Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -3 hours ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 19/06/2026 - 15:13

Oom Grompie.

Neef verstaan nie lekker die ewenaar en ratverhouding vergelykings nie.  Jou Hilux met n 4,1 ewenaar teen 1640rpm in 4de rat( 1:1)  is dan by die se Torque piek.  Die Hilux sal dan stadiger wees in Km/h as die Tasman wat n 3,771 ewenaar verhouding het in 5de rat (1:1) teen 1659rpm ook by torque piek.

So dan gaan die Tasman mos lekker sleep met sy baie ratte??? Dit kan deurentyd naby die boonste deel van wringkrag kurwe bly. Of hoe.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 19/06/2026 - 16:00

...hoe het ek dit met jou??

die laaste kolom is dan so mooi gemerk "Nm op die wiele". Dis nie rpm nie. 

Jy is reg die Tasman behoort lekker te sleep, sy 4de rat verhouding is 1.23. Dan natuurlik is ratte 6 tot 8 snelratte, met 8ste gelyk aan Grompie se 6de [hoogste] rat. Tasman is ook sterk gerat in 1ste en 2de, maar dis minder noodsaaklik met 'n woonwa.. 

Jy is natuurlik korrek, die Tasman met sy kleiner ewenaar gaan by dieselfde omwentelinge vinniger as die 2.4 Hilux wees.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 19/06/2026 - 17:26

Neef sien wat jy bedoel Oom Grompie. Wat ek in my eenvoud aan dink... kan mens bloot nét die ratverhouding van die ewenaar as faktor gebruik om te bereken wat die wringkrag op die wiele sal wees??

Erens al gelees van n enjin wat bv 100kw uitsit maar dan eindig daar effektief n  kleiner persentasie op die wiele. Verliese langs die pad. Werk wringkrag nie ook so saam verliese nie?

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 19/06/2026 - 18:10

Herman, die volledige formule is eintlik;

Nm [wiele] = enjin x Gr x Dr x Rls

enjin = wringkrag uit enjin by gekose rpm

Gr = gekose rat se verhouding

Dr = ewenaar ratio

Rls = lae- of hoë-strek ratio by deeltydse 4x4 voertuig.  Vir 2.4 Hilux is Rls =2.566 en 1 respektiewelik.  Rls= 1 vir 'n 4x2 natuurlik.

Die formule raak meer kompleks soos ekstra ewenaars bykom. Mens moet eintlik aandrywing-ketting uitteken, en soos mens deur komponente gaan, die verdeling en ratio's inwerk by die formule..

Die sentrale ewenaar mag 'n ratio van 1 hê, maar dit verdeel krag byvoorbeeld  50:50 na voor en agter. Nou kom die voorste en agterste ewenaar se ratio ook ter sprake, want op hulle beurt die wringkrag wat hulle ontvang verhoog, maar ook weer verdeel tussen links en regs se wiele.  

Jy mag korrek wees, maar ek weet nie hoe om verliese by te werk nie. Om egter trokkies met mekaar te vergelyk, laat ek verliese buite rekening.

Vir 'n 4x2 met sy eenvoudige aandrywing, is dit maklik om die formule te gebruik.  

Sien jy nou hoe interessant en uitdagend is voertuie se aandryfstelsels en [teoretiese] kragverdeling/aanwending.

Omrede my 2.4 Hilux 'n groot [4.1] ewenaar in het, en die V6 Hilux 'n kleiner ewenaar [3.77], en die 2.4 effe meer enjinwringrag as die V6 lewer, het Grompie ongeveer 12% meer Nm op sy agterwiele. boonop is die turbo diesel nie so [bloed] dorstig nie

Ek het hiermee begin toe ek besef dat mens NIE net na enjin wringkrag kan kyk om sleepvermoë te evalueer nie. Ek sit met 'n Xcell-spreitabel met 'n horde trokkies se info.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/07/2026 - 08:40

Ek lees vanoggend dat toyota 'n nuwe [aparte] monteeraanleg open, doelgemaak vir die nuwe Hilux. Die totale koste verbonde beloop ongeveer 10 miljard Rand. 

Om verwarring te voorkom met biljoen, miljard en triljoen, per definisie is 'n miljard = 1000 miljoen.

Dan is die werkmag direk en indirek, wat gaan baat duisende.

Ek besef skielik, ons moet alle vervaardigers wat so ruim belê in die land ondersteun, hulle skep werk en voed die ekonomie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/07/2026 - 09:42

Ek sien vanoggend die 1ste ses maande van 2026 se verkoopsyfers. In volgorde van verkope;

Fortuner ------4092

LC Prado-------2322

Everest---------1659

Jimny-----------1294

Tank300-------1184

LC300----------788

Isizu MUx------578   

Opvallend dat die kleine Jimny so gewild is. Duidelik is die nuwe Prado, ongeag prys, 'n gewilde voertuig.     

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 24/07/2026 - 11:10

Ek sien vanoggend die hartseer verhaal, die dubbel turbo V6 petrol masjiene, vir periode 2022 tot 2024 word teruggeroep. Daar het fyn metaal deeltjies in enjins agtergebly, na vervaardiging. Dit kan lei tot enjinskade, en masjiene wat oombliklik uitsny. 'n Paar honderd voertuie, Cruiser en Lexus modelle word teruggeroep, en die masjiene word GRATIS vervang met nuwes.

Voorbeeld van goeie naverkope diens   

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 18/08/2026 - 08:29

Ek sien gister die artikel, met 'n paar fotos, van die nuwe Mahindra bakkie, in Cars.co.za

Dit gaan blykbaar vroeg volgende jaar sy opwagting plaaslik maak. Trek baie na die nuutse Triton, en dus eintlik 'n mooi bakkie. Volgens my oog, beslis mooier as die huidige Karoo-lammetjies. 

Dalk beter kwaliteit as die hordes Chinese produkte wat hulle pad vind hiernatoe. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 14/09/2026 - 09:42

....gaan bekyk en ruik!!! Mensig mense die goete het duur geword.sad Riglynpryse vir outomatiese modelle lyk as volg;

2.8 4x4 SRX-------kR 753

2.8 4x4 Raider----kR893

2.4 4x4 Raider----kR 731

2.8 4x2 SRX-------kR 665

Laaste model in tabel is nou die goedkoopste outomatiese model. Ou Grompie sal nie ingeruil word nie, veral omdat hy 'n luukse Raider model is. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 14/09/2026 - 09:53

... ek het ook alte duidelik agtergekom wat myself aanbetref - hou wat jy het. Ek is tot 'n mate spyt dat ek nie die 2.8 4x4 gekoop het nie. Maar die 2.4 moet nou maar die ding doen vir (hoe lank nog?) karavaansleep. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 14/09/2026 - 10:51

....sleep vir my heel goed. Ek het die Ford Territory as sleepvoertuig met sy 380Nm enjinwringkrag baie geniet.

Groot was my verbasing toe ek weer na bakkies begin kyk, om in my papier soektog, die 2.4 Hilux met 400Nm enjinwringkrag en 'n sterk ewenaar ratverhouding te vind. 

As sleepvoertuig is ek meer as tevrede met Grompie. Met my woonwa, BVM =1500kg, sleep ek gemaklik bult op en af teen 100km/hr [GPS]. Boonop is die dieselverbruik uitstekend, gemiddeld so 9.5km/l.

Met ons terugkom van Marakele af, het ons baie ertstrokke gekry. Partykeer sommer so 3 agtermekaar wat verbysteek moeilik gemaak het. Grompie het sy kant gebring, en soos nodig kon ek 130km/hr haal, om die trein veilig verby te kom.    

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 14/09/2026 - 11:16

Ek is ook heeltemal tevrede met die 2.4 se sleepvermoë. Ek kon egter agterkom dat dit nie dieselfde woema as die 2.8 het wanneer ek byvoorbeeld trokke wil verbysteek nie (teen my sleepspoed is dit al wat ek soms verbysteek).

En ek mis my 2.8 se "climate control" lugreëlaar. Ek het bederf geraak met die voorafgaande 2.8's se "climate control". Winter en somer was dit op 22 grade gestel. As dit warmer is skakel die lugreëlaar outomaties aan. As dit kouer is skakel die verwarmer outomaties aan en hou die kajuit temperatuur konstant. Ek het nie vooraf huiswerk gedoen om te besef dat die 2.4 net oor 'n gewone lugreëlaar beskik nie. Maar ek het vrede gemaak met my huidige voertuig. Toe ek teenoor die ghawwermint noem dat ek 'n nuwe Hilux 2.8 4x4 oorweeg, het ek net 'n veelseggende kyk gekry - want sy reken steeds dat my agterent net gejeuk het om die 2.8 4x2 te vervang met die 2.4 4x4. Sy is waarskynlik reg.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 14/09/2026 - 11:55

Pas terug van Ierland af! Wat alternatiewe sleep voertuie aanbetref het my seun wat in Ierland woon 'n baie interessante kombinasie, 'n BYD Sealion 7 AWD met 'n karavaan van sowat 1200kg. Die BYD het my persepsie van Sjinese voertuie heeltemal verander (asook EVs!). Die outjie is gewigtig, weeg amper 3000kg (battery is redelik swaar), maar o wee, die Sjinees se werks verrigting is iets uit 'n ander wereld. Skop sowat 390kW en 690Nm uit wat in praktyk omsit in 'n versnelling van 0-100km/h in 4.5 sekondes (dis nou sonder karavaan oppie sleepstang). Laat mens se oge traan, as ouboet die outjie trap word mens diep in die sitplek ruglening ingedruk...Die Sjinees  is ten volle battery aangedrewe en neem minder as 30 minute om te laai van 10% tot 80%. Langer (en goedkoper) laaisiklus is by die huis met 'n tuis laaistasie wat sowat 8 ure neem. Op een van ons "trippies" moes ons die voertuig laai by 'n winkelsentrum, bloot ingeprop by 'n laaistasie, kredietkaart ingedruk en koffie gaan drink, 30 minute later was ons weer reg om verder te ry. Wonder of BYD ook 'n EV bakkie vervaardig.....laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 14/09/2026 - 13:32

...jy het mos al verneem van die BYD Shark 6, plug in hybrid. Werkverrigting vergelykbaar met wat jy hierbo genoem het.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 15/09/2026 - 08:08

...ek sien toevallig vanoggend die aankondiging in Cars.co.za van die BYD Ti7 wat volgende jaar hier aankom.

Sewe sitplekke, 1.5l turbo-petrol masjien met EV hulp. Kraglewering 300kW.

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 15/09/2026 - 09:09

Interessant. Vlgs my seun is die hibriede voertuie nie baie gewild in Ierland nie...hulle sien dit half as "defying the purpose" Heeltemal te kompleks en duur om te onderhou. Die 100% EV voertuie sien slegs die binnekant van 'n werkswinkel sowat elke 2 jaar vir 'n diens, en die is boonop goedkoop terwyl die hibriede modelle steeds met die jaarlikse olie en filter vervangings sit. Uiteraard moet mens dan 'n goed gevestigde herlaai infrastruktuur hê wat Ierland wel het. Wat ek ook opgemerk het is dat as mens by byvoorbeeld 'n winkel sentrum herlaai jy beperk word tot so iets as 30 minute ten einde ander mense ook 'n geleentheid te gee, daarna, sou jy dit oorskrei, styg die koste dramaties. My seun het ook 'n behoorlike laaistasie by sy huis laat aanbring wat hom toelaat om sy voertuig vinnig te kan herlaai, eerder as om dit by die huis se muurproppe in te prop wat die laaiperiode baie lank maak. Die BYD is ook heel intelligent, die ingeboude GPS sisteem wys ook deurlopend waar die naaste laaistasie is tov mens se huidige posisie. Net jammer die tegnologie is buite die bereik van 'n armgat SA pensioenaris!

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 15/09/2026 - 18:07

My mond hang letterlik oop. Ongelooflike verrigting wat genoem word. Seker tjoepstil??. Of kan jy ietsie intik sodat dit klink na die gerammel van n crossplane v8 of n Alfa se roggel waneer die side-draught de Lorto's vra vir asem.

...Maar terug hier in ons omgewing, wonder Neef hoeveel van die vinnige laaipunte is tussen Pretoria en Kaapstad. Sowat 1400km. Hier by ons het ek nog nie een gesien wat so lyk of geadverteer word nie. Dalk net onoplettend??

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 15/09/2026 - 19:35

...dat Grootwind so meegevoer is met elektriese Chinese voertuie!!! Dit 'n man wat fanaties is oor sy 3.2l Ranger. Red nou 'n nasie!!!

Ek stem neef Herman, so 'n lekker diep gegrom as mens daai lepel trap, maak die lewe mos net lekkerder. Nog nooit 'n v8 bestuur nie, maar daai geroggel van 'n Alfa mis ek steeds. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 15/09/2026 - 21:19

Fanaties oor my 3.2 Ranger is dalk effens sterk gestel Wessel! Maar ja sulke EVs in SA is dalk tans slegs tot groot stedelike gebiede relevant. Maar feit bly dat 'n klein landjie soos Ierland in baie opsigte ons ver voor is. Maar ek verstaan tegnologie as ek dit sien, Sjinees ofte nie! En nee Neef, daai voertuig is absoluut doodstil, die ding bekruip mens behoorlik!

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 15/09/2026 - 22:11

...ek sal nou maar vra----verduidelik bietjie die werking van plug in EV en hibriede. 

1]Ek sukkel om kloutjie by die oor te kry oor kragverbruik en battery-lewe en kapasiteit. 

2] in die geval van 'n hibried, wat is primêre aandrywing, seker die battery en enjin skop net in as battery laag daal??

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus