6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -49 minutes ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -6 hours ago

Alternatiewe woonwa oorwegings

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Ek sit sommer so en rondkyk na alternatiewe produkte op die mark. Vang my oog die "off road" wa, genaamd Gecko-extreme. Het dit my beindruk, dit het tot 'n stort/toilet uitleg binne die wa, soos 'n Exclusive. Dit is uit en uit 'n wa vir 2 met 'n permanente dubbelbed voor. Sy uitleg plaas hom voor die Bush Lapa en Afri spoor produkte vanuit my perspektief. Gaan besoek hulle webblad en kyk self.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 02/07/2023 - 19:14

...........'n groot wa is nie so 'n skrikwekkende ervaring om te sleep nie.  Ons Exclusive is 7,330m lank en 2,300m breed en sy grootte het my nog nooit gepla om te sleep nie.  Die moeilikste was om hom rond te beweeg en dié probleem is heeltemal opgelos met die "movers".

Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Mon, 03/07/2023 - 11:27

Ek moet sê toe ons die Exclusive gekoop het het ons gekyk na die Sensation en sy wyte het my aff gesit.

Ons Exclusive is heeltemaal n' gemaklike sleep en as jy hom gewoond is (soos met enigiets sleep) dan is dit die selfde as om n' klein woonwa te sleep. Sonder "movers" sal ons hom nie met die hand kan rond beweeg nie. Ek poog altyd om die rond beweeg met die voertuig te doen. Gebruik eintelik maar die "movers" min.

Ons Exclusive is net n' plesier en dit is ons huis op wiele. Sal hom definitief nie ruil vir n' Boswa nie.

Worcester

Wildehont

Fri, 07/07/2023 - 14:20

Ons bure hier by Shingwedzi het ‘n Kavango Tec wat hulle na die vakansie gaan verkoop om ‘n Border X te koop. Dit het blykbaar selfs ‘n waaierbraaier ingebou (wat lyk my baie belangrik vir die vrou is). Die grootste een het ‘n dubbel as. Dit kos ook R600k sonder ‘n klomp opsionele ekstras wat ek sou verwag moet ingesluit wees by ‘n boswa. Gaan kyk gerus hier Wessel, jy soek mos ‘n ander wa…

Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/07/2023 - 14:41

Dankie Chris, ek hou van die Outpost model. Lieflike badkamer binne. 

Moet net 'n koper kry vir my Kavango Extreme

Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/07/2023 - 15:42

Middag Chris S

Het jou kamp bure reeds hulle wa bestel? Ek het nou net met Werner by Border X gepraat. Afleweringstyd is lank, as mens nou bestel, kry jy dit Maart 2024. 

Worcester

Wildehont

Fri, 04/08/2023 - 16:23

Bushwakka word hier in Worcester gemaak (Bushlapa het blykbaar ook hier begin). Vandag sien ek ‘n Bushwakka Fakawi in Hoogstraat. Ek het op die www gaan soek en op die video afgekom. Hulle word in Australië ook gemaak. Dit lyk nou na ‘n lekker wa Wessel!

Brits

Wessel Strydom

Fri, 04/08/2023 - 19:06

...boswaens deesdae, mens kan omtrent kies en keur.

Ek verkies om 'n wa te besit wat naby my vervaardig word, of dan agente met onderdele naby het. 

Die wenslys, of dan prioriteit spesifikasies vir my bly;

'n volledige binnebed, ons het net 'n enkele dubbelbed nodig

storthokkie en toilet binne

'n goeie sonpaneel laaistelsel, moet minstens 2 kaste aan die loop kan hou, en nog woema oor hê om battery boonop te laai., Dus minstens 320 Watt.

Laasgenoemde is skaars om te vind, en ek sien op om weer klomp geld te betaal vir 'n opgradering soos wat ek het. 

 

Worcester

Wildehont

Thu, 10/08/2023 - 10:50

Vandag sien ek ‘n Bushwakka Fakawi in Hoogstraat. Ek het op die www gaan soek en op die video afgekom. Hulle word in Australië ook gemaak. 

Ek het vir ‘n kennis gevra wat jare lank by Bushwakka gewerk het. Die Fakawi kom van Sjina af - selfs die een wat hulle in Australië verkoop. As mens gaan soek op die www is daar ‘n hele aantal boswaens wat uit Sjina bestel kan word. Met ons invoerbelasting gaan dit egter nie soveel goedkoper wees as wat plaaslike produkte kos nie (dalk selfs duurder) en dan sit mens met die gebrek aan plaaslike ondersteuning.  

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 10/08/2023 - 11:05

Destyds in die weermag het ons so liedjie gesing. " We are of to see the wild west show... en dan vra iemand het jy al n Kudu gesien.. en dan sing die manne van die kukd se naam wat kom van as hy so spring dan maak sy mangels kudu... En daar was n bird named the Fakawi bird wat sy naam gekry het omrede hy altyd gevra het were the Fakwi. Die wa is seker maar vernoem na die voeltjie, soos die ander wat na Ratel, en Rooikat vernoem is.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 10/08/2023 - 11:08

Môre Chris S

Ek is mos 'n afrikaner snob, ek koop nie eers Sjina, of oosterse afkoms bande vir my voertuie nie. Ek het  my les geleer met Nankangs.

My vriend, so 2 huise straat af, het Maandag sy nuwe Mobi Lodge huistoe gebring. Ek het nog nie die moed gehad om te gaan inspeksie hou nie. Daar is mos 'n gebod---moenie jou naaste se bakkie, kar, woonwa of skelmpie begeer nie. laugh

Wil tog nie in versoeking gelei word nie. Gelukkig die afmetings van 'n ML plaas dit buite my begeertelys, veral die prys!!!

Worcester

Wildehont

Thu, 10/08/2023 - 11:28

Dis nou ‘n wa wat my nie aantrek nie. Die ding is heeltemal te hoog, en ek is gewoond aan die Kavango wat amper net so hoog en breed soos my sleepvoertuig is. Ek het ook by Shingwedzi gereeld verby een geloop, en gewonder hoe hulle die pale van die afdak staangemaak het. Selfs ek met my 1,98m gaan nie naastenby daar bykom nie. 

Worcester

Wildehont

Sun, 10/09/2023 - 14:54

As ek geld gehad het wat rondlê sou ek die wa oorweeg het. Goeie prys en lekker ingerig. Kort net ‘n stort. Hoe lyk dit Wessel?

Brits

Wessel Strydom

Thu, 14/09/2023 - 12:42

Middag Chris S

Na die 2 lang toere in my wa, is ons rerig deurmekaar. Ek is hartlik gatvol vir die Kavango se tent opset, na my wegwaai.

Ons het egter op 'n lui manier baie spartaans gekamp na Jongensfontein. Ons het darem die stormtent en sytent opgeslaan in Kuilsrivier en Clanwilliam. In Kamieskroon Oranje rus, Sandgat niks opgeslaan nie. As ons 1 aand staan het ons sommer op agterste bed geslaap. 

Ek gaan my wa nou eers vat vir die sporing, en so 'n paar regmaak takies. Ons hou net te veel van die bed/tafel opsie wat ons het, om oorhaastig besluite te neem.  

Pretoria

Slowstrike

Thu, 14/09/2023 - 13:49

My raad is wag krap met doringdraad wag en wag. `n Haastige of emosionele besluit is meestal die verkeerde een.

Julle het darm lekker gekamp ten spyte van die teespoed. Voorspoed met die besluit.

Worcester

Wildehont

Thu, 14/09/2023 - 14:57

Wessel, laat maak vir jou tent ‘n raamwerk soos myne. Myne kan staan sonder toue selfs in die wind. Ek sal dit natuurlik nie sonder toue laat nie, anders gaan ek nie lekker slaap nie. Maar soos jy weet van foto’s staan my tent mooi styf en reguit, met of sonder kantpanele. Dis regtig die moeite werd. En dis mos eintlik jou enigste probleem met die Kavango.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 14/09/2023 - 17:31

Middag Chris S

Jy is naby aan korrek, die probleem is net om so 'n vaardige persoon te vind. 

Tweedens, ek sal moet vasstel of my bestaande sytent-dak aangepas kan word om pale deur slopies, te kan hanteer. Ek het nie lus om die hele voltent weg te maak omdat die aangepaste pale struktuur dit verlang nie.

Ek twyfel of Echo dit sal wil doen, en dalk baie duur keuse wees. Die ander plaaslike ou is dalk 'n beter opsie.   

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 14/09/2023 - 18:05

Hello Wessel. Ek ken nou nie die Kavango se uitleg nie maar klink my as die weer jou nie toelaat om op te slaan nie, sit jy net met n bed?  En as die opslaan dak sukkel in die wind, sit die dak net so entjie bokant jou kroontjie as jy op die bed sit.

Wat maak jy dan vir koffie of iets kook on so situasie. Skuus as dit stupid vrae is.

Worcester

Wildehont

Thu, 14/09/2023 - 18:29

My Kavango se afdak is presies dieselfde as joune. Daar moet net slopies ingewerk word en sit swaardiens ritssluiters op die sye en op die panele se sye. Dit werk baie beter as Velcro. 

Worcester

Wildehont

Thu, 14/09/2023 - 18:35

Ek hoop die skakel neem jou na die regte blad Wessel. Daar is foto’s en ‘n beskrywing van hoe my voltent in mekaar steek. Kry net die regte tentmaker. Nie Echo nie, hulle is belaglik duur. 
NOTA: Kyk op bl 8 van die skakel hier bo. 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 14/09/2023 - 18:55

... ek weet daar is baie faktore wat jy in ag moet neem, maar hoe meer ek na jou luister hoe meer klink dit vir my of jy maar eerder oorweging moet gee aan 'n ander wa wat makliker hanteerbaar is. Ek weet jy't 'n spasie "probleem" t.o.v. die berging van 'n wa - en die Kavango voldoen aan daardie behoeftes. Maar hoe meer ek na jou luister, hoe meer klink dit of jy en Marie 'n wa benodig wat makliker hanteer en makliker gebruik kan word vir oorslaap-doeleindes.

Jy het waarskynlik 'n behoefte aan 'n wa wat geskik is vir grondpaddoeleindes. Maar tog klink dit nie vir my of jy soos (bv) Chris WH by geleentheid die boendoes (soos Kgalagadi se "rof-en-tjommel" kampe) wil invaar nie. En jy kan steeds 'n grondpadwa aanskaf wat baie gemakliker gaan wees as die Kavango. Ek sit een en een bymekaar - en kom dalk by drie i.p.v. twee uit. Maar ek wil amper aflei uit Neef se inset dat ek en hy in dieselfde rigting dink. 

Maar uit die aard van die saak is dit jou en Marie se besluite en keuses. Ek kry net die gevoel - en ek bedoel nie jy is te oud nie - dat julle oorweging moet gee aan 'n wa wat vir ouer-wordende mense (reeds in hulle senior jare ) makliker hanteer.

Maar net my opinie.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus