Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ongeleesde insette Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Chris Kgalagadi Oktober 2026 Johann L -3 hours ago
Ons het so paar jaar gelede… Umfula Johann L -3 hours ago
(Nee wat ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Johan Umfula Johann L -3 hours ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago

Camdebo en Berg Sebra parke

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Naand vriende

Sit ek so en d[r]ink en wonder oor lekker plekke om te besoek. Indien ek die genoemde 2 parke wil besoek, dalk gekoppel aan KarooNP, wat seg julle is die beste tyd van die jaar om dit te doen? Dit is natuurlik uit 'n klimaats-oogpunt.

'n Mens moet mos lank vooruit dink en bespreek. Volgende jaar is ons laat in die KrugerNP, eers na die Julie skoolvakansie. 

Dalk moet ek weer die langpad aandurf Kalaghadi toe, Ek het mos nou 'n heerlike roete gevind. Ry oor Bloemfontein, na Kimberley en dan na Upington. Geen gepeupel om deur te ry nie.. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 16/09/2023 - 19:56

............eintlik nie help met Camdebo naby Graaff-Reinett nie want ek was nog nie daar nie  -  nog net daar verby gery.  Van wat ek gelees het is die kampterrein is baie oulik en die natuurskoon van die park is pragtig.  Wat Bergkwagga Park naby Cradock betref, dié kan ek met vrymoedigheid aanbeveel.  Ons was nou al tweekeer daar en het dit baie geniet, maar ek weet ChrisB stem nie heeltemal saam nie. Hy sal seker self ook reageer.

Ek voel egter dat as jy graag by hierdie twee parke wil uitkom moet jy ook Addo Olifantpark insluit by jou toer.  Dit kan ek werklik sterk aanbeveel, maar weer eens, as ek reg onthou, is ChrisB nie mal oor hierdie plek nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 17/09/2023 - 07:42

... dat hy sy opinie kan lig?

Ek het eenkeer gou gaan inloer by Camdeboo se kampeerplek - heel netjies. En as jy nog nie Die Vallei van Verlatenheid besoek het nie, skuld jy jouself iets. En Nieu Bethesda is ook 'n besoek werd.

Nee - ek dink Bergkwagga is 'n oulike park. O.a. is die ablusies in die kampeerterrein baie netjies. Jy kan gelukkig wees met 'n lekker gelyk staanplek, maar etlikes daarvan is maar skuinserig. Die grootste ding wat my daarvan afgesit het om met my ou waentjie daarnatoe te gaan is die 8km + gruispad (wat vanjaar Mei - toe ons in 'n chalet gebly het) plek-plek baie sleg was. Met 'n Kavango behoort dit egter nie 'n kwessie te wees nie. Ons het die park andersins geniet.

Ja, Len is reg oor my gevoel jeens Addo. Die kampeerterrein is netjies, maar om een of ander rede kon dié park nog nooit onder my vel inkruip nie. Wildbesigtiging is heel "okay" (veral olifante -waaroor jy [Wessel] mos baie gek is). Ek dink dit is die topografie en plantegroei wat grootliks daartoe bydra dat my opgewondenheidsklokkie oor hierdie park nie wil lui nie.

Maar genoemde parke kan beslis ingesluit word by 'n lekker toerprogram - met 'n sirkelroete. Byvoorbeeld Bergkwagga, Addo, Stormsriviermond, Ebb & Flow, Camdeboo en selfs Karoo.

Ek reken dat April is een van die beste tye om oorweging te gee aan so-iets.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 17/09/2023 - 07:44

Klink my Wessel skink lekker daar as hy begin kans sien vir die sinkplaatpaaie van die Kgalagadi!!

Stem met Len, Addo moet op die lys kom vir so toer, en na Addo besoek gerus Stormsriviermond in die Tsitsikamm Nasionale Park. Dit is  baie mooi, en staanplekke op gras met pragtige seeuitsig.

Wat klimaat bedref, vir die Suid Kaap, is April die naaste aan gewaarborg vir goeie weer. Ek glo vir die Karoo kan dit ook werk. Ergste hitte verby.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 17/09/2023 - 09:53

Môre maters

Ek neem kennis van julle insette. 

1] Ek sal eerder Addo verby gaan, ek en olifante is net nie maats nie. 

2] Stormriviersmond, om weer weg te waai, aikona, dan eerder Eb en Vloed.

3] Marie hou elkgeval nie van koud/koel weer nie, en die Kavango het lugreeling, dus kan April werk.

4] Ek moet somme maak, Kalaghadi is dalk nader as die parke doer onder. Ek pak maar paar rolle maskeerband in vir die sinkplaat paaie. 

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 17/09/2023 - 10:11

Ek moet somme maak, Kalaghadi is dalk nader as die parke doer onder. 

... in Kgalagadi moet jy lank voor die tyd bespreek - veral die ander kampe (afgesien van Twee Rivieren). 

Ek pak maar paar rolle maskeerband in vir die sinkplaat paaie. 

En vir elkeen 'n mondskerm en dalk vir Marie 'n sportbra. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 17/09/2023 - 11:53

Addo Olifante gedra hulle goed, baie rustig, en lekker om hulle by n watergat dop te hou. Die park bied ook heelwat meer as net Olifante !!

Moet nie dat Stormsrivier se naam jou laat skrik nie Wessel, dit is werklik n pragtige plek. En April is nie stormtyd nie. Die Otter wandelpad begin daar, so daar is pragtige staproetes om te doen.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus