Ek lees dat n boete teen jou gehef kan word as jy sonder toestemming n pothole in publieke straat herstel. Copy & paste vanaf MSN se web blad
However, JRA warns that residents fixing and defacing City property will be fined, as it goes against by-laws.
There are certain processes, standards and protocols that needs to be followed, says Nel.
He explains that as much as they appreciate residents' efforts, filling potholes incorrectly with concrete, bricks or stones could potentially cause damage to cars.
The person that 'fixed' the pothole will then be accountable for the damage caused, says Nel.
Slaggat
Middag Chris B
Ai tog my oningeligte vriend, doer onder waar die DA regeer en mense werk.
Natuurlik is dit 'n gat in die pad, nou nie so groot soos Kimberley se gat nie, maar groot genoeg om baie skade te maak. Veral in die Wes Transvaal ry ons van gat na gat, en soms tref ons ene, dan is dit 'n gatslag.
My seun afkomstig uit Dubai was verlede week hier, en baie ontsteld met die verval in die land. Vra selfs waarom is die snelweë sonder ligte en strepe. So iets in net ongehoord in Dubai met sy 12 bane in een rigting.
Wessel ....
... ons het so pas met ons dogter in Roemenië per WhatsApp "voice call" gesels. Sy noem dat sy lief is om soggens as sy gaan draf na Radio Jacaranda te luister. Maar sy sê dat sy moet dit eintlik nie doen nie, want as sy die nuus en ander verslae hoor oor misdaad, beurtkrag ens word sy eintlik hartseer oor haar geboorteland en raak sy al hoe meer bekommerd oor haar geliefdes wat nog hier woon.
Strand na lughawe
Chris B, ek moes omtrent preek oor die gebruik van genoemd snelweg by julle. Dat hulle dit in donker ook moet vermy. Hulle is die week in Suid Kaap en Franchoek met vakansie.
Chris nee, jy raai verkeerd,…
Chris nee, jy raai verkeerd, potholes is in der waarheid nie meer slaggate nie, maar inderdaad meer stukkies teer waar waar vroeër pad was.![]()
Nou die dag n praatjie…
Nou die dag n praatjie gehoor omtrent die "slagggat herstelwerk" en aanspreeklikheid. Dink dit was op Radio. Die regsgeleerde glo dat hy kan nie indink dat n regter n persoon sal skuldig vind indien die opvul gedoen is omrede die owerheid nalatig was in die uitvoering van hulle pligte.
Moet my nie aanhaal nie, dalk soos n "pothole" geluister !!
Waterlekke herstel
Môre Herman
Hier in JHB area was 'n saak waar 'n omie 'n groot waterlek in die straat herstel het. Stadsraad het hom kR130 beboet, as ek reg onthou, omdat hy met hulle infrastruktuur gepeuter het..
Dalk moet mens ook na die…
Dalk moet mens ook na die ander kant van die muntstuk kyk? Natuurlik is die woorde "onderhoud" en "herstel" nie in die ANC woordeboek nie. Dit daargelaat, die realiteit is dat die herstel van slaggate en ander infrastruktuur meer ingewikkeld is as wat mens sou dink. Ek het al gesien dat inwonders bv 'n slaggat opvul met beton, grond, sand en wat nog. Selfs die ouens wat gou 'n sakkie of twee se koue teer by sy plaaslike Builders koop het selde 'n idee hoe om 'n slaggat ordentlik te herstel. In die proses rig hierdie "slaggat ridders" meer skade in die langer termyn aan. Aan die ander kant is daar diegene wat wel weet wat hulle doen. Hoe onderskei mens nou? Dink dit is waar die stadsraad se probleem lê. Dieselfde geld sekerlik ook by die "herstel" van goed soos waterpype, ensovoorts. Ek het familie wat vir Afriforum werk en die mense maak gereeld goed reg wat eintlik die stadsraad se verantwoordelikheid is.... hier kom nou 'n ander probleem in - die stadsraad kaders kom gou agter dat Jan Publiek nou hulle werk doen (en steeds hulle stadsraad tariewe betaal), en boonop kla die mense nou minder want die probleem is mos nou weg? 'n Voorbeeld hoe om dit reg te doen was onlangs toe 'n pad naby ons 'n sinkgat beginne kry het, dit het gelei tot die sluiting van die pad met byna al die verkeer insluitende vragmotors verby ons huis herlei. Boonop trek die stadsraad hulle skouers op want die pad behoort eintlik aan die Gauteng provinsie....met 'n moontlike herstel wagtyd van 5+ jaar voor dit herstel sal word. Inwoners in ons woonbuurt plus 'n klomp van die besighede het oornag R500k ingesamel en na die nodige goedkeurings by provinsie verkry was die herstelwerk deur 'n privaat mpy (onder toesig van plaaslike siviele ingenieurs) laat doe het teen sowat R450k. Punt is, niemand gaan beboet word nie want die regte goedkeurings is vooraf verkry...so dit kan reg gedoen word deur private inisiatief 9ons het nog die kader verwagtinge uitgesorteer nie maar die 'n oorlog vir 'n ander dag..
Provinsiale paaie in dorpsgebiede
Ons het ook ‘n paar provinsiale paaie in Worcester. Ons plaaslike munisipaliteit (waarby ek werksaam is) kry egter geld van die Wes-Kaapse regering om dit namens hulle te onderhou. Ons munisipaliteit kan ook aansoek doen by hulle vir befondsing vir ander werk aan die paaie. So word daar bv tans ‘n verkeersirkel gebou in ons hoofstraat, en hulle befonds dit gedeeltelik. Klink vir my of die amptenare daar by julle nie hulle werk doen nie.
Ek sien by sommige amptenare hier ‘n onwilligheid om provinsiale fondse te gebruik, want daar is rapportering vereistes waarvoor sommige mense te lui is (om dit reguit te stel) en ander te hardegat. Wat hulle dalk nie besef nie, is dat een van die redes waarom spandering gemonitor word, juis is om te besluit of toekomstige aansoeke vir befondsing goedgekeur moet word. As jy ‘n swak rekord van besteding het gee hulle dit eerder vir munisipaliteite wat wel goed bestee.
"slagggat herstelwerk" ...
Nou wonder ek ? As ek nie die gat mag vul nie mag ek seker hulle aanspreeklik hou sou my voertuig beskadig is ?
Maar ons weet ook dat daai soort eiese nie ver sal kom nie.
Willem, as ek reg verstaan…
Willem, as ek reg verstaan kan jy wel by die stadsraad (eintlik hulle versekering) so 'n eis instel. Maar soos jy tereg opmerk gaan dit nogal 'n oefening wees! Jy sal moet foto's neem, verklarings doen rondom weersomstandighede, sig en en en....en eendag 'n paar dekades later mag jy dalk iets uitkry (dalk ook een van die redes hoekom tippers en hardegat SUV's so gewild is, hulle breek nie so maklik nie!). Terloops, wonder ook wat in praktyk gaan gebeur as Willem se buurman, oom Koos, die slaggat in die straat "herstel" en sy barmhartigheidsdiens lei tot groter pad skade.... en nou beskadig Willem sy ST? By wie eis jy? Die stadsraad of oom Koos? Dalk eis jy by die stadsraad wat op hul beurt weer by oom Koos eis? Wie weet ![]()
Daai mooi lyk...
....lae profiele hou nie van slaggate nie. Grapies op 'n stokkie, blykbaar is die land se paaie juis die hoofrede waarom so baie trokkies en hardegat [dikwiel] voertuie verkoop word.
Toestand van paaie
blykbaar is die land se paaie juis die hoofrede ....
.... waarom ek nie meer my "ou lady" na die noorde wil sleep nie.






Wat is 'n "pothole"?
Ek hoor die ouens daar bo in die noorde gebruik pal dié term. Hier by ons in die Wes-Kaap ken ons nie sulke goed nie. Is dit 'n gat in die pad?