6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago

Webwerf onderhoud

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Hou maar duim vas dat ek hierdie "job" gedoen sal kan kry sodat ons forum kaan aangaan en ook verbeter.   Daar is ongelukkig foute met die webwerf en databasis en daarom kan die Drupal 8 basis nie update en vooruit gaan nie.

My kennis is maar redelik beperk en ek sien nie kans om al die tyd in te sit om te leer hoe die data basis werk en dit dan probveer herstel nie.   Ek gaan dus 'n expert moet inkry om dinge weer 100% reg te kry.    Ek is besig om met 'n handjie vol "experts" te gesels wat na die dinge gaan loer en met voorstelle en kwotasies na die tafel toe gaan kom.

Ek is bevrees dat ek nie die kampforum webwerf in sy huidige kondisie kan los nie en gaan eerder probeer herstel voor dit te laat is en ons die platform verloor.

Kom ons hoop alles loop goed af en dat ek die job gedoen kan kry.

Edit

Vir diegene wat 'n finansiële bydrae wil lewer tot die onderhoud van kampforum, kliek asseblief op die skakel hieronder vir besonderhede:

borg but

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 31/08/2022 - 17:26

Ek doen graag 'n finansiële bydrae - hoe beskeie ookal.

Centurion

Voortrekker

Wed, 31/08/2022 - 18:45

Dankie Willem.   Ek het vir Ruargh gekontak en die sitiuasie verduidelik -  moontlik kan hy my na iemand verwys wat die Platform ken en weet hoe om die foute reg te maak.  Dit sal omtrent 10 - 15 ure neem om te doen.

@ Chris Boucher   -   As ek enige donasies kan bymekaar skraap om te help met die finansiering van die onderhoud sal dit baie help en ek sal baie dankbaar wees.  Daar was al in die verlede, ek dink  in 2018, 'n initiatief gewees waar forumlede ook gehelp het om 'n soortgelyke projek te finansier om die forum weer reg te kry.      

 'n Paar kenners het al gekyk na die databasis en met voorleggings gekom en dit lyk of die projek my so tussen US$ 300 to 450 gaan kos.   Ek het gedink dit gaan 2 tot 3 keer soveel wees.

Vaalpark

Johann L

Wed, 31/08/2022 - 20:29

Whats app die bank besonderhede aan almal wat aanbied, en dan kan dit mos privaat en konfidensiel gehou word.

Ek het van bank no verander en het baie inligting verloor.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 01/09/2022 - 07:03

Môre Anton

Plaas die bank info op die forum en almal wat wil, kan dan 'n EFT-inbetaling maak.

Ek het agtergekom die forum raak stadig, maar dit kan maar swak sein in Brits ook wees. 

Centurion

Voortrekker

Thu, 01/09/2022 - 07:19

Dankie aan almal wat wil help om by te dra.

Ek het hierdie skakel na bank besonderhede bo aan gekoppel.  

borg but

Ek het oor 'n uur nog 'n onderhoud met iemand wat 'n aanbod gemaak het om dinge op te dateer en herstel.  

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 01/09/2022 - 07:37

Ek doen so sodra ek terug is in Călăraşi vanuit Bucharest. My SA simkaart is by my kinders se woonstel en ek het dit in my foon nodig ten einde sodanige EFT te kan "approve". Ek vertrou dat jy wye ondersteuning van ons  forumlede gaan kry.

Centurion

Voortrekker

Thu, 01/09/2022 - 10:17

Ai tog!   Die job het nou groter geword nadat ek met nog 'n paar mense gepraat het.    Die webwerf hardloop tans op Drupal 8.x en 'n PHP 7.4 server      7.4 word na 1 Oktober nie meer support op die server nie en skuif  PHP 8.0 toe.   Drupal 8 werk nie op PHP 8.0 nie en slegs Drupal 9 gaan werk.    Ek moet dus die Data Basis laat regmaak en al die Drupal 8 issues en daarna moet ek Imigreer na Drupal 9 toe om dit te laat werk op PHP 8.0    Ek hoop die Grieks maak sin.

Centurion

Voortrekker

Thu, 01/09/2022 - 10:21

Wat is die begroting, of kwotasie vir die opgradering,  ek dit nie raak gesien nie.

 Hallo Neef.    Ek het 4 kwotasies gekry.    Goedkoopste is USD 400 en duurste is USD 500     Dit is die nuwe kwotasies wat nou migrasie na Drupal 9 en PHP8.0 ook insluit.     Ek probeer om dit nog af te bring na USD 300 of 350 toe maar lyk nie of enigiemand wil byt nie.  

Brits

Wessel Strydom

Thu, 01/09/2022 - 10:31

Hello Anton

Kwoteer die plaaslike ouens rerig in UD dollars. Ek vind dit vreemd. Lyk my ons praar so van R9000, sluit dit VAT in??

Centurion

Voortrekker

Thu, 01/09/2022 - 10:38

Nee Wessel ek gebruik 'n internasionale platform om developers te kry vir die Job.  Die Platform werk in USD.    Plaaslike ouens gaan defnitief meer as dit vra en dit is die rede hoekom ek die Platform gebruik.  

Daar is nie Vat betrokke nie.   Hierdie tipe werk kan van enige plek af gedoen word en gelukkig het ek meer opsies as net Suid Afrika.    

Centurion

Voortrekker

Thu, 01/09/2022 - 18:39

Die aanbod wat ek aanvaar het is $365  -  met vandag se wisselkoers so R6 300.      Ek dink dit is 'n baie goeie prys.    

Brits

Wessel Strydom

Fri, 02/09/2022 - 06:46

Môre Anton

Ek is dankbaar dat die probleem in jou goeie hande is. Hou ons ophoogte met die vordering. 

Ek hoop van harte dat die lede ook sal bydra tot die kostes verbonde.

Centurion

Voortrekker

Fri, 02/09/2022 - 08:00

Ek het die go-ahead gegee vir die werk.

Dankie aan almal wat alreeds 'n bydrae gemaak het.     

Ek het alreeds 'n totale bedrag van R1550 ontvang vannaf verskeie lede, wat genoeg is om die deposito van USD 105 vandag te betaal.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 02/09/2022 - 08:12

Ek doen my bydrae môre wanneer ek my oorspronklike simkaart (tans by my dogter se huis) in my foon kan sit ten einde die bankgoedkeuring te kan doen. Komende van Nedbank, sal dit waarskynlik eers Maandag in jou rekening reflekteer.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 02/09/2022 - 11:12

Dankie Anton dat jy ons Kampforum se geselsplek help instand hou.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus