6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -3 hours ago

BATMAN - Dis Vrydag, Wat Braai jy Vannaand?

Submitted by BATMAN on
Forums

Vrystater het mos so'n draad op die vorige forum begin oor Woensdae. Niks verhoed ons mos om dit op Vrydae te doen nie.

Vanaand by ons is dit lekker lam lointjoppies en wors met 'n braaibroodjie en nog so paar dinge en slaai. Kan nie wag nie - veral vir die glasie(s) sauvignon blanc wat saam geniet word!

VOOTREKKER: Klink heerlik.  Julle moet dit geniet!

FRIKADEL:  Vannaand is dit hoender sosaties en Escort se vark prego steakies wat lekker gemarineer, Koedoe kaaswors met gebraaise mielies en groenslaai.

FREDA:  Ons braai nie vanaand nie, maar sal beslis 'n vuur maak hier by die kamp.   More gaan ons braai!!   Vriende kom kuier en ons gaan braai en rugby kyk.   Lamtjops, wors en hoendervlerkies.

VW: Kerrie lam sosaties, lam tjoppie, kaas worsies en n braai broodjie, natuurlik gepaargaande met n paar koues!

WILLEWILLEMIEN:  Gaan vir ons 'n lekker stuk boerewors koop hier by Rembrandt Slaghuis in Linden....saam met 'n riwwertjie.

BATMAN:  Ons is maar bietjie boring vanaand. Net 'n ou hoendertjie en 'n worsie.

Het 'n groot braai Dinsdag met vriende gehad........'n gammon in die Weber met 'n soet mostertsous en 'n heel picanha rump op die kole met 'n lekker Nando pepersous. Dit was nou lekker!

HARRY Du RANDT: Die tyd van die maand sit ons Topper in n sykous en braad dit dan

BATMAN:  Ha Ha Harry!

BATMAN: Kom ons se liewer He He Harry! Anders klink dit of ek hakkel

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 29/06/2019 - 10:35

Ons het nou wel nie gisteraand gebraai nie, maar 'n heerlike Sutherland lamskenkel en -nekpotjie gemaak. Ons braai vir alle praktiese doeleindes elke aand hier by Eiland terwyl die kinders saam met ons kuier, maar soms raak die lus vir kookkos net te veel. Darem eergisteraand 'n lekker vet Terracebaai galjoen ook gebraai wat my seun onlangs daar gevang het (1.85 kg galjoen). Die galjoenvet het my gisteroggend deeglik laat weet ek het te veel van die vet geëet. Maar o donkie, dit bly maar die vis van alle visse.

Vanaand is dit varknektjops saam met Grabouw Spar se 'cheese grillers' (laasgenoemde 'n absolute wenner) en môre-aand land daar hoender en Joey's boerewors oppie kole. My seun het die spyskaart vir hulle 12 nagte verblyf hier by Eiland saamgestel, en ek en ma val maar net daarby in. Ek weet daar lê nog o.a. 'n beesstertpotjie ook voor, sowel as Terracebaai kolsterte. Wanneer ons weer vanaf volgende Vrydag alleen kuier sal ons weer so 'n bietjie afskaal.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 29/06/2019 - 11:30

Ek wou vannaand ook bees stert pot gemaak het maar die een dogter hulle is in die bed vasgetrek met griep, so volgende Saterdag sal dit dan bees stert pot wees.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 29/06/2019 - 12:28

Ek het darem vanoggend 'n lekker fris stappie gedoen. Sukkel net met 'n seer knie wat my opkeil. En as 'n Tipe 2 diabeet wys my bloedsuiker-vlakke ook dat ons te geil leef hier by Eiland Spa.

Centurion

Voortrekker

Sat, 29/06/2019 - 14:29

My knie / been (met 16 skroewe en plaat) pla my ook partykeer -  dan drink ek anti inflamasie pilletjies vir so 'n dag of 2 en alles weer reg. 

 

Inelkgeval, die vuur brand en nou gaan ek braai (en bier drink) smiley

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 29/06/2019 - 14:46

Dis nou wel nie Vrydagaand nie en Saterdagaand is reeds oppad.  Dis ysig koud hier by ons en vanaand sal ek weer my binnebraai besonders waardeer.  Die voorraad sekelbos lyk nog goed en vanaand is dit skaaptjops, boerewors en braaibroodjies.  Laasgenoemde lekker dik snye witbrood, tamatie, kaas en uie met egte botter net aan die binnekant gesmeer.

'n Lekker KWV Sauvignon Blanc (het spesiaal die bottel gaan uithaal om te kyk hoe spel 'n mens dit) behoort die braaigereg goed te komplimenteer. (Hoe's daai vir regte sjef-taal !)

As die hitte in die braaikamer te erg raak, kan ek dit altyd met 'n Tafel-biertjie afkoel.

Ek het eintlik beplan om eers teen donker te begin braai, maar noudat ek hier skryf en myself lusmaak, sal ek maar seker vroeër die vuur aansteek.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus