Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rapport Media24 se koerante en… Geert -8 minutes ago
Puppy Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -1 hour ago
Rona en Wessel Goeie hout se Noord & Oos… Goeie Hout -1 hour ago
Nou kan ons.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
maand in Onrus.... Goeie hout se Noord & Oos… Wessel Strydom -2 hours ago
Braai Eenvoudige Hoender Potjie -… Geert -2 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/04/2026 - 16:19

Vir die ouens wat hou van groot trokkies, soos in 'n Amerikaanse RAM, bring die Chinese nou die genoemde Foton uit.

Lengte--meer as 5.6m

breedte--2.0m

Enjin 2l turbo diesel met knertsie elektries

           120kW 390Nm

Gewig---ongeveer 2300kg

Gelukkig te groot vir my garage.laugh

  

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 20/04/2026 - 14:40

Die nuewe Car Tydskrif het 'n artikel oor die Koreaanse trokkie. Alhoewel ek met eerste oogopslag nie veel van die trokkie gehou het nie kom ek tog agter dat sy vierkantige ontwerp op mens begin groei, hoe meer mens daarna kyk. Soveel so dat ek nou nogal van die gedoente begin hou, en sou ek innie mark wees vir iets nuuts ek ernstig die sou oorweeg! Het destyds ook so oor die die Toy FJ Cruiser gevoel. Maar anders as Wessel wat elke nou en dan 'n nuwe trokkie en wa aan die koop is, is die pensioenaris ongelukkig vas aan wat hy tans het, sal nie maklik weer iets anders koop nie...nie dat ek wil nie, maar ek kan nie!

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 20/04/2026 - 15:04

Daai vierkantige ontwerp pas by ons ou "squares"!!!laugh

Ek sal ook dit gaan toetsbestuur, as Grompie buite my beheer verdwyn het. As dit môre sou wees, sal die Triton dalk met kortkop wen, die prys is dieselfde vir beide se intreemodelle.

Grootwind: ons is ongeveer in dieselfde aftree-bootjie. Ek hou egter daarvan om belangstelling in voertuie en waens te behou. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 26/04/2026 - 12:13

Sit so en dink aan vergange se sêgoed, onthou julle;

die spottery met die 3l Fords te wete-- 1l brandewyn, 2l Coke en 3l Brandewyn.

Toe maak die Amaroks met die 2l masjiene hulle opwagting, en dadelik kom die sêding

----net melk en Coke kom in 2l verpakking.

Vandag is die tendens dat selfs die bakkie fabrikate se masjiene neig na 2l en selfs na 1.9l groottes. 

Nou bly die ou sêding vir die ouer garde mos

====no replacement for displacement

maar in my [ou] kop, komende van iemand wat 'n 2.4 l turbo diesel as klein beskou.  

NS: Ek sien die nuwe LR Defenders behou die 3.0l reguit 6 masjien, tesame met die groot boet se V8.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 21/05/2026 - 13:27

Ek het al 'n geruime tyd bedenkinge oor die spul ingevoerde voertuie, spesifiek die Sjinese modelle se onderdeel beskikbaarheid. Sien vanoggend in die Times dat 'n Cherry eienaar reeds vir 5 maande sukkel met onderdele en nou eis dat Cherry sy voertuig terug neem en hom vergoed. Teken van dinge wat kom? Veral met iets soos 67% van alle nuwe voertuie wat nou plaaslik verkoop  word wat ingevoer is.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 21/05/2026 - 13:31

Paar dae gelede het iemand met die nuwe Kia bakkie langs my by 'n verkeerslig gestop. Moet erken dat die Kia se vierkantige ontwerp my nogal aanstaan!

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 21/05/2026 - 13:40

Nog net fotos van die Kia gesien. Maar iets lyk vir my hopeloos verkeerd aan die voorkant. Dit kan die plasing van die hoofligte wees, maar dit lyk bitter vreemd. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 21/05/2026 - 13:41

Sien nounet dat Triton bakkies binnekort, seker volgende jaar, met dubbel-Turbo's gaan beskikbaar wees. Die dubbel turbo masjien se wringkrag vermeerder van 430Nm na 470Nm. Na my mening is 430Nm met hulle groot ewenaar verhouding, reeds voldoende vir woonwa sleep. 

Ek vind dit nogal vreemd [lagwekkend?] want dit gaan so raak-raak aan meer as R950 000. Die huidige verkoopsyfers van hulle is reeds vrot, minder as 50/maand. Nou hoe dink hulle gaan die nog duurder trokkie hulle verkope help.

Gelukkig word die enkel turbo 2.4 masjien behou vir armgat pensioenarisse. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 21/05/2026 - 14:20

Ek het nounet van my Toyota handelaar verneem dat;

die 1ste nuwe bakwerk-modelle slegs met die 2.8 masjien toegerus is/word.

Vroeg volgende jaar word die 2.4 masjiene ook in die nuwe bakkie bakwerk ingesit.

Dit klink effe vreemd en onoortuigend vir my, maar ons sal maar moet sien.   

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 21/05/2026 - 17:55

Dink nie jy hoef enige slaap daaroor te verloor nie, as hulle nie meer die 2.4 enjin gebruik nie pla dit jou mos nie...jy salkan dan by die Ou Enjin Gilde aansluit. My Fordjie het 'n 3.2 enjin in wat ook nie meer gebruik word nie...wat my aanbetref sleep hy goed, so ek is (bly) steeds 'n gelukkige sleper!

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 21/05/2026 - 18:23

...eintlik is jy reg. Ek hoop ook om klaar te maak met my huidige Hilux. 

Dis net daai "wat as" wat 'n kopseer kan veroorsaak. Wat as ongeluk of regstellende aankope my ontneem van ou Grompie. Sal bleddie lank met movers op wa, alleen afsuiker willetuin toe. Dan nog batterye herlaai ook by Milly's.laugh 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 28/05/2026 - 07:00

Ek sien in koerant dat VW so stilstil ook gestop het met die bi-turbo dieselmasjiene in die Amaroks. 

Volg in Ford se voetspore om weg te doen met die "wet belt" enjins. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 28/05/2026 - 11:32

Sou nie stres oor "wat as" nie! Dis soos om te stres "wat as" die vliegtuig se vlerke afval tydens jou vlug! Ons weet mos die goed is redelik veilig, en dis nie vlerke wat afval nie, net so af en toe enjins wat afvaldevilsurprise

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 16/06/2026 - 09:26

....tans beskikbaar is vreemd saamgestel. Beide die ou en nuwe bakvorms is in gebruik, maar die tipes het verander.

Daar is nou weer die intreevlak--SRX, die basiese katoeters en staalwiele

dan die meer luukser vlak---Raider

en dan die Legend vlak

Wat vreemd is, is dat die 2.4 4x2 DK outomaties as Raider verdwyn het. Nou net in handrat in Raider vlak beskikbaar.

Dan kry mens nou die 2.8 outomaties 4x2 in die nuwe vorm as'n SRX met staalwiele byvoorbeeld.  

Dit skep nou 'n interessante keuse,

die 2.4 handrat in Raider vorm kos R625 000.

die 2.8  outomaties in SRX vorm kos R658 000

Met so 'n klein prysverskil, sal ek ernstig oorweeg om die minder luukse 2.8 masjien outomaties te koop. 

Die SRX 2.8 Hilux is nou R32 000 goedkoper as die goedkoopste Triton of Tasman, waar die 2 trokkies net 2.4 masjiene het, maar skitter in luuksheid.

NS: Ou Grompie het ek bestel as 'n SRX model, en 11maande later met ontvangs was hy 'n Raider model. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 17/06/2026 - 13:32

Rk het nounet in n nuwe Hilux gesit....sal nie omgee om een te besit nie. Dink hy gaan n goeie verkoper wees

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 17/06/2026 - 15:15

...ek wil liewer nie gaan kyk nie. Die versoeking is te groot dan.laugh

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 17/06/2026 - 16:23

Terwyl ek nog net die opskrif gelees het het ek gewonder of jy 'n nuwe Hilux aangeskaf het. Ek wil dink hy is op bestelling...

Vir my is dit 'n baie mooi bakkie. Sien mense hou nie van die ligte en sierrooster nie, maar ek glo wanneer hulle dit as geskenk kan kry, hulle nie sal skop en skree nie. Daan beplan nie om vir hom 'n nuwe bakkie te koop niecrying

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 19/06/2026 - 12:11

Die beterhelfte maak toe vanoggend, na ek my huistake voltooi het, die deur oop en sê SA, gaan bekyk jou Vadersdag keuses. Nou kyk, ek laat my nie 2 keer nooi om trokkies en poppies te gaan beloer niewink

Stem saam met Geert, die nuwe Hilux is baie mooi binne. Gelukkig as jy binne sit, sien mens nie die skrefies-gesig nie. Ek het die 2.8 in SRX formaat onder oge gehad. Staalwiele en sonder spoedbeheer.

Daarna na die intreevlak Tasman gaan kyk. Baie ruim binne, en staan nie terug vir Hilux SRX nie. Alles is egter ekstra, soos sleepstang, en sytrappe. Die Tasman het 'n 2.2TD masjien in, met 8 spoed outomatiese kas. Ek het sy ratverhoudings en ewenaar verhouding gekry, en gou my data-spreitabel kom aanvul.

Opsommend en in vergelyking met my 2.4 Hilux, lyk die wringkrag vir sleep doeleindes as volg;

Trokkie            Enjin       Ewenaar      Nm op wiele

Hilux 2.4         400Nm       4.1              1640   [4de rat]

Tasman 2.2     440Nm       3.771          1659   [5de rat]

Die ratte is gekies waar die ratverhouding 1:1 is.

Die 8ste rat van die Tasman vergelyk met die 6de rat van die Hilux. 

 Vir daardie prys dink ek die Triton is 'n baie beter keuse. Ongelukkig is daar nie 'n agentskap op Brits nie.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus