Na aanleiding van die vering wat genoem word onder 'n ander inset, is ek nou lekker deurmekaar.
Waarom sit mense die ekstra vering in, sekerlik omdat 'n goed toegeruste 4x4 met kappie en derglike goete, te swaar raak vir die "stock standard" suspensie van die voertuig.
Dit laat my dink dat die toevoeging daarvan NIE die trokkie laat sagter ry nie, maar seker eintlik harder. Dit is mos nie soos lugsak toevoegings wat mens kan afblaas as die voertuig nie vrag dra nie.
Wat ek wel weet, as die Kavango op Grompie se stert druk, ry dit baie lekker sag, teenoor geen gewig op sy bak nie.
Die geharde 4x4 manne moet maar asb verduidelik.
Anton is heeltemal reg…
Anton is heeltemal reg. Suspensie ontwerp en optimering is ietwat van 'n kuns (in een van my vorige lewens in die pantser voertuig bedryf het ons spesialiste gehad wat oa met spesialis sagteware simulasies gedoen het om die voertuig suspensie te pas met spesifieke omstandighede/scenarios. Die Raptor het bv die Fox suspensie, Anton noem die prys om 'n gewone Ranger daarmee toe te rus, maar dan verander daai "gewone" na 'n offroad monster. Stem net oor een ding nie saam nie Anton, mens gebruik nie die woorde "Hilux", "jaag" en "Kyalami" in dieselfde sin nie ![]()
die verkeerde woord.....
....wat nie pas nie, is "Kyalami".
Ons dikbril wetenskaplikes wat vervelige wit intree-model Hiluxe ry, raak soms roekeloos. Dan stoot ons die spoed so bietjie op na 125km/hr op die N4. ![]()
Dan seg mammie---pappie is alweer stuitig, roekeloos om so te jaag.
Chris S se Ranger
Ek sien hy noem in van sy insette dat die Ranger wat hy gekoop het vanoggend, toegerus is met die genoemde suspensie.
Later noem hy van die skaafmerkies in die bak, omrede die vorige eienaar 'n AHA kappie/woonhuisie op gehad het. Die suspensie was dus harder gemaak om daai kappie en gepaardegaande ekstra gewig te hanteer.
Shaun: Het jy toe al jou Ranger se suspensie laat opgradeer???





'n Mens kan mos 'n voertuig…
'n Mens kan mos 'n voertuig se suspensie verander vir meer doelgerigte gebruik. Om op Kyalami met 'n Hilux te gaan jaag gaan beter resultate lewer as die suspensie aangepas word vir die "track" Maar daardie selfde suspensie gaan nie so goed werk op 'n grondpad nie, en nog minder op meer geharde offroad.
Die standaard suspensie op voertuie is gewoonlik veeldoelig ontwerp om beste vermoë en gemak te bied vir meeste tipes oppervlaktes - en dan moet kostes ook realisties wees. Gepraat van kostes ... dit sal lekker wees as alle bakkies standaard uitkom met die beste FOX suspensie wat spesiaal vir die voertuig omtwerp is, maar dit gaan die kostes van die voertuig opstoot met R250 000 +
Ek verstaan dat die nuwe Landrover Discovery ongelooflike aanpasbare suspensie het wat self stel afhangende van die tipe oppervlaktes en las wat die voeruig dra, maar gaan dit die punishment kan vat van FOX of Camil offroad suspensie?
Lug of Olie? Lug is duurder maar ry gemakliker en help die skokbreker om meer effektief te werk vir beter "grip" en vinnige "travel" afhangende van oppervlakte.