
Ek soek graag advies rakende water penetrasie/kondesnasie met canvas tente.
Ons het onlangs n Tentco Senior Safari tent aangeskaf, hom opgeslaan en n paar keer goed natgemaak en laat droog. waar lekasies steeda gewys het is 'bees wax' aan binne some ingewerk.
tydens ons laaste kamp was daar n konstante sagre reen, en die tent sye het kondensasie of water indringing getoon. Die dak flap en vensters was oop gelaat vir ventilasie (sien fotos)
ek hoor graag indien enige iemand advies het of n soortgelyke geval gehaad het. is dit normaal?
Groete
Die tentco's het nie…
Die tentco's het nie ventilasie openinge bo nie en het net die "vensters aan die kante. Ek glo as tentco klein ventilasie openinge bo maak dan sal dit dalk 'n bietjie help. Die kondensasie het ook te doen met die verskil in temperatuur van binnekant en buitekant van die tent.
Ek het ook so 'n tent en het al geleer dat 'n mens NIE jou beddegoed ens aan die kant van die tent laat raak nie. Ek glo nie die tent is foutief nie.
Dankie
Dankie Johann, ek sal kyk na die gespreks lyn,
ek het al gewonder of dit enigsens n verskil sal maak indien ek 2 rekenaar 'cpu fans' gebruik om lug beter deur tent se vensters te serkuleer. hul is darm redelik goedkoop en loop baie sag.
of dit n verskil gaan maak is n ander vraag...





Goeie môre Kiki baie welkom…
Goeie môre Kiki baie welkom hier op ons forum, ons vertrou jy gaan dit geneit en lekker saam gesêls.
Hier is iewers 'n gespreks lyn wat juis oor die onderwerp gaan, ek kry dit nie nou nie, maar glo jy sal teen namiddag begin advis kry.
Ek het jare terug 3M Schotch Guard (spelling) gebruik, maar ek sien dit lankal nie meer op rakke nie.