Forums
Ek het die gebruik om die watertenk leeg te tap na 'n lang kamp en die water in die pype bly maar daar tot later. Net voor ons gaan kamp, koppel ek die tuinslang aan die karavaan se water-inlaat en draai dan al wat 'n kraan is oop, in die warmwater-lyn en die kouewater-lyn en spoel sodoende alle ou water oral uit die sisteem, ook uit die geyser. Die water wat uitgetap word vang ek in emmers op en gooi dit op plante in die tuin.
Ek het nog nooit chemikalië in die watertenk gegooi nie en op hierdie manier het ons altyd skoon, reukvrye water wanneer ons kamp.
Hoe maak jy, is daar dalk 'n makliker/beter metode ?





Dankie Paul....................
...............sal 'n bietjie na die breather pypie kyk.