6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swadini loshande Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Ek neig om te verskil Forever Swadini of ATKV… Chris Boucher -4 years ago
Eiland Spa Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Eiland / Swadini Forever Swadini of ATKV… Servaas -4 years ago
Gou n ander oord ook bespreek Forever Swadini of ATKV… Josef Willem -4 years ago
Tshipise ... Forever Swadini of ATKV… Willem Brits -4 years ago

Kamp brood / Pot brood resepte

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on
Forums

As jy n eie, spesiale of lekker unieke potbrood resep en metode het, plaas dit asb hier!

Ek is baie lief vir n broodjie bak wanneer ek gaan kamp.  Ek is die tipe mens wat sommer brood bak my half dag of aktiwieteit van die oggend maak. Enige rede om 'n vuurtjie te kan stook en so ook dan kreatief te kan wees is goed.

2 &1/2 koppies meel
Koppie water
Sakkie instant yeast
Knippie sout
Eetlepel suiker
2 eetlepels olie

Gooi alles in mengbak. Water moet louerig wees. Hou halwe koppie meel vir laaste.

Knie hom vir 15 minute.  

Smeer (platboom) pot met olie en sit deeg in.  Los vir so 45 min in son met deksel op.

Maak vuur en gebruik 3 poot staander, moenie brood brand nie.  Kole bo op deksel ook. Loop so 45 minute tot uur.

Yummy

JUDY Henning op Facebook voeg by:

Dankie Judy Henning Rademan -  resep gedeel op Kampforum.co.za  FB Groep

Soet bolletjie brood.... Spar deeg... Gooi baie caramel suiker onder in pannetjie. Rol bolletjie deeg in caramel suiker... Pak in pannetjie... Gooi nog suiker oor en dan 250ml room. Bak by 160 grade vir so 45 minute. Mmmm, vinger lek lekker!

Judy broom

 

 

 

 

 

FREDA VOEG BY:   Ons resep is amper soos Voortrekker s'n en het die bestanddele daarvoor in die karavaan.   En ons kom nie sover om dit te maak nie!!!  Sal nou regtig 'n plan moet maak.   Op een van ons maandkampe het ons langs mense gestaan wat 'n oondjie gehad het.  Hulle het nooit brood gekoop nie.  Die vrou het al hul brood gebak, van alle geure en kleure.

DASSIE:   Niks ruik so lekker soos vars gebakte brood .Se my het enige iemand al daai brood masjiene saam gevat op kamp ons maak ook altyd stok brood as ons braai in die bos miskien nie so lekker soos brood bak nie maar lekker ek sit so bietjie rou knoffel saam met die deeg .

FREDA: Ek sê jou, Dassie.  Die reuk van daai buurvrou se brood, het my altyd laat lus kry.   As ons roosterkoek wil maak, koop ons maar altyd deeg by 'n supermark.  Daar is eintlik so baie brood resepte wat mens kan probeer, met karringmelk of bier en allerhande lekker toevoegings.   Dit is eintlik dom om dit nie te maak nie.

VOORTREKKER:

Met my 40ste verjaardag het ons gaan kamp, raai waar?  Dube  Ja.

Inelkgeval.  Ek het die idee gekry om 'n potkoek te bak.  Lekker sjokolade koek op die vuur!

Baie maklik, die hitte moet net so klein bietjie minder wees as met die brood.  Het sommer  Inna Paarman se koek boksies gebruik, ek dink ons het 2 boksies gekoop.  Die koekdeeg aangemaak en hom in die gesmeerde platboom pot gegooi.  Bo op die 3 poot staander en mooi warm gemaak  op die kole.  Hy was so na 40 min reg, icing gesmeer en heerlik gesmaak!  Sal kyk of ek 'n foto erens het.

 

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 16/06/2025 - 15:53

Geen verskil tussen jou broodjie en dié van Maroela m. nie. Dit lyk heerlik en die resep lees soos 'n storieboek met 'n goeie einde. Nee kyk, ek het pas besluit dat ek moet werk maak van my deugde (Wessel het my ook met 'n ompad aangespreek vanoggend).

Die "Soet bolletjie brood" (resep hierbo) het ek laas gemaak toe ons dogter nog in die huis was - altyd op 'n kampvuur en dit werk goed.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 16/06/2025 - 16:44

Rona: ek sal jou mos nie aanspreek nie!!!! Jy is dan omtrent die enigste dame wat hier saamgesels. 

Chris S: nee my maat, om nie Kruger toe te gaan, is nie so erg dat jy jou hand aan kosmaak slaan nie. A nee a, gaan lê eerder onder jou trokkie en skrop die onderstel skoon.laugh

Pretoria

Geert

Tue, 17/06/2025 - 05:22

Lyk heerlik Wildehont! Ek is baaaaie lief vir varsgebakte brood....meestal bereid om my vleisie eenkant toe te skuif vir nog n stukkie vars brood

Term
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus