliks toegewyd om hierdie wonderlike plek in stand te hou, maar eksterne faktore begin my bang maak.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 04/01/2022 - 13:22

My opinie : Ek is uiters versigtig om op sosiale media-berigte sonder spesifieke bronne te reageer, veral op die Senior Kampeerders FB-blad.  Maroela Media rapporteer deeglik op alle voorvalle in en om die Kruger Wildtuin en ek kry geen berig hiervan nie, ook nie op enige ander media-kanaal nie.  As jy Numbi Google, is daar geen spoor van so 'n voorval nie.

Daar is duidelik twee denkgroepe oor hierdie onderwerp en elkeen probeer sy standpunt met "bewyse" regverdig. Ek het 'n nefie wat op Kersdag die Numbi-hek gebruik het om by die Wildtuin in te gaan en weer op 1 Januarie om die Wildtuin te verlaat.  Sy persoonlike ervaring aan my meegedeel, "absoluut geen probleem nie, maar versigtigheid moet aan die dag gelê word vir talle spoedhobbels".

Dit beteken nie dat daar by hierdie hek (en ander Wildtuin-hekke) geen betoging of ander voorvalle is nie, maar ek vermoed die aangeleentheid word oordryf.  Ek is van voorneme om hierdie hek in Mei 2022 te gebruik omdat Pretoriuskop ons eerste kamp is.  Ek sal vooraf my ondersoek doen en selfs indien nodig, 'n konfooi saam met ander Wildtuin-besoekers vorm of selfs sekuriteit reël.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 04/01/2022 - 14:03

Dankie Hennie  - jammer,  ek was dus verkeerd

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 04/01/2022 - 14:51

Ons kinders wat in Nelspruit woon is tans in Pretoriuskop en hulle gebruik al vir jare nie Numbi hek nie as gevolg van onluste wat gereeld daar gebeur. 

Jy weet nooit wanneer dit skielik opvlam nie en ek sal nie daardie kans neem nie. 

Hulle gebruik Malelane hek al is dit verder.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 04/01/2022 - 15:05

..... dit sal ook my persoonlike opsies wees om hetsy Malelane- of Phabeni-hek te gebruik as Pretoriuskop my eerste of laaste kamp is. Die laaste kere wat ek Numbi gebruik het, het ek nie die direkte roete vanaf Witrivier gebruik nie, maar eerder met die R40 eers Hazyview toe gery en vandaar na Numbi. Maar ek is heeltemal van Numbi "genees". Nogal jammer, want Numbi roep baie nostalgiese herinneringe op - nes Pretoriuskop. Numbi is die enigste hek waar ek ingegaan het waar my heel eerste "sighting" 'n leeu was.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 04/01/2022 - 15:17

So hartseer as wat dit is dat dit op ‘n gesprekslyn oor roetes in/na die Kruger wildtuin bespreek word, moet mens adapt or die. Dis waar van die wildtuin asook die land. Dalk moet mens maar die geld uithaal vir run-flat bande op jou voertuie? Ek praat Desember by Dwarswegstrand met ‘n mede-kampeerder wie ook in toevallig in Worcester woon. Hy het een keer iewers op die N12 ‘n slaggat getref met sy X3 en Classique op sleeptou. Hy het nie ‘n spaarwiel gehad nie, en het eers na 80km agtergekom sy X3 se een band het geskeur toe dit die slaggat tref. Hy het nie ‘n spaarwiel gehad nie, en het 240km ver gery op die geskeurde run-flat. Hy het weliswaar stadiger gery na hy agtergekom het die band is geskeur, maar kon dit veilig haal tot waar hy ‘n plaasvervanger kon koop sonder skade aan sy kombinasie. Alhoewel ongewens om so te ry is dit nogal ‘n goeie getuigskrif vir die bande. In die skietvoorval by Numbi sou dit ook handig te pas gekom het. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 04/01/2022 - 16:17

Ek sien nou op Kamp-Mal se FB blad  Melani de Beer het self haar skiet-drama buite Numbi-hek gerapporteer.

Weer eens, jammer vir my twyfel oor die gebeure wat toe verkeerd was.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 05/01/2022 - 13:41

Melanie de Beer sê haar dogter is nog in die hospitaal in Nelspruit en sal ongelukkig Vrydag weer geopereer moet word.  Die gebeure is te tragies vir woorde.

Hierdie geval word nou wyd en syd in die media gerapporteer  -  ook in vanoggend se Burger.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 05/01/2022 - 13:46

Dis hoog tyd dat sulke voorvalle die nodige dekking kry. Nou kort die toepaslike reaksie daarop. As mens kyk hoe die ANC tekere gegaan het oor Covid en geld agter dit aan gegooi het in vergelyking met hulle grootskaalse apatie teenoor die lewens wat daagliks aan moord verloor word maak dit nie sin nie. Ek weet ons het met ‘n pandemie te doen, maar hulle aanvaar maar net die misdaad wat soveel seer, lyding en verlies daagliks veroorsaak. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 05/01/2022 - 15:19

Middag vriende

Die voorval van Me de Beer laat my baie dink;

1] het die peste geweet dis net 'n vrou en kinders

2] gebruik hulle verkenners by spoedwalle, wat dan die aanvallers per telefoon inlig dat so 'n voertuig oppad is

3] is daar wildtuin hekpersoneel betrokke wat as informant optree.

Ek sal baie verbaas wees as die rampokkers wel gevang word, moontlik is hulle Mosambiekers.

Ons het 'n ruk gelede die probleem op die Pelindaba--Pretoria tolpad gehad. Motoriste is oorval tussen die hekke, en dit het geblyk dat die tolhekpersoneel as informante opgetree het. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus